Die Taalmonument word 40

October 10, 2015 in Uncategorized

Taalmonument

Ek is geweldig trots op die werk wat Isabeau Botha en haar span by die Taalmonument doen.

Twintig jaar gelede het ek baie beslis nie die Taalmonument gedenk nie. Ek is eerlik as ek sê dit was ’n granietpenis des aanstoots.

Isabeau, met haar pragmatiese, inklusiewe denke en die res van haar span, wat eweneens die omarmende, koesterende ideale met haar deel, het dit alles verander.

Twintig jaar gelede het ek in die openbaar verklaar ons moet ’n pienk kondoom oor die ding trek en dit in ’n Vigs-monument omskep.

Vandag kan ek met trots sê: Ek deel die visie van die personeel wat werk by die Taalmonument en -museum.

Ek kon nie vandag daar wees nie, maar dit is nie omdat ek die vieringe boikot nie. Inteendeel.

Die span by die Taalmonument het ’n inklusiewe visie van meertaligheid, trots Suid-AFRIKAANS wees, wat ek ook raaksien in die werk van die ATKV en Pen-Afrikaans.

Vandag is ek trots op daardie monument en ek moedig mense aan om te gaan kuier.

Word deel, wees trots op die veelkleurige Suid-AFRIKAANSE beweging.

As jy nie vandag daar kan wees nie, besoek hulle webruimte. http://www.taalmuseum.co.za.

Lees ook asseblief Ena Jansen se toespraak wat sy gehou het tydens ‘n viering vroeër vanjaar.

Lees ook asseblief Jean Oosthuizen se stuk wat hy oor daardie aand geskryf het:

Ek sou ook vir julle aanmoedig om hierdie stuk oor inklusiewe Afrikaans te lees, asseblief.

 

3 responses to Die Taalmonument word 40

  1. Dankie vir die bewusmaking, Izak. Dit is so ‘n opwindende tyd vir Afrikaans en daar is baie wat besig is om te gebeur met die taal. Dit is fantasties om te besef hoe almal wat die taal as moedertaal praat se herkoms inmekaar gevleg is. Dankie aan die personeel van die Taalmonument en die ATKV vir die werk wat julle doen.

  2. Ek vind De Vries se vergelykings obseen. Dit is ook betreurenswaardig dat hy hom nie van 1975 af met die Taalmonument vereenselwig het nie. Anders as hy, dink ek dit behoort om die bevordering van Afrikaans se gaan, dus om taal, en nie om meertaligheid, versoening en nasiebou nie, omdat hulle eerder politieke doelstellings is.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *