You are browsing the archive for 2015 October.

Koek en Alta Cloete se boek

October 24, 2015 in Uncategorized

Nie vir Banters nie, maar hemels vir alle ander!

Nie vir Banters nie, maar hemels vir alle ander!

Hoewel ek julle van Alta Cloete se boek wil vertel, gaan ek sê: Al verstaan jy nie eers Afrikaans nie, sal jy beslis genot by die koektafel vind.

Dis alles ingesluit by die kaartjie, wat 'n enorme winskoop!

Dis alles ingesluit by die kaartjie, wat ‘n enorme winskoop!

As jy lus is vir koek, maak seker dat jy Donderdag 29 Oktober om 10:00 by die Weltevreden Landgoed, net buite Stellenbosch, is met ’n kaartjie in jou hand.

Alta Cloete

Alta Cloete

Dis nou as jy nie Bant nie. ’n Banter soos ek moet maar hou by die lekker cappuccino wat hulle maak – en by Madri Victor se insiggewende vrae aan die skrywer. In dié geval is die skrywer, Alta Cloete, gelukkig onderhoudend, en die boek, Opdrag van oorkant, waaroor gepraat word, puik. (Lees my resensie hier.)

opdrag van oorkant

Opdrag van oorkant is uitgegee deur LAPA Uitgewers.

Weltevreden Landgoed, net buite Stellenbosch

Weltevreden Landgoed, net buite Stellenbosch

Jy gaan min restaurante kry wat soveel koek en koffie gee vir R60 – dan kry jy boonop die praatjie ingesluit.

Suzette Kotze-Myburg en Karina Szczurek was twee van die literatuurkritici wat geen fout kon vind met die koek nie

Suzette Kotze-Myburgh en Karina Szczurek was twee van die literatuurkritici wat geen fout kon vind met die koek nie

Kom kuier saam!  Kliek hier om die kaartjies by Computicket te koop.

Ovolprese Madri Victor

Ovolprese Madri Victor

Donderdag 29 Oktober sal die tweede geleentheid wees waartydens die US Woordfees se Boekklub vergader. Word deel van hierdie maandelikse kuiers saam met goeie koffie, goeie mense, goeie boeke en besonder lekker koek. Madri Victor is die dryfveer agter die program.

Barbara Joubert met haar boek, Kostalgie

Barbara Joubert met haar boek, Kostalgie

Tydens die eerste boekklub, waar ek hierdie foto’s geneem het, is Barbara Joubert se Kostalgie bespreek.

Kom kuier saam!

Kom kuier saam!

#Feesmustfall: My plea

October 23, 2015 in Uncategorized

#Feesmustfall could be one of the most important movements in our history, but…

feesmustfall

I took this picture at a school in a Northern-Cape Township. What is her future? #Feesmustfall should not go for short-term, sugar-coated wins, because then she will struggle even more to get an education.

My plea, therefore, to the leaders of the #Feesmustfall Movement:

1) Do not settle for cheap. Government is scared and will offer you a short-term settlement, be warned. Then we are all in deeper trouble.

2) Do not fight to win this battle. There can be no winners in the near future. Settle only for talks about systemic change. That way you will win the war on the ills in our system.

3) Demand talks about systemic change and do not stop the protest until our entire, utterly dysfunctional education system has been addressed.

4) For now, please go back, finish the exams, but keep protesting; there are no short-term solutions.

5) You, as the young lions, also need to look at those who will not go the university. We need apprenticeships. We need skills training. Under Blade the FET Colleges have slipped further into nothingness.

6) We need to start at pre-school to find solutions for a meaningful matric.

7) We also need to start at pre-school to genuinely change higher education.

8) You will be surprised at how many people support the cause. Keep the moral high ground. Ban the thugs. Go for negotiations.

9) You will be surprised at how many people are willing to pour money into education – and already do. Why does all that money not make a difference? Ask those questions in talks with government.

10) Look at the picture of the girl. Your solution should include her. Do not settle for a system that will make it even more impossible for her to get an education. If you do, government will win and our system will be worst off than before. If your solution does not include this girl, you have lost. Only if you are willing to make this a long-term, solution-seeking enterprise where everyone is forced to come clean about how the money spent, then you will be heroes.

You are writing your own legacies, young lions. Fight to give this girl, and others like her, a future.

Nelle Dreyer

October 21, 2015 in Uncategorized

Johan Liebenberg het Vrydag laat weet dat Nelle Dreyer die vorige dag oorlede is.

(Kliek op die foto’s om hulle groter te maak.)

Annie Klopper en Nelle Dreyer. Annie, wat ook vir Protea Boekhuis gewerk het, was meer as die helfte jonger, maar Nelle het steeds geskitter.

Annie Klopper en Nelle Dreyer. Annie, wat ook vir Protea Boekhuis gewerk het, was meer as die helfte jonger, maar Nelle het steeds geskitter langs haar.

Sy gebaar het my diep geraak, want hulle was boesemvriende, vir jare al… Lees gerus wat Johan en Louis Janse van Rensburg skryf oor haar.

Ek? Ek het vir haar uitgewer gewerk – op daardie stadium was ek verbonde aan Protea Boekhuis.

Nelle en Annari van der Merwe

Nelle en Annari van der Merwe

Danksy Annari van der Merwe, wat ook goed bevriend was met Nelle, het die manuskrip by Protea beland. Daar was nooit enige twyfel dat ons dit moes uitgee nie. Die boek was so eerlik, so reguit. So anders…

Nelle Dreyer het lewendig geword op papier. Uit haar woorde is ’n hardkoppige, slim mens met baie foute aan die wêreld gewys.

Die boek is koelbloedig eerlik. Dit is ’n navolgingswaardige biografie.

Jackie Burger en Nelle; Jackie het 'n onderhoud gevoer met Nelle tydens die bekendstelling in die Book Lounge

Jackie Burger en Nelle; Jackie het ‘n onderhoud gevoer met Nelle tydens die bekendstelling in die Book Lounge

Ons eerste koppestamp was toe ek opdaag by ons eerste gesprek met ’n kamera. Not ’n dêm.

Nelle Dreyer het met die heel, heel grootste modefotograwe in die wêreld gewerk. Wat meer is: Sy was self ’n fantastiese fotograaf.

Goed, sê ek toe, maar ons het publisiteitsfoto’s nodig. Dit is toe dat sy vir Johan Liebenberg nader hark. Daardie foto verskyn ook op LitNet (kyk na die tulbandfoto, heel onder).

Tog, bliksem wat ek is, het ek uiteindelik my sin gekry. Die dag toe ons haar boek in die Book Lounge bekend gestel het, was van die heel groot fotograwe teenwoordig. Jackie Burger het die onderhoud gevoer.

Gabi Rosenwerth, Nelle Dreyer en Gavin Furlonger

Gabi Rosenwerth, Nelle Dreyer en Gavin Furlonger

Gavin Furlonger was daar. Nie net was hy een van die bekende modefotograwe in Suid-Afrika nie, hy het ook vir Nelle afgeneem toe sy nog relatief onontdek was. Vandag is hy ’n beroemde kurator en agent.

Lambro Tsiliyiannis en Nelle

Lambro Tsiliyiannis en Nelle

Lambro Tsiliyiannis was daar. Hy is steeds een van die mees gesogte advertensiefotograwe in Afrika.

Nelle en Gys de Villiers

Nelle en Jac de Villiers

Jac de Villiers was daar; een van die groot portretfotograwe in Suid-Afrika.

Nelle en Maxie Spazzol

Nelle en Maxie Spazzoli

Maxie Spazzoli was daar, steeds een van die groot haar- en grimeerstiliste in die bedryf.

Nelle en Morné du Plessis, voormalige Springbokkaptein

Nelle en Morné du Plessis, voormalige Springbokkaptein

Nelle wou foto’s hê en ek is toegelaat om die knoppie te druk. Al die foto’s in hierdie blog het ek daardie aand geneem.

*

Byna ’n jaar ná boek bekendgestel is, bel sy my. Sy is in die Kaap, wil ek nie kom koffie drink nie?

Ek het haar by Gabi Rosenwerth se huis ontmoet.

Moi. Ja. Om koffie te drink. Saam met Nelle Dreyer en Gabi Rosenwerth.

*

Ek het Nelle Dreyer nie goed geken nie, maar ek was bevoorreg om die mens agter die boek te ontmoet.

Die mens agter die boek was net so warm, eerlik en reguit soos die mens in die boek.

Passievol. Briljant. Nederig, al het sy presies geweet wat sy wil hê. Natuurlik ook: Pragtig. Beeldskoon, steeds laat in haar lewe.

*

Heel nostalgies gaan haal ek vanaand my getekende kopie… en dis weg. Weg. Weg.

Iemand het dit geleen, dalk gegaps?

Voorbladmeisie, van Pleinstraat tot Parys

Voorbladmeisie, van Pleinstraat tot Parys

Ek gaan nog ’n kopie koop, maar ek wens die persoon wat myne het, sal dit in die posbus kom gooi! Jy weet waar ek bly.

*

Murray la Vita en Nelle

Murray la Vita en Nelle

Murray la Vita het ‘n mooi onderhoud met Nelle gedoen.

Sy was ook destyds op Expresso. Hier is die video.

Die Taalmonument word 40

October 10, 2015 in Uncategorized

Taalmonument

Ek is geweldig trots op die werk wat Isabeau Botha en haar span by die Taalmonument doen.

Twintig jaar gelede het ek baie beslis nie die Taalmonument gedenk nie. Ek is eerlik as ek sê dit was ’n granietpenis des aanstoots.

Isabeau, met haar pragmatiese, inklusiewe denke en die res van haar span, wat eweneens die omarmende, koesterende ideale met haar deel, het dit alles verander.

Twintig jaar gelede het ek in die openbaar verklaar ons moet ’n pienk kondoom oor die ding trek en dit in ’n Vigs-monument omskep.

Vandag kan ek met trots sê: Ek deel die visie van die personeel wat werk by die Taalmonument en -museum.

