by

Robert Zimmerman, die VSA se eie Bob Dylan

April 8, 2011 in Sonder kategorie


Desmond Painter het vandeesweek in Die Burger ‘n geskarrel in die duiwehok veroorsaak toe hy in ‘n boekresensie vir Abraham H. de Vries die Bob Dylan van die Afrikaanse letterkunde genoem het.

Dis ‘n interessante vergelyking, maar ook een wat my nie heeltemal oortuig nie. Gaan lees gerus sy argument by http://blogs.dieburger.com/boekredaksie25/die-behoue-huis-deur-abraham-h-de-vries

Wat Painter wel reggekry het, was om my te gaan laat soek na videogrepe van Dylan wat sy musiek sing. Ek het bedroë daarvan afgekom. Dit is baie moeilik om enige goeie konsertopnames op te spoor buiten dié wat op www.YouTube/bobdylan te vind is. En dit is werklik nie vir my altyd sinvol om na musiek te luister terwyl ek staar na ‘n foto van ‘n plaatomslag wat ek baie goed ken nie.

Die YouTube/bobdylan-kanaal het wel een verrassing opgelewer, wat ek hieronder vashak. Dit is die “Series of Dreams”-opname wat op die Bootleg-reeks verskyn het, met die orspronklike klankbehandeling deur Daniel Lanois. Die visuele aanbod is maar ‘n bietjie poespasserig, maar roep ten minste baie aangename ou herinneringe op.

 

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.