Nelle Dreyer

October 21, 2015 in Uncategorized

Johan Liebenberg het Vrydag laat weet dat Nelle Dreyer die vorige dag oorlede is.

(Kliek op die foto’s om hulle groter te maak.)

Annie Klopper en Nelle Dreyer. Annie, wat ook vir Protea Boekhuis gewerk het, was meer as die helfte jonger, maar Nelle het steeds geskitter.

Annie Klopper en Nelle Dreyer. Annie, wat ook vir Protea Boekhuis gewerk het, was meer as die helfte jonger, maar Nelle het steeds geskitter langs haar.

Sy gebaar het my diep geraak, want hulle was boesemvriende, vir jare al… Lees gerus wat Johan en Louis Janse van Rensburg skryf oor haar.

Ek? Ek het vir haar uitgewer gewerk – op daardie stadium was ek verbonde aan Protea Boekhuis.

Nelle en Annari van der Merwe

Nelle en Annari van der Merwe

Danksy Annari van der Merwe, wat ook goed bevriend was met Nelle, het die manuskrip by Protea beland. Daar was nooit enige twyfel dat ons dit moes uitgee nie. Die boek was so eerlik, so reguit. So anders…

Nelle Dreyer het lewendig geword op papier. Uit haar woorde is ’n hardkoppige, slim mens met baie foute aan die wêreld gewys.

Die boek is koelbloedig eerlik. Dit is ’n navolgingswaardige biografie.

Jackie Burger en Nelle; Jackie het 'n onderhoud gevoer met Nelle tydens die bekendstelling in die Book Lounge

Jackie Burger en Nelle; Jackie het ‘n onderhoud gevoer met Nelle tydens die bekendstelling in die Book Lounge

Ons eerste koppestamp was toe ek opdaag by ons eerste gesprek met ’n kamera. Not ’n dêm.

Nelle Dreyer het met die heel, heel grootste modefotograwe in die wêreld gewerk. Wat meer is: Sy was self ’n fantastiese fotograaf.

Goed, sê ek toe, maar ons het publisiteitsfoto’s nodig. Dit is toe dat sy vir Johan Liebenberg nader hark. Daardie foto verskyn ook op LitNet (kyk na die tulbandfoto, heel onder).

Tog, bliksem wat ek is, het ek uiteindelik my sin gekry. Die dag toe ons haar boek in die Book Lounge bekend gestel het, was van die heel groot fotograwe teenwoordig. Jackie Burger het die onderhoud gevoer.

Gabi Rosenwerth, Nelle Dreyer en Gavin Furlonger

Gabi Rosenwerth, Nelle Dreyer en Gavin Furlonger

Gavin Furlonger was daar. Nie net was hy een van die bekende modefotograwe in Suid-Afrika nie, hy het ook vir Nelle afgeneem toe sy nog relatief onontdek was. Vandag is hy ’n beroemde kurator en agent.

Lambro Tsiliyiannis en Nelle

Lambro Tsiliyiannis en Nelle

Lambro Tsiliyiannis was daar. Hy is steeds een van die mees gesogte advertensiefotograwe in Afrika.

Nelle en Gys de Villiers

Nelle en Jac de Villiers

Jac de Villiers was daar; een van die groot portretfotograwe in Suid-Afrika.

Nelle en Maxie Spazzol

Nelle en Maxie Spazzoli

Maxie Spazzoli was daar, steeds een van die groot haar- en grimeerstiliste in die bedryf.

Nelle en Morné du Plessis, voormalige Springbokkaptein

Nelle en Morné du Plessis, voormalige Springbokkaptein

Nelle wou foto’s hê en ek is toegelaat om die knoppie te druk. Al die foto’s in hierdie blog het ek daardie aand geneem.

*

Byna ’n jaar ná boek bekendgestel is, bel sy my. Sy is in die Kaap, wil ek nie kom koffie drink nie?

Ek het haar by Gabi Rosenwerth se huis ontmoet.

Moi. Ja. Om koffie te drink. Saam met Nelle Dreyer en Gabi Rosenwerth.

*

Ek het Nelle Dreyer nie goed geken nie, maar ek was bevoorreg om die mens agter die boek te ontmoet.

Die mens agter die boek was net so warm, eerlik en reguit soos die mens in die boek.

Passievol. Briljant. Nederig, al het sy presies geweet wat sy wil hê. Natuurlik ook: Pragtig. Beeldskoon, steeds laat in haar lewe.

*

Heel nostalgies gaan haal ek vanaand my getekende kopie… en dis weg. Weg. Weg.

Iemand het dit geleen, dalk gegaps?

Voorbladmeisie, van Pleinstraat tot Parys

Voorbladmeisie, van Pleinstraat tot Parys

Ek gaan nog ’n kopie koop, maar ek wens die persoon wat myne het, sal dit in die posbus kom gooi! Jy weet waar ek bly.

*

Murray la Vita en Nelle

Murray la Vita en Nelle

Murray la Vita het ‘n mooi onderhoud met Nelle gedoen.

Sy was ook destyds op Expresso. Hier is die video.

2 responses to Nelle Dreyer

  1. Ontroerend. Dit kom uit die hart uit. Dankie.

Leave a Reply to Johan Liebenberg Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *