Profile photo of crito

by

Superieur

Januarie 18, 2009 in Sonder kategorie

Net een boekeresensie vandag in Rapport. Martie Retief Meiring skryf oor Jeremy Gordin se boek “Zuma  A Biography”. Sonder vrees van teenspraak die beste resensie wat nog in enige taal oor hierdie opspraakwekkende boek geskryf is.

As enigiemand wil weet hoe ‘n deeglike, leesbare, vermaaklike, insiggewende resensie behoort te lyk – hier is dit!
Martie Retief Meiring gryp die boek aan sy strot, by wyse van spreke, en skud al die warhoofdigheid uit. Sy het ‘n aanvallende styl, ja, maar sy het die boek gelees, is op hoogte met die onderwerp, en weet presies wat daarmee reg en verkeerd is.
Geluk, Rapport. Vir sulke resensies sal ek die koerant koop.

3 antwoorde op Superieur

  1. En wat van Riette Rust se resensie van Dirk Nagtegaal se resensie van “Kok en Skinker”? Hoe kan jy dit miskyk?

  2. crito het gesê op Januarie 18, 2009

    Ek het my eerste sin doelbewus só geformuleer. Daar is net een resensie. Die ander bydrae, deur Riette Rust, is eerder ‘n goeie voorbeeld van wat die Engelse noem “advertorial”. Mens lees sulke artikels outomaties met min aandag.

  3. Vetjan het gesê op Januarie 18, 2009

    Crito, ek stem saam. Daar is net een resensie. Ek sien Rachelle het onlangs die Nagtegaal prys gewen. Stroke stroke stroke

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.