IMMER WES en 11 November om 11:00

November 11, 2015 in Uncategorized

11 11

Fiksie help ons soms om die waarheid te verstaan.

Vandag om 11:00 vier die wêreld die sluiting van die vrede tussen die Geallieerde Magte en Duitsland aan die einde van die Eerste Wêreldoorlog.

Dit is ook die dag waarop oorlogsveterane van alle oorloë gedenk word.

As jy nog nie ‘n oorlog deurleef het nie, wees dankbaar.

As jy glad nie in die geskiedenis belangstel nie, lees dan goeie fiksie, soos Immer wes.

Irma Joubert skets die verskrikking van die Eerste Wêreldoorlog deur die oë van ‘n baie onskuldige meisie. Dit is uitstekend, want die impak van die verskrikking is daarom soveel groter as vervat in droë feite.

Daar is baie boeke oor oorloë geskryf. (Dink maar aan onlangse werk, soos Recce van Koos Stadler of Tannie Pompie se oorlog deur Deon Lamprecht.)

Dit is dalk onregverdig om net een uit te sonder, maar ek kan nie nou aan ‘n beter, toeganklike boek oor die verskrikking van die Eerste Wêreldoorlog dink nie.

Irma slurp die niksvermoedende leser in die storie in en gee die walging van die verskrikte meisie weer… Haar boeke gaan oor mense en sy skryf baie toeganklik. Saam met die meisie word die leser deur die verminkte oorlogveterane oorweldig.

Die ander, onlangse boek wat ook ‘n kinderverteller inspan om soortgelyke goed te bereik, is Die dag van die Lord deur Johan Kruger. Dit gaan oor die Tweede Boere-oorlog en raak net aan die Eerste Wêreldoorlog. Ek het ook Kamphoer aangrypend gevind, maar François Smith se karakter kruip opsetlik weg agter haar serebrale brein en is dus nie so toeganklik nie.

Vandag om 11:00 word die einde van een van ‘n verskriklike oorlog gevier.

As julle sukkel om tieners en vriende te laat verstaan waarom ons op 11 November steeds die einde van ‘n oorlog van ‘n eeu gelede vier, laat hulle Immer wes lees.

immer wes

0 responses to IMMER WES en 11 November om 11:00

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *