You are browsing the archive for 2015 November.

’n Goeie dag vir boomklim

November 29, 2015 in Uncategorized

(To teachers of Afrikaans FAL and my English-reading friends: Please scroll down for a discussion in English.)

boomklim

Soek jy ‘n Kersgeskenk vir ‘n boekwurm van so tussen elf en veertien? Koop vir hulle n Goeie dag vir boomklim deur Jaco Jacobs.

Soek jy ‘n boek vir daardie volwasse vriend of vriendin wat al alles gelees het? Koop vir hulle n Goeie dag vir boomklim deur Jaco Jacobs.

Dit is ‘n jeugboek en is nie geskryf om ‘n sogenaamde “cross-over” te wees nie. Jaco Jacobs verstaan tieners se koppe en hy skryf vir hulle. Dit punt is egter dat hierdie boek soveel temas aanraak, dat grootmense dit sal geniet. Glo my, ek sal ‘n lesing oor hierdie boek se subtekste kan gee … (en as julle my ken, sal julle weet hier volg een…)

Ek wil egter nie die verkeerde indruk skep nie. Hierdie boek is vir jongmense. Die feit dat ou omies dit ook geniet is ‘n bonus.

 

Die storie

Marnus het twee boeties. Hy is die middelkind. Arme Marnus.

Sy jonger boetie is ‘n entrepreneur wat ontsettend baie geld maak.

Sy ouer boetie is ‘n hartebreker. Die jonger boetie verkoop byvoorbeeld soenlesse… Jong boet kry die geld, ouer boet kry die meisies wat afsprake maak om gesoen te word. Man, is dit nie briljant nie?

Die probleem is, arme Marnus was die skottelgoed terwyl die geld inrol en die meisies hulle lesse kry. Al wanneer Marnus die meisies sien, is wanneer hy die deur moet gaan oopmaak vir ‘n blosende tamatie wat wag om na die leermeester geneem te word…

En toe druk Leila die knoppie. Sy stel nie belang in soenlesse nie en vra vir Marnus om ‘n petisie te teken wat moet keer dat die Boom in die Middel van die Heelal afgekap word.

Marnus verstaan nie, en Leila sleep hom saam. Hy het nog die afdroogdoek oor die skouer, maar dit keer Leila nie.

By die boom ontdek hulle dat die die munisipaliteit se manne reeds gereed staan met hulle kettingsae. Die boom moet plek maak vir ‘n nuwe pyp.

Leila besef hulle gaan nie na haar petisie luister nie en klim in die boom.

Marnus, die middelkind wat altyd onsigbaar is, doen vir die eerste keer in sy lewe iets uitdagends. Hy klim agterna.

8Ae8VdN

Die newekarakters

Ek wil nie meer van die storie weggee nie, maar natuurlik trek die kommosie wat nóú losbars die aandag.

Marnus se kleinboet sien dit as ‘n manier om geld te maak en bel die pers.

Marnus se ouboet… sien vir Marnus raak.

Die pers sien dit as ‘n manier om koerante te verkoop.

Die tannie wat altyd pienk dra, vertel vir Leila hoekom sy altyd pienk dra. (Ek dink ‘n mens moet ouer as 35 wees om die ware impak van haar antwoord te verstaan.)

Die enorme LEGO-man van die rolbalklub vertel vir Marnus en Leila van die tyd toe sy gesin uit Distrik Ses verwyder is.

Die studente wat opdaag om die boom te beskerm, sien dit as ‘n geleentheid om ‘n hengse partytjie te hou.

Marnus se pa weet nie wat om te doen nie.

Marnus se ma werk aan ‘n baie belangrike saak…

En dan is daar die hawelose hond en die pienk honde.

Jy sal nie spyt wees om hierdie mense, of die honde, te ontmoet nie.

800px-Psalter_World_Map,_c.1265

Bron: Wikipedia

Die ekotema en ‘n Bybelse metafoor

Om ‘n boom te beskerm het duidelik ‘n ekotema. Om ‘n boom egter te laat gaan vir ‘n pyplyn wat water na mense sal bring? Sien, Jaco speel nie goedkoop nie.

As julle baie ou kaarte ken, sal julle weet dat die paradys dikwels in die middel van die heelal geteken is. Die Boom van die Kennis van Goed en Kwaad is natuurlik ‘n belangrike deel van die mens se godsdiens- en ekobeskouing.

Net soos die Bybelse boom uiteindelik individue na binne laat kyk, so word Leila en Marnus se Boom in die Middel van die Heelal ook ‘n draer van verskillende mense se passies.

12088489_891127050941401_5550946646018769188_n

Protes

Die opsigter van die rolbalbaan het al geleef. Hy het protes aan eie lyf gevoel. Hy gee dan ook die beste raad aan Marnus en Leila. Wat dié raad is, gaan ek nie verklap nie.

 

‘n Lekker boek met ‘n lekker einde

Die einde is baie anders as wat ek verwag het. Daar is egter hoop. Lees maar self. En, mag ek maar sê, soenlesse kom wel ter sprake, maar hierdie keer baat nie een van Marnus se boeties daarby nie!

Lees asseblief verder, die onderstaande is nie ‘n herhaling van die Afrikaans nie.

 

#ShouldWeTeachKidsAboutProtests?

This book is ideal for teenagers in high school who need to read Afrikaans as First Additional Language. My son is thirteen and is extremely aware of the world around us, also the political world. Through the social media he knows about bombs in Paris and atrocities in Palestine, and he cares.

 

#TheHashTagGeneration

One if the most interesting moments in our democracy happened on 23 October 2015 when a trembling politician announced that there will be no increase in university fees for 2016; then he fled the scene in his motorcade without any sirens blaring. The lack of sirens said so much: Here was a politician who had been told by his vast security outfit that they could no longer contain the popular uprising. Thanks to the social media the #FeesMustFall movement had grown into a national security threat.

But why is that important? What has that got to do with the book? Zuma’s announcement actually put universities in a quagmire and the students knew that there was hardly any victory in all of this.

Why then was it an important moment? The answer: #TogetherWeStood.

 

#TogetherWeStood

The #FeesMustFall movement was the first time ever the South African born frees understood protest. These students were born after the fall of apartheid and they never saw the protests their parents had led, nor did they understood the hurt associated with police brutality. Marikana happened far away and it happened to adults.

A young friend of mine, who is a little like a daughter, but our friendship is important, was at Wits during the uprising. I saw her growing from total apathy to a proud member of the protest, risking her body for something she believed in.

#FeesMustFall tied black and white, middle class and upper class, students and the workers, all together. It was a united movement against a government that buys private jets and expensive cars instead of looking after the electorate.

12118598_891973280856778_2423796806473997144_n

#WhenToStop

One of the hardest things for the students of the #FeesMustFall movement was to decide: Enough is enough. Many of us, older, people worked behind the scenes to help the students see the need to call of the protests, but in the end it had to come from within.

It did at Wits and other institutions, not so at UWC.

When you read ‘n Goeie dag vir boomklim, you will see what the caretaker, who grew up in District Six, tells Marnus and Leila about the point where you know that it might be time to stop. And please note how gentle he is…

 

#PhansiTheYesSayers

English-speaking teachers might not know the name Chris Louw.

Louw was a left-leaning Afrikaans-speaking journalist who once launched a scathing attack on Willem de Klerk (the brother of former president FW de Klerk) in an open letter to the press. An English translation of his letter appears here.

I was fortunate to have had frequent correspondence with Louw over the years. His protest was against a generation of Afrikaner men who had never seen or been in a war; they, according to Louw, were the ones who could glibly sell out a younger generation of Afrikaans-speaking boys to the war in Angola… Louw’s letter resonated with many English-speaking men as well, but what has that got to do with Jaco’s book? Well. My own insecurities were trigger by the book, I guess, but the point is: Louw took on an entire generation of yes-sayers. That generation, and my father was one of them, believed that one ought to follow the National Party government blindly, as the Bible tells you so.

Sadly there are many people my age, including good friends of mine, who are now following the ANC blindly… The ANC counts on this immovable block of voters, that is why they still award themselves riches at the expense of the poor.

With #FeesMustFall we saw a movement against corruption and self-enrichment. For the first time ever did a groundswell movement question the might of the ANC.

 

#BackToTheBook

The book addresses none of the political issues I have raised, you’ll be pleased to note, yet it asks the question: What does one do when nobody wants to listen?

‘n Goeie dag vir boomklim is about invisible people who become visible.

We cannot hide realities from our learners. Much better to address issues and discuss them.

‘n Goeie dag vir boomklim holds no moral lessons. It is a story about a boy and a girl who decide to occupy a tree in protest to people not listening to them.

In front of us, everyday, there are people who want to be heard, who want to be seen. They will understand this book.

I did.

mfvtHNv

*

‘n Goeie dag vir boomklim, deur Jaco Jacobs, word uitgegee deur LAPA Uitgewers.

Embrace: Verbode liefde in die tekstuur van ‘n mis

November 29, 2015 in Uncategorized

images

Sommige boeke kry nooit die erkenning wat hulle toekom nie. Embrace, deur Mark Behr is een so ‘n boek.

Om een of ander rede het dit nooit een van die groot boeke geword nie, hoewel dit wonderskoon is.

Die storie is eenvoudig: Lolita, maar die verbode liefde is “erger”: Dit is ‘n man en ‘n seun wat lief word vir mekaar, dit is ‘n onderwyser en ‘n leerder…

Die boek is egter ‘n studie in onderspeelde spanning. Die kruuste beskrywing is die van ‘n hings wat ‘n merrie dek, want dit vertel vir die seun wat die samelewing van hom gaan verwag.

Dit alles, met al die hartseer en pyn, word vervleg in die metafoor van die mis.

Seks as sakrament, die lyf as offer…

Embrace is beter as Die reuk van appels.

Subliem.

Dalk vertel dit ook meer van die gefolterde siel van Mark Behr.

RIP Mark Behr.

Chanette Paul se Offerlam in Willowbridge

November 26, 2015 in Uncategorized

15 11 25 chanette paul2617

Op 25 November 2015 het Chanette Paul gesels oor Offerlam by Wordsworth Books in die Willowbridge-sentrum in Durbanville. Jono Amid was die gespreksleier, LAPA is die uitgewer.

15 11 25 chanette paul2622

15 11 25 chanette paul2613

Hier is Chanette saam met twee van die personeellede. Lara Smith is links en Inge van der Post is regs. Inge is die bestuurder.

15 11 25 chanette paul2606

Die personeel het baie moeite gedoen om die winkel voor te berei.

15 11 25 chanette paul2610

Willem Bisschoff (met baard) en Udo Grun het die kos en wyn hanteer.

15 11 25 chanette paul2598

Udo is reg met die wyn.

15 11 25 chanette paul2600

Natuurlik was dit weer ‘n voorreg om Leopard’s Leap te geniet, die staatmaker wanneer ons boeke bekendstel.

15 11 25 chanette paul2596

Ilze Esterhuizen is ‘n kenner van krimi’s. Hier is sy saam met Chanette, Rudi van Rensburg en Martin Steyn.

15 11 25 chanette paul2627

Ilze Esterhuizen en haar kollegas van die Laerskool Durbanville; Lida Keet, Mercia Horne en Hettie Smit.

15 11 25 chanette paul2628

Offerlam is reeds op nommer nege by Wordsworth Books.

Dankie! Thank you! Enkosi!

November 24, 2015 in Uncategorized

(Afrikaans volg hieronder)

15 11 23 vva 752778

Brief summary in English: These kids study at the Legacy Centre in Kayamandi, an institution run and funded by civil organisations and the Dutch Reformed Church. The Centre staff realised that a number of the children in their care have been enrolled, by parents, into schools where Afrikaans is a subject, sometimes a medium of instruction. These kids did not understand enough to pass, and the Centre asked the Friends of Afrikaans (VVA) to help. Twice a week facilitators attended to the needs of the children to help them cope with Afrikaans.

On Monday 23 November 2015 the Vriende van Afrikaans invited proud parents to attend a celebration of how well each of the kids have done. Cake was handed out, but more importantly, each kid received their very own book to keep. This is part of a much bigger project run by the Friends of Afrikaans – to give books to poor children.

15 11 23 vva 752700

Thanks to a wonderful sponsorship by Mr Nitesh Patel from Standard Bank, and many, many private individuals, kids around the country are now beginning to receive their very own books for Christmas.

Scroll down to see the joy on a young boy’s face as he starts reading his very own book.

Click here to read more about the project, to see how you too can help.

Here are more pictures about the work done by the VVA in Kayamandi: A previous occasion when books were handed out and pictures taken in the class room in Kayamandi.

*

Unlike the facilitators, I am too pathetic to write this in Xhosa. Ndixholisa.

*

Die Vriende van Afrikaans vier ’n suksesvolle jaar in Kayamandi

Die Legacy Centre in Kayamandi word, onder andere, deur die NG Kerk bestuur om kinders te help met huiswerk en om ná skool ‘n plek van veiligheid te bied.

15 11 23 vva 7 2492

Die sentrum het gou besef dat daar ‘n aantal leerders is wat deur hulle ouers ingeskryf is by skole waar hulle moet Afrikaans leer as vak – en in sekere gevalle is Afrikaans die voertaal. Van die kinders kon egter nie Afrikaans verstaan nie. Die Sentrum het die hulp van die Vriende van Afrikaans ingeroep. Twee maal per week het fasiliteerders die kinders van graad 1 en 2 gehelp.

15 11 23 vva 7 2525

Hier is Joice George en Joyce Rubushe. Hulle praat Xhosa, Engels en Afrikaans.

15 11 23 vva 7 2537

Chareldine van der Merwe het die projek bestuur.

15 11 23 vva 7 2498

Amanda de Stadler, die Bestuurder: Vriende van Afrikaans, het menige middag self gaan uithelp.

15 11 23 vva 752754

Op Maandag 23 November het die Vriende van Afrikaans ‘n partytjie gehou vir die kinders wat deel was van die leesprojek en vir hulle ouers. Van die kinders is gevra om voor te lees en almal het gesing.

15 11 23 vva 7 2530

Likho

15 11 23 vva 7 2529

Litha

15 11 23 vva 7 2526

Mivuyo

15 11 23 vva 7 2532

Anokwe

15 11 23 vva 7 2536

Siseko

15 11 23 vva 7 2507

Hierdie foto, van ‘n baie trotse lid van die gehoor, sê nogal iets.

15 11 23 vva 7 2541

Hier is Louise Fourie, die bestuurder van die Legacy Centre.

15 11 23 vva 7 2488

Daar was koek, en almal het ‘n stukkie gekry.

15 11 23 vva 7 2487

Daar was Kersversierings

15 11 23 vva 7 2546

Maar die beste van alles was: Daar is vir elke kind wat die jaar volgehou het, ‘n boek uitgedeel. Danksy ‘n groot borgskap van Mnr. Nitesh Patel van Standard Bank, en bydraes van talle individue, is die Vriende van Afrikaans besig om vir arm kinders ‘n boek vir Kersfees te gee. Die kinders kry Babalela (geskryf Martie Preller en uitgegee deur LAPA Uitgewers), ‘n Babalela pop en ‘n rugsakkie van die Vriende van Afrikaans (VVA). Die VVA is ‘n filiaal van die ATKV. Jy kan ook ‘n bydrae maak, kliek hier.

