by

Twee kante

Maart 18, 2020 in Uncategorized

Alleen onder die maan, deur Willem Krog. Resensie: Fanie Olivier (Rapport Boeke)
Alleen onder die maan, deur Willem Krog. Resensie: Schalk Schoombie (Boeke24)

Twee uiteenlopende besprekings. Olivier contra, Schoombie pro. Schalk Schoombie is gaande oor dít wat die boek oordra, Olivier vind fout met die manier waarop dit gedoen word. Albei sienings weeg swaar, as mens na hul argumentasie kyk; in die lange duur sal Olivier s’n die sterkste tel omdat dit wesentlike kritiek lewer op die gehalte van die skryfwerk.

Geen engel nie, deur André Krüger. Resensie: Jonathan Amid. (Rapport Boeke)
Ek geniet die opwinding waarmee Jonathan Amid op boeke reageer. Dis net dat hy soms ’n klein mistykie begaan wat mens laat vermoed dat hy nie goed herlees het nie. Hierdie keer is dit die verwysing na “Springsteen se Tom Joad”. En al wentel hy dit onmiddellik verder na die pop-sfeer (via pinball), gaan die aandag terug na Springsteen/Tom Joad. Joad is die hoofkaraker in John Steinbeck se The Grapes of Wrath. Amid behoort te weet dat sowel Springsteen se liedjie oor Tom Joad volledig teen die Steinbeck-roman gekaats is.

Het jy geweet ek kan toor, deur Jeanne Goosen. Resensie: Joan Hambidge. (Boeke24)
’n Verspeelde kans. Ek het al voorheen verwys na Hambidge se werkwyse as resensent – die manier waarop sy ’n reeks aantekeninge saamvoeg, en dit dikwels die indruk van aforismes wek. Wel, hierdie keer slaag dit nie. Sy herhaal indrukke (soos oor die gedig as argief), maar brei nie daarop uit nie. Ander dele van die resensie lyk soos los indrukke wat geïllustreer is met aanhalings uit Goosen se gedigte. Binne hierdie konteks val haar paragraaf oor onvoltooide, nagelate verse, en die verwysing na Truman Capote se Answered Prayers: The Unfinished Novel mens dadelik op as ’n hinderlike vertoon van erudisie. Van ’n diepgaande analise van Jeanne Goosen se digkuns is daar nie sprake nie.

5 antwoorde op Twee kante

  1. Entoesiasme is mooi ding, maar nie as dit telkens byna tot ‘n orgasme lei wat hoor en sien laat vergaan nie.

  2. Beste Crito

    Ek verwys na Springsteen se Tom Joad juis omdat hierdie lirieke (1995 die lig gesien) vir my sterk resoneer met die 1980s en 1990s SA wat die skrywer herroep, eerder as die klassieke teks van 1939. Ek wou nie spesifiek ingaan op die roman Grapes of wrath nie, want dit sou ‘n heel ander bespreking moes wees. Musiek is ‘n baie belangrike sleutel in Geen engel nie, en die anonieme verteller vind baie makliker aanklank met rebelse rock eerder as toevlug in Amerikaanse fiksie. Hy lees wel baie. Ek glo hy sou vertroud wees met The Boss eerder as Steinbeck. Daarom die keuse. Die herlees van Geen engel nie was wel vir my ‘n plesier gewees.

    Groete,
    JA

    B
    Men walking ‘long the railroad tracks
    Going someplace, there’s no going back
    Highway patrol choppers coming up over the ridge
    Hot soup on a campfire under the bridge
    Shelter line stretching ’round the corner
    Welcome to the new world order
    Families sleeping in the cars in the southwest
    No home, no job, no peace, no rest
    Well the highway is alive tonight
    But nobody’s kidding nobody about where it goes
    I’m sitting down here in the campfire light
    Searching for the ghost of Tom Joad
    He pulls a prayer book out of his sleeping bag
    Preacher lights up a butt and he takes a drag
    Waiting for when the last shall be first and the first shall be last
    In a cardboard box ‘neath the underpass
    You got a one-way ticket to the promised land
    You got a hole in your belly and a gun in your hand
    Sleeping on a pillow of solid rock
    Bathing in the city’s aqueduct
    Go!
    Well the highway is alive tonight
    Where it’s headed everybody knows
    I’m sitting down here in the campfire light
    Waiting on the ghost of Tom Joad
    Now Tom said, “Mom, wherever there’s a cop beating a guy
    Wherever a hungry newborn baby cries
    Where there’s a fight against the blood and hatred in the air
    Look for me, Mom, I’ll be there
    Wherever somebody’s fighting for a place to stand
    Or a decent job or a helping hand
    Wherever somebody’s struggling to be free
    Look in their eyes, Ma, and you’ll see me”
    Yeah!
    The highway is alive tonight
    Where it’s headed everybody knows
    I’m sitting down here in the campfire light
    With the ghost of old Tom Joad

  3. Spyker op die koo geslaan oor Hambidge. Ek kan nie glo dat sy hoegenaamd ernstig opgeneem word as ‘n resensent nie en dat boekeredakteurs haar nog vra om boeke te resenseer nie. Al haar resensies is inkoherent, mens kry die indruk sy doen dit baie haastig. Hoekom haar mening enigsins iets werd is slaan my dronk.

    • Sandra, ek vind Joan se resensies altyd informatief en leer baie daaruit. Vir my is hulle soos mini-meesterklasse.

      Hierdie is ‘n sweeping statement: AL haar resensies is inkoherent. Regtig?

  4. Geagte u Edele dr. Mevrou Madame Pretorius

    U bedoel sekerlik: spyker op die kop? Of is koo ‘n neologisme?

    So van haastig gepraat …

    Al my resensies inkoherent? U ravot met die woord.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.