by

Stilte

Augustus 30, 2011 in Sonder kategorie

Droefheid op note! Die enigste Afrikaanse resensie/artikel wat vandeesweek verskyn het, is een oor die heruitreiking van die Uile-reeks – boeke wat uit die vyftigerjare dateer. 

Stilte is dan die enigste antwoord.

2 antwoorde op Stilte

  1. Treuriger was dit nog nooit tevore gesteld op Die Burger se Boekeblad nie – sekerlik die laagste laagwater punt. Hierdie redakteur skyn geen enkele begrip te he van wat ‘n dagblad boekeblad se funksie is nie, en nog minder van iets genaamd die Afrikaanse letterkunde! Soos Antjie Krog in COUNTRY OF MY SKULL hoort Elmarie Rautenbach verskoning te vra aan alle Afrikaanse lesers, jonk en oud, wat nog omgee vir die Afrikaanse letterkunde – almal met ‘n Afrikaanse van wat nou in hierdie dorre woestyn van NIKS en BANALITEIT geskep uit die oorsese pers moet soek na iets om die hart aan op te hang…

  2. Ek is ‘n meisie, maar Die Uile het my geinspireer om ‘n bende te stig op Bronkhorstfontein waar ons 18 in die hele skool was. Ons het snags langs die Vaalrivier rondgekruip. Ek wonder of kinders vandag kan relate tot daardie stories.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.