15 11 23 vva 7 2565

Die Babalela was self daar om drukkies uit te deel. Kollega Benjamin Bock was heel toevallig afwesig in die tydjie wat die Babalela gedans het saam met die kinders.

 15 11 23 vva 752693

Maar wat beteken dit vir kinders om ‘n eie boek te hê? Hier volg ses foto’s. Besluit maar self.

15 11 23 vva 7 2585

15 11 23 vva 7 2586

15 11 23 vva 7 2587

15 11 23 vva 7 2588

15 11 23 vva 7 2589

15 11 23 vva 7 2590

Ek het al te vore berig oor die werk van die VVA in Kayamandi. Ek was daar toe boeke ‘n vorige keer uitgedeel is en hier is kiekies wat in die klaskamer geneem is.

Dankie. Enkosi. Thank you!

Botaniese uitstalling deur Barbara Pretorius

November 22, 2015 in Uncategorized

(English follows below)

bar klein

‘n Botaniese kunstenaar interpreteer die onderwerp en probeer om die ‘siel’ of ‘essensie’ van die plant vas te vang, maar moet terselfdertyd ook ‘n akkurate weergawe van die plant of blom gee – sonder om al die wetenskaplike besonderhede in te sluit.

Kom geniet ‘n uitstalling van omtrent 70 verskillende blom- en plantskilderye in waterverf wat oor ‘n periode van 26 jaar deur Barbara Pretorius geskilder is – die eerste keer dat so ‘n uitgebreide versameling van die kunstenaar se werke uitgestal word.

Die opening is die Slee-galery in Dorpstraat 101, Stellenbosch, op  Donderdag 26 November om 18:00.

Barbara Pretorius se werk is iets om te aanskou. Ek het al in haar huis gestaan en my vergaap daaraan.

*

A botanical artist interprets the subject and seeks to capture the ‘essence’ or ‘soul’ of the plant by concentrating on colour and light, form and movement, but is also expected to provide an accurate likeness without necessarily including all the scientific detail.

Come and enjoy paintings of more than 70 flowers and plants, from the Waterberg to Hermanus, lovingly produced in water colours over a period of 26 years – the first time that such an extensive collection by the artist has been exhibited.

slee

Klop die honger / Beat the hunger

November 22, 2015 in Uncategorized

(The English version and lots of pictures follow below, please scroll down)

 Antie Louise Hendricks gee vir elke matriekkind in haar omgewing kos voor hulle gaan eindeksamen skryf. Sy het agtergekom baie leerders eet nie voor hulle skryf nie, want daar is nie kos nie. Toe haal sy geld uit haar eie sak en begin die leerders voed. As hulle in die oggend ‘n vraestel skryf, is dit ontbyt, as hulle in die middag skryf, dan verskyn middagete.

delft vid

Hier is ‘n video: Luister self, dit is net 1:41 lank.

(The video is in Afrikaans, as the community is Afrikaans)

 _MG_2557

Antie Louise bedien die kinders in ‘n afdak langs haar dogter se huis. Sy het intussen ‘n paar helpers gekry, want die kinders raak nie minder nie. Die probleem is, ná drie jaar raak die agterplaas te klein en die hoeveel kinders wat opdaag, net al meer.

Antie Louise het nie werk op die oomblik nie, so dit sit nie breed nie, maar… sy kan mos honger kinders wegwys nie?

*

Is daar iemand wat kan help?

_MG_2560

_MG_2567

*

Dié storie het twee stertjies.

Louise Hendricks en haar onbaatsugtige helpers is een daarvan. Die wonder van joernaliste wat omgee is die tweede. Té min mense gee die pers krediet, té min van ons sien die méns agter die storie raak.

Antie Louise se dogter het my gebel. Die nood raak groter, die kinders raak meer. Nuus begin nou sprei in die gemeenskap, maar hulle kan nie al die kinders in die skool kosgee sonder om hulp te kry nie. Dink ek ‘n plaaslike koerant sal dalk ‘n storie doen? Hulle wil só graag die skema uitbrei en by die skool self aanbied.

Ek het my hart vasgehou en ‘n paar mense in die media gepols. Ek het selfs vir Karin Schimke gebel, want ek was benoud dat ek nie mense sou kry wat belangstel nie. Ek weet sy het kontakte.

Die respons was egter oorweldigend.

Yazeed Kamaldien was die heel eerste wat teruggeskryf het, gee inligting! My redakteur stel belang. Die Weekend Argus was dan ook die eerste wat die storie gedra het.

Ek kry toe ‘n benoude oproep van Carol-Ann: Nou kom die Sunday Times ook! Dit was danksy ‘n oproep van Karin Schimke af. Jerome Cornelius en Esa Alexander het vroeg een oggend die storie gaan dek.

