‘n Roos onder enige ander naam

November 13, 2015 in Uncategorized

_MG_1954Een van die probleme van fotografie is dat ek begin nuuskierig raak oor die goed wat ek afneem.

_MG_1980

Dis nie meer goed genoeg om te weet dis ‘n voëltjie nie, jy wil weet watter voëltjie. Dan koop jy voëlgids. Kort voor lank fassineer spinnekoppe jou en jy koop ‘n spinnekopgids.

_MG_1983

Wanneer ons gaan kamp, ry ons deesdae al ‘n krat vol boeke saam, omdat ons nuuskierig is.

_MG_1956

Rose was nog altyd ‘n bron van fotografiegenot, maar om hulle te kweek was nie iets wat ek ooit oorweeg het nie.

Nou kom dolwe Nan Steyn weer in my kop.

Ek was bevoorreg om in Swellendam deur haar tuin te loop, en om ‘n praatjie by te woon wat sy daar gegee het.

_MG_1958

Toe, ongeveer ‘n week later, word ek gevra om ‘n onderhoud te voer met haar aan huis van Coreen Krige, een van die groot rooskwekers in die land. Toe moes ek natuurlik eers dieper in Nan se boek lees, en nou is ek al hoe meer geïnteresseerd in rose. Dit is baie toeganklik en dit laat my selfs glo dat ek ook kan rose plant… eish. Die boek is deur LAPA uitgegee.

_MG_1985

Die voorbladfoto is in Coreen se tuin geneem. En daar is reeds ‘n roos na haar vernoem. Die boek is ook in Engels beskikbaar.

L05

Wat ‘n voorreg was dit nie om in daardie tuin te wees nie. Coreen het baie moeite gedoen.

_MG_1988

_MG_1992

Nan se twee seuns en haar man was ook daar vir die bekendstelling.

_MG_1995

Joy Webb, die voorsitter van die Wes-Kaapse rooskwekersvereniging, was daar en het Nan bekendgestel.

_MG_1978

_MG_1972

_MG_1970

_MG_1960

_MG_1962

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *