by

Persoonlike reaksie

April 2, 2013 in Uncategorized

Vang ‘n Boer – Die stryd tussen Boer en Ovambo, deur L.J. Bothma. Resensie: André le Roux.
Ek onthou dat ek in die tagtigs nie baie danig was oor Le Roux se TV-verslae nie. Bombasties. Gelukkig kan mens dit nie teen hom hou nie, en hierdie resensie is van só ‘n hoogstaande gehalte dat mens hom baie dinge sal vergewe. In baie opsigte is dit vir my ‘n voorbeeld van presies hóé ‘n resensent ‘n feiteboek soos hierdie moet benader. Le Roux gaan put uit sy eie ervarings, herlei dit na die inhoud van die boek, en vandaar lewer hy kritiek op die swak punte en prys hy die boek se goeie punte – terwyl hy steeds besig is om argumenterend verder te bou aan die reaksie. Le Roux voer sy argument tot by ‘n besluit, waarvan een helfte goedkeurend vir die boek is, en die ander daarop wys dat ‘n swak titel vir die werk gekies is. As enigiemand wonder hoekom die resensie so lekker lees, is die antwoord eenvoudig. Le Roux skryf nie net oor die boek nie, maar oor die boek se konteks, en hy gee ‘n persoonlike reaksie op albei. Daardie persoonlike reaksie is kosbaar. Gaan kyk maar hoeveel resensies verskyn waarin waaragtige persoonlike reaksie totaal afwesig is. Dit ís moontlik om ‘n mening uit te spreek en jou eie gevoelens onvermeld te laat. Ek hoop dat Le Roux ‘n meer gereelde resensent vir Boeke24 sal word.

2 antwoorde op Persoonlike reaksie

  1. Bruggie het gesê op April 2, 2013

    Die boek klink koopwerd

  2. ‘n Resensie oor ‘n resensie oor ‘n resensie: ek neem aan gevoelens is vir jou baie belangrik? Hulle is seker.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.