Rapport het vir Julian Jansen gestuur. Dié lang, sagte man was jare lank ‘n onnie. Ek kon dit sien aan die manier waarop hy met die leerders praat. Ná sy gesprekke het ek en hy ‘n rukkie buite in die straat gestaan en gesels oor die kinders wat daar binne sit. Hy’s lief vir kinders. Hy het ook opgemerk dat die huis, waarin die kinders kos kry, uitstaan; dit is van pragtige siersteen gebou en netjies. Klein-klein goedjies wat jou wys: Hierdie joernalis gee om, hy kyk diep. Binne is sy fotograaf, Jaco Marais, nog besig met ‘n laaste paar kiekies.

Ek weet dat Anika Marais van Die Burger ook die storie wou dek, maar blykbaar was die mense in Delft toe al oorweldig deur die belangstelling. Anika se hart is reg en sy het teruggestaan.

*

Die pers bestaan uit mense. Dit is mense wat omgee. Dink asseblief aan die persone agter die naam bo aan die berig.

_MG_2587

Beat the hunger 

Auntie Louise Hendricks feeds every matric child in her community before they write their final exams. (To non-South Africans: matric is the year in which you leave school.)

Auntie Louise noticed that many pupils do not eat before they write, because there simply is no food. She dipped her hand into her own pocket and started feeding the kids living around her. When they write a morning a paper, breakfast is served; when they write in the afternoon, lunch appears.

Auntie Louise serves the pupils in a car port attached to her daughter’s house. She has a few helpers, because the children keep getting more. Now, after three years, the yard is getting too small and the number of children simply keeps growing.

Auntie Louise does not have a job at the moment, so money is tight, but … how can she turn a hungry child away?

*

Is there someone who can help?

_MG_2550

*

This story has two sides.

Louise Hendricks and her selfless helpers is one of them. The wonder of journalists who care, is the the second. Too few people give the press credit, too few of us see the people behind the story.

Auntie Louise’s daughter called me. The number of children keeps growing. News is now spreading into the community, but they simply cannot feed all the children in the school without help. Do I think a local newspaper might want to run the story? They badly want to expand the scheme to benefit all the matrics at the school.

I took the plunge and told a few people in the media about there needs. I even phoned Karin Schimke, because I was worried that I would not muster enough interest on my own.

The response was overwhelming.

Yazeed Kamaldien was the first to write back. Send information! he wrote. My editor is interested. The Weekend Argus was also the first to run the story.

Then I got a call from Carol-Ann: The Sunday Times wants a story! This came thanks to a call from Karen Schimke. Jerome Cornelius and Esa Alexander got there one morning and wrote a wonderful piece.

Rapport sent Julian Jansen. This tall, gentle man was a teacher for years. I could see it in the way he spoke to the pupils. After his interviews, the two of us stood outside in the street, talking about the feeding scheme. Julian loves children. He also points out that the house in which the children are served, is built from beautiful face brick, the finishing is very good. Julian picks up on the small things. This journalist cares, he looks beyond the obvious. Behind the flapping curtain his photographer, Jaco Marais, is taking a last few snaps.

I know Anika Marais from Die Burger also wanted to cover the story, but apparently the people in Delft were overwhelmed by all the interest. Anika’s heart is in right place, so she stood back.

*

The press consists of people; people who care. Please do think about the people behind that byline.

*

_MG_2534

Nie alle huise is siersteen nie. Dié foto is reg oorkant die straat geneem.

Not all houses in Delft are face brick. This picture was taken directly opposite the house.

*

pam pupils

Click this picture to enlarge it. This is Yazeed Kamaldien’s article in the Weekend Argus.

Kliek hier om Julian Jansen se berig Rapport te lees.

Click here to read Jerome Cornelius’ article in the Sunday Times.

*

_MG_2657

Yazeed Kamaldien (links) tydens die onderhoud, lees Yazeed se bloginskrywing hier.

Yazeed Kamaldien (left) during the interview, read Yazeed’s blog entry here.

jules

Julian Jansen tydens die onderhoud

Julian Jansen during the interview

_MG_2527

Jaco Marais, Rapport se fotograad (regs)

Jaco Marais, Rapport‘s photographer (right)

*

_MG_2544

_MG_2547

_MG_2569

_MG_2579

_MG_2612

_MG_2633

_MG_2660

Die engele / The angels

_MG_2537

Antie Lousie & Carol-Ann met twee van die leerders

Auntie Lousie & Carol-Ann sandwiched between two pupils

_MG_2652

Gebede, bemoedigende woorde en drukkies is deel van die pakket

Prayers, words of encouragement and hugs are part of the deal

Die US Woordfees BLY

November 21, 2015 in Uncategorized

Saartjie Botha en haar Woordfeesspan het op Maandag 16 November weer eens bewys waarom ‘n mens hulle moet koester.

Op 13 November het die US bestuur mense kwaad gemaak met aankondigings oor ‘n nuwe taalbeleid. Onder die moeilikste moontlike omstandighede het die Woordfeesspan op 16 November, sonder om veel te sê, gewoon bewys dat saamstaan, veeltaligheid en die omarming van gedeelde waardes baie doen vir Afrikaans.

BLY: Schalk, Anton en Churchill

BLY: Schalk, Anton en Churchill

Die boodskap was nie subtiel nie. Die sentrale tema van die aand was duidelik: BLY. In ‘n persverklaring sê die span:

Woordfees 2016 se tema is Bly. En of dit beteken jy is gelukkig, verheug of vrolik, of dalk verwys na die fees wat voortgaan om te wees – die tema bly, wel, bly.