Ek kon nie vandag daar wees nie, maar dit is nie omdat ek die vieringe boikot nie. Inteendeel.

Die span by die Taalmonument het ’n inklusiewe visie van meertaligheid, trots Suid-AFRIKAANS wees, wat ek ook raaksien in die werk van die ATKV en Pen-Afrikaans.

Vandag is ek trots op daardie monument en ek moedig mense aan om te gaan kuier.

Word deel, wees trots op die veelkleurige Suid-AFRIKAANSE beweging.

As jy nie vandag daar kan wees nie, besoek hulle webruimte. http://www.taalmuseum.co.za.

Lees ook asseblief Ena Jansen se toespraak wat sy gehou het tydens ‘n viering vroeër vanjaar.

Lees ook asseblief Jean Oosthuizen se stuk wat hy oor daardie aand geskryf het:

Ek sou ook vir julle aanmoedig om hierdie stuk oor inklusiewe Afrikaans te lees, asseblief.

 

Wêreldonderwysersdag: die mens, nie die kurrikulum nie

October 5, 2015 in Uncategorized

Die 5de Oktober is deur die Verenigde Nasies as Wêreldonderwysersdag uitgeroep en ek wil graag iets vertel oor ’n drie van my onnies – omdat ek onlangs met hulle in aanraking was.

Die eerste is Marié Gräbe. Sy het vir my Afrikaans gegee en was een van die eerste onnies wat my aangemoedig het om aan te hou kreatief skryf. Oor my ontmoeting met haar, dertig jaar ná sy vir my skool gehou het, berig ek hier.

Die tweede onnie wat ek by name wil noem, is Rykie Boeke. Oor my ontmoeting met haar, berig ek hier.

Ek het verskeie ander onnies gehad wat vir my besonder baie beteken het. As ek nou gaan begin opnoem, sal dit te lank wees en ek sal mense vergeet.

Dit is egter nie die kurrikulum wat ek onthou nie, dit was hulle menswees wat my iets van die lewe laat verstaan het.

Eintlik moet ek dit nóg duideliker stel: Die kurrikulum was dikwels van min belang. Dit was daardie goed wat die onnies ekstra ingesit het, wat my vandag nog bybly: of dit nou buitemuurse geleenthede was, of dit nou my geskiedenisonnie was wat my aangemoedig het om nie bloot die voorgeskrewe boek te glo nie… Al daardie goed het blywende indrukke op my gemaak.

Die derde onnie wat ek moet noem, is my ma. Van standerd ses tot matriek was ek in haar Wiskundeklas. Ek was ’n vrot leerling, maar iewers in my dik kop het sekere goed vasgesteek en toe ek eers Excel ontdek, toe verstaan ek algebra! Sy het ons altyd aangemoedig om Wiskunde uit die klaskamer te haal en om dit toe te pas op die ware lewe. Vandag gebruik ek dit steeds, al was ek so ’n sukkelende Wiskundeleerling.

*

Ek is trots om heelwat werk vir en met die ATKV te doen, want hulle verstaan wat ek hierbo sê.

Die ATKV doen geweldig baie vir onderwys.

Ja, hulle doen baie om skole te help met die kurrikulum (kliek hier vir werk in die Wes-Kaap en hier vir werk in Noord-Kaap), maar die goed wat ’n blywende indruk op skoliere gaan maak, sal beslis die buitemuurse aktiwiteite wees.

Lees hier (rol net effens af)  hoekom ’n slim onnie, René Zietsman, geweier het om ’n baie belangrike  sertifikaat van Japie Gouws te ontvang. Sy het, korrek, daarop aangedring dat een van haar leerders, Abongili Deli, die sertifikaat in ontvangs neem.

Of lees ’n bietjie wat Paul Roos se seuns gesing het (rol weer eens af) tydens die ATKV-Applous se finaal. Al het hulle koor nie gewen nie, sal die seuns daardie vertolking van Mr. Cat and the Jackal se lied “Kortstondige raklewe van Ananstasia W.” vir lank onthou. Die lied is aangrypend en kru, dit handel oor die wrede verkragting en moord op ’n jong meisie. Hierdie lied het reeds van daardie seuns beter mense gemaak.

Darren August, die Stigter en CEO van Dazz Consulting en die outeur van A teacher changed my life, skryf onlangs: “Ek droom van die dae dat ons koerante weer vol inspirerende stories sal wees van onderwysers wat as helde vereer word vir dapper dade wat nie van hulle verwag is nie.”

Wel, daar is sulke onderwysers, kliek asseblief op die skakels wat ek hierbo gelys het. Hulle het in my dae, toe apartheidonderwys nog gegeld het, ook bestaan, want hulle was bereid om breër as die kurrikulum te dink.

Ek is opreg dankbaar vir so baie onnies wat so ontsettend baie vir my gedoen het, en ook vir vandag se jongmense.

Dankie!

*

Die ATKV moedig mense aan om op Vrydag 16 Oktober iets spesiaal vir hulle kinders se onderwysers te doen. Doen dit? Goeie onnies is baie spesiaal!