Profile photo of crito

by

Volpunte!

Desember 14, 2008 in Sonder kategorie

Rachelle Greeff verdien volpunte vir vandag se boekeblad in Rapport. Twee swaargewigte, Willie Burger en Hermann Giliomee, resenseer Etienne van Heerden se nuwe roman, “Dertig nagte in Amsterdam” en Brian Pottinger se boek oor die Mbeki-latenskap onderskeidelik.

Die Giliomee-resensie is informatief en indringend – die soort pitkos wat ‘n leser graag op ‘n Sondag wil hê. Jy kry konteks en tekstuur, plus ‘n resensent wat duidelik ‘n eie beskouing ook het.
Willie Burger se resensie is eintlik ‘n kosbare bydrae tot die resensiekunde. Dit bespreek tegelyk die boek onder hande, en sluit aan by ‘n debat wat ‘n paar jaar gelede veral uit een spesifieke oord oor Van Heerden se taalgebruik aan die gang gesit is.
Vir die ingeligtes is daar dus ‘n lekker implisiete smoelneuker waaraan hulle hul kan verkneukel, en vir diegene wat nie daarvan bewus is nie, ‘n baie goeie en toeganklike ontleding van die retoriese kragtoer van “Dertig nagte in Amsterdam”.
Hierdie boekeblad skeur ek uit om te hou.

4 antwoorde op Volpunte!

  1. Willie Burger se resensie doen dit nie vir my nie. Te akademies. Hoekom pla dit jou nie?
    Aan die ander kant kon JC Kannemeyer hierdie resensie geskryf het en dan het ons almal dadelik aan die slaap geraak.

  2. Ek stem saam met Tina. Raak jy sag, Crito?

  3. crito het gesê op Desember 14, 2008

    Kyk, Willie Burger het al resensies gepleeg wat grens aan onverdedigbaar, maar die een oor “Dertig nagte in Amsterdam” is nie een van hulle nie.

  4. abrham het gesê op Desember 15, 2008

    crito, ek stem met jou, willie burger se resensie was goed en het my genoeg geprikkel om 30 nagte te wil lees. is die doel van ‘n resensie oa. om die lesers ‘n voorlees ervaring te gee om te besluit op ‘n boek. ons kan tog nie alles lees en nog minder koop ook nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.