In die woorde van die feesdirekteur, Saartjie Botha:

“Die Woordfees – en ons by die Woordfees – is bly om hier te wees. En ons wil hier bly,” sê Saartjie Botha, Woordfees-direkteur. “Ons wil ook hê die feesgangers moet hierdie gevoel met ons deel. Maar bly kan ook verwys na huis, blyplek, skuilte – ‘n belangrike kwessie in Suid-Afrika, maar ook wêreldwyd.”

Lees die volledige verklaring hier.

Japie Gouws, Besturende direkteur van die ATKV-groep, het by ‘n vorige Woordfeesgeleentheid gesê hy teken nie juis petisies en goed nie, as ons saam feesvier, dan is daar hoop vir Afrikaans. Saartjie en haar span het hierdie filosofie uitgeleef.

_MG_2289Saartjie het ook met trots aangekondig die US Woordfees brei uit na Kayamandi. Saam met InZync leef die US Woordfees veeltaligheid; klas begin ook vervaag as daar saam gekuier word in die township.

Terloops: Die US Woordfees kort net R2 miljoen om vir elke kind in die groter Stellenbosch gebied ‘n Woordfees-ervaring te gee. Komaan mense, as 20 000 van ons R100 gee, dan maak ons dit moontlik! Daar is baie gesinne om Stellenbosch wat nooit self sal kan betaal vir ‘n enkele kaartjie nie. Laat ons saam feesvier!

z_MG_2222

Fiona van Kerwel, die WOW-prokekbestuur, was die seremoniemeester. Die WOW doen ontsettend baie vir die gemeenskap.

z_MG_2312

Jana Hattingh, die US Woordfees-projekbestuurder

_MG_2067

Prof Rudolf Gouws, hy is een van die mense wat die fees adviseer.

 

Die program

Die US Woordfees 2016 se program is op 16 November bekendgestel. Kliek hier en bespreek solank. Verlede jaar was talle produksies reeds maande voor die fees uitverkoop.

Kliek hier vir die Skrywersfees.

Kliek hier vir die US Woordfees se leefstylprogram.

Kliek hier vir die Beiteltjie: Klankbeelde in die US-Museum (sjj… dis gratis!)

Hier is ‘n PDF-weergawe van die program.

 

Borge

Praat van geld, die US Woordfees bestaan danksy groot borge.

_MG_2186

SANLAM: Charl Rootman, van Sanlam. Hy het verBLYdend baie moeite gedoen om die die woord bly in praatjie in te werk. Baie pittig. SANLAM is baie betrokke by die WOW se spelfees.

_MG_2192

Naspers: Ton Vosloo, het self Naspers verteenwoordig by dié geleentheid. Sy opmerkings oor transformasie was baie interessant. Hy het dit duidelik gemaak dat Naspers nie vandag so sterk sou wees hulle nie getransformeer het nie. Min woorde, groot uitdaging…

_MG_2205

kykNet: Karen Meiring van kykNet was trots op hulle nuwe sepie, Suid-Ooster, wat daardie aand afgeskop het.

_MG_2234

Dr. Theuns Eloff, van die Dagbreek Trust. Hy het kaalvuis en openlik verwys na die gebeure van 13 November en was glad nie ten gunste daarvan dat Afrikaans gewoon eenkant toe geskuif word nie. Die Dagbreek Trust het ook geld geskenk vir dramas wat na verskillende feeste toe kan gaan.

image003

Prof. Niel Krige, van die Het Jan Marais Nationale Fonds. Hierdie fonds is ook ‘n groot borg van die fees.

_MG_2097

Die ATKV is ook ‘n borg. Hier is Gerrie Lemmer, Hoofbestuurder: ATKV-Kultuurprojekte.

_MG_2224Nita Cronjé, Bestuurder: Produksies en Feeste, by die ATKV.

_MG_2140

Frank Louw, van Sanlam se borgskapbestuur

_MG_2132

Prof. Nico Koopman, van die Stellenbosch Universiteit

_MG_2387

Pret met die borge

Wie het opgetree?

Verskeie kunstenaars het die aand van 16 November ‘n voorsmakie gegee van wat kom.

_MG_2095

Zorada Temmingh

_MG_2094

Elna van der Merwe

_MG_2227

Adam Small

_MG_2232

Die media neem Small af

_MG_2162

Miss Mandy, of te wel Amanda Strydom

_MG_2257

Mark Banks

_MG_2318

Riku Lätti

_MG_2322

Churchill Naudé

_MG_2351

Schalk Joubert

_MG_2365

Anton Goosen

_MG_2393

Sibanye. Veeltalig. Multikultureel en oor genres heen. Wonderlik.

_MG_2170

Die klankmanne

Wie is gesien?

