by

Monumente en dinge

November 18, 2014 in Uncategorized

Herman Lategan skryf oor Die helder dae, deur Danie Botha. (Netwerk24)
Hoe skryf mens or die boek van jou oud-Sondagskoolonderwyser? Herman Lategan bieg dadelik dat dít is wat an die gang is. En hy sê reguit hoekom hy nie aanklank vind by die essays wat as rubrieke in die Kerbode verskyn het nie. Vir die res weet mens, omdat Lategan nie die soort mens is wat doekies omdraai nie, dat dit ’n onderhoudende, interessante bundel is. Ek dink die vriendskap sal hou.

Joan Hambidge bespreek Papegaaislaai, deur Theunis Engelbrecht. (Netwerk24)
Terwyl musiek ter sprake is: Joan Hambidge resenseer Papegaaislaai iewers tussen pianissimo  en sotto voce, voet swaar op die linkerpedaal.

Gilbert Gibson resenseer Al die lieflike dade, deur Charl-Pierre Naudé. (Netwerk24)
Kyk op terwyl jy lees, doer bo, dáár gaan Gilbert Gibson se resensie verby. Hy woel met woorde om sy reaksie vas te vang én die digkuns te beskryf. Werk nie vir my nie, ek’s jammer. Ek moes dit oor en oor lees om te verstaan. Dalk sou Versindaba se mense gemakliker toegang tot só ’n resensie vind; ek twyfel of gewone koerantlesers, selfs diegene met ’n belangstelling in die digkuns, gemaklik gevoel het by die lees van hierdie bespreking.

Helen Schöer skryf oor Stiletto’s van staal, deur Bernette Bergenthuin. (Netwerk24)
Wat ’n lekker resensie tot voor die laaste paragraaf. In daardie stadium werp Schöer haar kappie op die grond neer en sien ons haar daar staan, ’n volksmoeder wat die mense se sedes wil beskerm en dit goed vind dat hierdie boek “skoon” is van seks. Op jou bicycle, antie, en vat die pad.

Daniel Hugo resenseer Ons gaan ’n taal maak, deur J.C. Steyn. (Netwerk24)
’n Resensent soos Daniel Hugo weet seker voor sy siel dat daar mense is, soos ek, wat sekere soorte boeke doodgewoon vermy omdat die onderwerp nie vir hulle interessant is nie. Dit neem fynskryf om my te laat aanhou lees. En dit verg stip formulerings om my uiteindelik te laat voel dat dit die moeite werd was om langs hierdie weg met Jaap Steyn se jongste kennis te maak. Hugo sê dis ’n monument van ’n boek. Tsja, neef. Ek is seker kameraad Blade hoop jy’t die woord monument doelbewus gebruik.

2 antwoorde op Monumente en dinge

  1. Ek dink ook ek sal maar my eie eksemplaar van Naudé se nuutste digbundel moet aanskaf om self te (be)oordeel 🙂

  2. Crito – die resensie van jou , oor die resensie van Hugo, oor die navorsingswerk van Steyn, kom effe te smalend voor, na my eie smaak 🙁

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.