Profile photo of crito

by

Rapport: Die uitsondering wat die reël bewys

Desember 8, 2008 in Sonder kategorie

Dit tref my hoe ‘n vervelige koerant Rapport soms is. Gister het Rachelle Greeff, boekeredakteur, haar bydrae gemaak om die indruk te verstewig.

Haar Boekeblad is afgestaan aan ‘n “gift guide” vir diegene wat boeke vir kinders wil koop hierdie Kersseisoen. ‘n Aftellys van die beste kinder- en jeugboeke wat tans beskikbaar is. Niks daarmee verkeerd nie.
Maar dit is een van die weinige kere vanjaar dat sy tyd afgestaan het aan kinderboeke. Dit is ‘n geval van die uitsondering wat die reël bewys – sy verras jou met haar keuse van materiaal vir die spesifieke boekeblad omdat sy die res van die jaar ‘n totale onderpresteerder is oor hierdie genre.
Deur boonop self die besprekings te doen, wek sy die indruk dat sy net besig is om in die goeie boekies van die plaaslike uitgewers te bly.
Ek daag haar uit om ‘n slag in-diepte besprekings te doen oor die twee wordende reuse van hierdie genre, Jaco Jacobs en Fanie Viljoen.
Volgende week: Is dit dalk non-fiksie se beurt? Kookboeke? 
Nee wat. Dis op dae soos gister dat ek weet ek sal Rachelle Greeff se boekeblad nie mis nie. Rapport dalk ook nie.

4 antwoorde op Rapport: Die uitsondering wat die reël bewys

  1. Nou hoe gebeur dit dat ek nou eers op jou blog afkom?
    Het lekker by jou gekuier…mal oor Jaco Jacobs!
    Sal Fanie Viljoen moet opsoek.
    Lekker dag verder.

  2. crito het gesê op Desember 9, 2008

    Fanie Viljoen: Begin by BreinBliksem – wenner van ‘n paar jaar terug se Sanlam-Jeugverhaalkompetisie.

  3. abrham het gesê op Desember 9, 2008

    deel nogal jou sentiment

  4. Natuurlik: Brein Bliksem..het seker net die naam vergeet…ai die ouderdom.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.