_MG_2056

Strijdom van der Merwe  en Erhardt Thiel

_MG_2059

Gert en Madri van der Walt (beter bekend as Madri Victor)

_MG_2069

Riana Barnard (Tafelberg Uitgewers)

 _MG_2072

Betsie Klopper (Pearson) en Marieta Nel (LAPA Uitgewers)

 _MG_2073

Martin Steyn

_MG_2077

Gerard Scholtz

_MG_2086

Dorothea van Zyl

_MG_2078

Jan Odendaal

_MG_2079

Malene Breytenbach

_MG_2100

Whaden Johannes

_MG_2101

June van Merch

_MG_2104

Eloise Wessels (NB Uitgewers)

_MG_2105

Marga Stoffer (NB Uitgewers)

_MG_2106

Johan Bakkes

_MG_2108

_MG_2109

Die man van The Oyster King was indrukwekkend

_MG_2112

Karen Meiring

_MG_2113

Saartjie Botha

_MG_2138

Theo Kemp

_MG_2141

Ronel Foster

_MG_2143

Elsa Silke

_MG_2212

Jacques Ensink, die amptelike feesfotograaf

_MG_2217

Imke van Heerden, wat namens LitNet foto’s geneem het. Hier is haar fotobeelde:

Fotobeeld 1

Fotobeeld 2 

Fotobeeld 3

_MG_2278

Naomi Meyer van LitNet

Irma Joubert gaan van krag na krag

November 20, 2015 in Uncategorized

'n Stanpvol Book Lounge

‘n Stampvol Book Lounge

In my loopbaan het ek al ‘n aantal gerekende internasionale skrywers ontmoet. Ek moet sê: Irma Joubert is besig om haar in daardie kategorie in te skryf.

Die eerste oplaag van Immer wes is uitverkoop, die tweede oplaag word reeds gedruk.

Woensdagaand, 18 November, moes die ruimte vir haar bekendstelling in Hermanus drie maal geskuif word omdat die aanvraag so groot was.

_MG_2437

Donderdag, 19 November, het sy die Book Lounge vol gepak. Daar was al by geleentheid selfs meer mense, maar dit is nie sommer nie.

_MG_2446

Jan-Jan Joubert, die onderhoudvoerder, het heelwat daarmee te doene gehad. Sy rustige, gestroopte vrae was in die kol.

Die gehoor het egter nie vir Irma met handskoene hanteer nie, die taalkwessie by Stellenbosch en die “oorlog” op Afrikaans, alles het ter sprake gekom.

_MG_2434

Irma het Jan-Jan én die gehoor se vrae met grasie en gemak hanteer.

Selfs: Is die boek enigsins relevant vir vandag? Hier het Irma na my bloginskrywings oor 11 November en 13 November (Parys) verwys – toe die mikrofoon vir my gegee. 😉

Dit is ‘n voorreg om met iemand saam te werk wat só gemaklik meng met die aktivistiese lesers van die Book Lounge én die meer konserwatiewe lesers van die platteland. Ek dink die rede waarom Irma se goed ontvang word, is dat sy skaamteloos goed onderlê is in die letterkunde en die geskiedenis, maar ewe skaamteloos erken sy probeer om gewone mense se stories te vertel.

Immer wes is weer besig om die opwinding van Tussen stasies te ewenaar. Julle wil ‘n eerste druk hê as julle versamelaars is.

_MG_2459

Intussen het die eerste kopieë van The girl from the train in Suid-Afrika geland. Hier is Werner, van die Book Lounge, met ‘n kopie. Die amptelike verspreiding in Suid-Afrika sal eers vroeg in 2016 begin, maar, soos Werner sê, die Book Lounge sal vir jou kopieë invoer as jy hulle bestel.

Die eerste oplaag van The girl from the train beloop 40 000. Jip.

Irma se ander trilogieë Ver wink die suiderkruis, Tussen stasies en Tolbos (van LAPA Uitgewers) en Pérsomi, Kronkelpad en Anderkant Pontenilo (Tafelberg) doen ook baie goed in Europa. Die Duitsers en die Nederlanders koop dit dit gons.

_MG_2440

‘n Bekendstelling by die Book Lounge is altyd ‘n belewenis. Hierdie winkel het sigself al oor en oor bewys. Teken in op hulle nuusbrief! Hier sien julle die eienaar, Mervyn Sloman, in aksie.

_MG_2481

Lynette le Roux, is een van die stil mense in LAPA se span, maar baie belangrik. Sy sorg dat die boekwinkels weet van die boeke en dat hulle koop. Sonder Lynette sou daar nie ‘n geleentheid by die Book Lounge gewees het nie.

_MG_2412

Kotie Basson, Jan-Jan Joubert, Chris Hattingh, Irma Joubert en Melanie Verwoerd.

_MG_2482

Irma teken Vida Schoeman (Oranjezicht Leeskring) se boek.

_MG_2425

‘n Glasie Leopard’s Leap, meneer? Leopard’s Leap doen baie vir die Boek, ook by die Book Lounge.

_MG_2417

Die aksie om die happietafel.

_MG_2420

Nog ‘n aksiefoto.

_MG_2431

Henry Jeffreys, die politieke kommentator en voormalige redakteur van Die Burger, was daar saam met sy gade.

_MG_2475

Grethe Bravenboer, Helené Prinsloo (van BooksLive) en Ziyanda Stuurman.

