Profile photo of crito

by

Pateties, Rapport

Januarie 11, 2009 in Sonder kategorie

Hier waar ek buite die bereik van Rapport se magtige distribusie-arm is, en aangewese is op sy webwerf, is dit opmerklik dat die mense by Rapport ook op vakansie is en nie ‘n snars omgee hoe hul webwerf lyk nie.

Die Boekeblad, wat gewoonlik onder die hofie “In diepte” te vind is, is nou al drie weke lank dormant. ‘n Mens gun hulle hul blaaskans, maar het Rapport nog nie gehoor van vooruitwerk nie?
“In diepte” self sit op hierdie oomblik (8:00 vm) steeds met verlede week se berigte.
Bra onprofessioneel, sou ek sê. Vader sy gedank dat Telkom nog funksioneer, anders was ek selfs dié ounuus webwerf kwyt.

1 antwoord op Pateties, Rapport

  1. Daar is glad nie meer trots in die land nie. Almal doen net wat hulle wil en bogger die res

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.