Hello world!

August 27, 2020 in Uncategorized

Welcome to LitNet Blogs. This is your first post. Edit or delete it, then start blogging!

Die begin.

Word mens so gebore of so gemaak. Nature v nurture. Ek glo ek is maar met ‘n fabrieksfout gebore. En verder deur die lewe opgedonner. Depressie volg my soos ‘n swart skadu. Soveel name het die siekte. Soveel beskrywings maar die laaste paar weke pis daai swart hond op my siel. En dit midde ‘n pandemie. Die ‘happypills’ doen hulle beste maar soms…….soms is die stil skreeu net te veel en dan borrel alles net uit. En laat jou verwese agter. Soveel jare baklei ek teen dit, met dit oor dit…….. soms en sommige dae aanvaar ek dit as deel van my. Sommige dae wil ek nie meer aangaan nie. Skoppend boontoe.