Immer wes luisterryk in die Kaap gevier

November 14, 2015 in Uncategorized

_MG_2425

’n Dogtertjie uit die Oos-Pruisiese adel, ’n liefdelose ma, ’n pa wat omgee – wel, meestal. Só begin Hildegard se verhaal … In 1914, toe die donker wolke wat oor Europa saamgetrek het, uiteindelik in die Groot Oorlog uitbreek, leer Hildegard vir die eerste keer hoe lelik die lewe daar buite is, hoe afskuwelik oorlog, en wat ’n misleidende woord “oorlogshelde” is. Haar kinderlike verering van die Duitswester Gustav los op in die vlaktes van sy geliefde land waarheen hy terugkeer. Sy trou met ’n man – haar vader se keuse, as mens dit ’n keuse kan noem – wat min vreugde in haar lewe bring…

_MG_2427

Irma Joubert het reeds enorme welslae in die buiteland behaal met ses van haar boeke wat  in Nederlands vertaal is. Dit sluit Ver wink die Suiderkruis, Tussen stasies, Tolbos, Anderkant Pontenilo, Pérsomi en Kronkelpad in.

Sedert Tussen stasies in 2011 as Het Meisje uit de Trein uitgereik is, het Joubert se gewildheid jaarliks toegeneem en altesaam 85 000 eksemplare van die ses titels het reeds verkoop.

Ook die Amerikaners is opgewonde oor die stukkie Suid-Afrikaanse goud wat hulle raakgeboor het. HarperCollins was nog nie eens klaar met die vertaling van Tussen stasies nie, toe vra hulle nog van haar boeke aan. Tussen stasies heet in Engels The girl from the train. Die boek is in die VSA gekies deur die Target Book Club en dit beteken dat die eerste oplaag aldaar ’n minimum van 40 000 sal wees.

Tussen stasies is ook al in Duits vertaal en is ook daar ’n reuse-sukses. Dis reeds in ’n vierde druk, al is Das Mädchen aus dem Zug eers in 2014 uitgereik. Die vertalers werk nou daaraan om ook Ver wink die Suiderkruis op Duitse winkelrakke te kry.

Van die internasionale uitgawes is uitgestal

Van die internasionale uitgawes is uitgestal

Irma is dus ’n internasionale ster.

Selfs die twee honde was reg vir die okkasie

Selfs die twee honde was reg vir die okkasie

Verskeie Kaapse leeskringe het baie moeite gedoen om Irma te verwelkom.

_MG_2471

Marieta Nel (links) was die gasvrou.

_MG_2480

Madri Victor die onderhoud gedoen.

_MG_2486

Hierdie lekkerleesroman wat strek oor die twee Wêreldoorloë en uiteindelik, via Suid-Afrika, in Namibië eindig beloof om Irma Joubert se lesers weer weg te voer na lande en tye wat nie aan ons bekend is nie. Soos altyd is die styl maklik, maar soos soveel keer te vore is, wys Joubert ook die donker kant van die mens. Oorlog is verskriklik. Gelukkig is daar altyd hoop in al Irma Joubert se romans.

_MG_2492

Immer wes is die eerste boek in haar nuwe trilogie. Al drie verhale het as kern die lyding van vroue en kinders. Joubert sê “dit maak nie saak wie die vyand is nie, die vergrype teen die mens is dieselfde. Sodra honger oorneem, word die mens soos ’n dier”.

_MG_2494

_MG_2460

0 responses to Immer wes luisterryk in die Kaap gevier

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

1 trackback