Private + Hotel + Jy/You

November 17, 2015 in Uncategorized

Henk + Susina +

LAPA Uitgewers nooi jou… / LAPA Publishers invite you…

(English invite directly below)

*

Kliek op die uitnodiging om dit groter te maak.

vis nooi

As The Private Hotel School jou nooi om te kom kuier, dan stel ek voor dat jy dit nie deur jou vingers laat glip nie. Dit is gratis en verniet, maar, bespreek baie vinnig, want plek is beperk. Susina Jooste en Henk Stander sal oor hulle boek gesels en jou laat proe hoe die geregte smaak.

*

Click on the invite to enlarge it.

fish invite

When The Private Hotel School invites you to visit, I’d suggest don’t let it slip. It is gratis, but be quick to book a spot, space is limited. Susina Jooste and Henk Stander will chat about their book and will invite you to sample some of the recipes form the book.

*

Ek was so ’n ruk gelede by ‘n funksie wat The Private Hotel School gereël het. Bespreek nou vir die 27ste. Geniet die kiekies.

I while ago I attended a function hosted by the private hotel school. Book now for the 27th. Enjoy the snaps.

Gerrit Rautenbach

Gerrit Rautenbach

Die reisskrywer, Gerrit Rautenbach, wys wat hy dink.

Travel writer, Gerrit Rautenbach, shows his feelings.

Betroubaar / Reliable

Leopard’s Leap: Betroubaar / Reliable

Leopard’s Leap sal weer die wyn borg die 27ste November.

Leopard’s Leap will once again sponsor the wine on the 27th of November.

*

15 08 26 Media Visboek8685

15 08 26 Media Visboek8781b

15 08 26 Media Visboek8708

15 08 26 Media Visboek8802b

15 08 26 Media Visboek8733

Henk Stander & gade / spouse

Henk Stander & gade / spouse

15 08 26 Media Visboek8635

Susina Jooste & seun / son

Susina Jooste & seun / son

15 08 26 Media Visboek8640

*

As jy steeds twyfel, kyk na Naomi Bruwer se foto’s.

If you still have not decided, have a look at Naomi Bruwer’s photographs.

Immer wes en die leë stoele

November 15, 2015 in Uncategorized

b_MG_2512

Fiksie het ‘n vreemde manier om ‘n mens aan die werklikheid bloot te stel. Op 14 November 2015 is Irma Joubert se Immer wes by die Protea Boekwinkel in Stellenbosch bekendgestel, ure ná die aanvalle op Parys.

Irma se optrede in Stellenbosch is maande voor die tyd beplan en Jan-Jan Joubert, die politieke joernalis, sou die vrae stel. Jan-Jan is Irma se seun.

Jan-Jan werk egter vir die Sunday Times. Gewoonlik is die koerant se hoofberigte kant en klaar teen Vrydagmiddag. Met die aanvalle op Parys moes alles van voor af beplan word vir Sondag se koerant.

Jan-Jan is vroegoggend na Stellenbosch waar hy aanvanklik by die boekwinkel gesit en werk het, maar, soos die gebeure ontvou en die gebrek aan kommunikasie duidelik geword het, moes hy terug kantoor toe voor die praatjie. (Telefoonlyne, internetkabels en SMS-netwerke is erg geaffekteer deur die gebeure.)

*

Intussen het ‘n ander klein drama sigself afgespeel. Naomi Bruwer, LitNet se Senior Inhoudsbestuurder, het enkele ure voor die aanvalle in Parys aangekom.

Natuurlik wou ons weet of sy deur die gebeure geraak is, maar met die gebrek aan kommunikasie, het ons eers ná Saterdagoggend ná 09:00 ‘n boodskap gekry dat sy veilig is, maar graag uit die stad wou wegkom.

Parys natuurlik was steeds onder beleg.

*

So beland ons Saterdagoggend by die boekwinkel. Jan-Jan moes reeds vertrek en Irma het besluit om op haar eie te praat. Sy is immers ‘n onnie en weet hoe om mense uit haar hand te laat eet.

Met Irma se toestemming het ons die leë stoel, Jan-Jan s’n, behou. Ek het langs die stoel gestaan terwyl ek vir Irma voorgestel het.

By PEN Internasionaal is die leë stoel gewoonlik ‘n simbool van ‘n joernalis of skrywer wat in die tronk is weens hulle skryfwerk, lees meer hier.

Feit en fiksie?

Ons kon Jan-Jan, die afwesige joernalis, en Naomi se teenwoordigheid in ‘n stad onder beleg, direk met die boek laat praat. Daar is baie voorbeelde in Immer wes van mense wat uit ‘n stad moet vlug weens ‘n oorlog. Die rol van die media kom ook sterk onder die loep in hierdie roman.

b_MG_2503

Irma het gestaan en praat, die twee leë stoele waar die sprekers altyd sit in die Protea Boekwinkel, agter haar.

*

Daar is die vorige aand ‘n baie vroliker bekendstelling van Immer wes gehou, net voor die bomme ontplof het. Lees meer hier.

Ek het toevallig vroeër die week, lank voor die bomme, ook aangedui hoeveel die boek ‘n mens kan help om die werklikheid te verstaan. Die het te doen gehad met die sluit van vrede op 11 November. Lees meer hier.