LitNet-blogs op die radio

June 19, 2014 in Geen Kategorie

Hallo bloggers

Vanoggend – op hierdie oomblik – is daar ‘n gesprek op RSG aan die gang wat handel oor blogs. Die gesprekvoerders het nou al gesels oor waarom mense blog (die algemene gevoel is dis ‘n openbare dagboek-van-ouds), hoe om te blog (kies ‘n genre, was hulle raad … wat sou julle reken beteken dit vir die LitNet-bloggers?) en ook is die LitNet-blogruimte pas genoem as een van die plekke waar mense gratis kan blog en waar ander Afrikaanse mense die blogs kan lees.

“Hier,” kondig een van die gesprekvoerders aan, “is mense wat ook erotiese bloginskrywings skryf. Dit was vir my nogal … ontblotend om dit die eerste keer te lees.” (Wie se blogs dink julle is die blogs waarvan sy praat, sommer uit pure nuuskierigheid?)

Ek weet hierdie is ‘n vraag waaroor julle wonder, so toe hulle vra “hoe bemark mens jou blog?”, het ek my ore gespits.

Wenke: Dink aan die woorde wat jy self die meeste Google. Gebruik daardie woorde dalk in jou blog se naam, of in jou opskrif. Voorbeelde wat hulle hier noem is “easy” en “cooking”.

Hoe belangrik is dit om mooi suiwer te skryf? Jy kan skryf soos jy praat. Dis jou eie platform.

Hoe dryf jy verkeer na jou blog toe? Gebruik die sosiale media. Nooi mense vanaf Twitter of Facebook. Maar Google sê: “Content is king.” So jou blog moet so geskryf wees dat mense wil terugkom.

Jou blog se uitleg moet maklik leesbaar wees. En moenie te lank blog nie. En daarom sluit ek nou af!

Groete, Naomi M

14 responses to LitNet-blogs op die radio

  1. Ek dink nie hierdie is meer belangrik vir LitNet se blogs nie. Met julle onbeholpenheid, het julle hierdie blogwerf baie mooi nekom gedraai. Dankie daarvoor.

  2. Ek het dit ook toevallig gehoor. Was nogal interessant maar te veel klem is vir my op kos geplaas, maar dis seker ‘n kwessie van smaak. Dis jammer dat hulle nie oor mense met werklike skryf talent gepraat het nie.

    Die enigste een wat erotiese temas aanraak is Bonty, Abrham en lank terug Stilekke … Abrham het nog nie geskuif… en Stilekke se blog is weg. Grinnik – dis nou tensy die dame Ghaap ingedagte gehad het. Hy was lank nr 1 hier op Litnet en was suiwer eroties

    Ek weet nie wat ons sal maak nie. Ek het die week al twee blogs geplaas en geen enkele kommentaar gekry nie. My hart bly maar seer.

    • CM said on June 20, 2014

      ‘n Bietjie meer gemoedelikheid kan die somber atmosfeer op Litnet dalk verlig.

    • Hallo Tina10 ek is die culprit wat my nek uitgesteek het op RSG:) Ek is nou wel nie Hemmingway se eie bloedsuster, maar my artikels het al in vele publikasies verskyn. So ek dink ek kan as “effens talentvolle” persoon iets te se he.
      Die doel van die praatjie was om mense wat nog nooit geblog het nie’n paar riglyne te gee. Dit was dus nie net gemik op litnet nie, maar ook ander gratis hosting sites is genoem.
      My blog is bloot as ‘n tipe dagboekinskrywing begin oor reise en dinge wat ek beleef het. Daar is baie blogs wat eintlik webwerwe is vir mense wat hul produkte wil adverteer. Hier op litnet dink ek meeste blog vir die lekkerte.
      Naomi jy doen great werk en jy moenie moed verloor nie.

  3. Naomie, hoe kan hulle nog van Litnetblogs praat as dit werklik nie eintlik meer bestaan nie? Na die onaangename frustrerende gesukkel wat ons bloggers moes ervaar wat julle nie eers acknowledge het nie, dink jy werklik enige een sal weer terugkom? Ons is HARTSEER oor die dood van die blogs en ek glo nie enige iets wat dood is kan weer lewendig gemaak word nie. Veral nie as julle so hardnekkig in ontkenning aangaan sonder ‘n plan nie.

  4. @litnet-editor

    Baie dankie vir die wenke.
    In die begin van my blogpogings het ek sleg gevoel as ek geen kommentare kry nie. Deesdae egter gee ek nie om nie. Ek blog om interessanthede in my kop vir ander ouens beskikbaar te stel – dalk word iemand opgekikker of geïnspireer of geïrriteer. Laasgenoemde drie goed laat mens gewoonlik dink en dis genoeg.
    Hoe groter die veskeidenheid onderwerpe waaroor mense blog, hoe lekkerder lees ek. Ek geniet blogs met mooi fotos, musiek en aanvegbare stellings – sien – ek wil ook meer dink oor goed.
    Ek was ‘n paar maande weg van die blogwêreld hier, en lyk my ek het sekere onaangenaamhede (waaroor Danie Coetzee en Tina skryf) gemis. So – ek mis dit gelukkig nie.
    Perdegroete
    Frik

  5. Tina is reg..kos is al afgesaag.Ek dink dat blogs soos ‘n dagboek bedryf hoort te word,bv wanneer iets interessants op ‘n sekere dag met jou gebeur het,indrukke van wat om jou gebeur,ingrypende dinge soos bv.Freek se knie-operasie. @tina10 se weeklikse uitdagings help ook om mens idees te gee,miskien uitdagings vanaf Litnet se blogadministrasie se kant,kan goeie skrywers aanmoedig.
    Ek moet erken,dit lyk of alles nou weer reg is,maar nou het die spulletjie getrek.

  6. Hallo Hemingway se bloedsusters en -broeders. Lekker om van almal te hoor. Dis Maandag vir ons almal. Sal ons die blogruimte hanteer soos ‘n week, een dag op ‘n slag? Of soos die walvis wat mens stukkie vir stukkie opeet? Wil een van jul wat hul tema aangepas het en nou weer die BuddyPress-voorkoms gebruik, laat weet of jule nog steeds probleme ondervind soos om nie jul vriende te kan uitnooi nie? Van belang is dat albei blogs (joune en jou vriend s’n) die BuddyPress-tema gaan moet gebruik sodat die funksies optimaal werk. Laat weet as dit onduidelik is, asseblief. Groete! Naomi M

  7. Ek gebruik my blog soos ‘n dagboek, maar geniet dit om ander se intellektuele gesprekke te lees, ek wil net nie so skryf nie.

  8. Hello daar! Man, jammer, ek het die nie buddy-tema ding gaan doen of ontdoen nie. Maar dan, ek het ook my Samsung Galaxy telefoon na drie maande weggegooi en my 2011 Nokia uit die laai opgediep, en heeltemal opgegee met daai Galaxy tablet waarop mens mos nie kan blog nie. My seuntjie speel Minecraft daarop, verder is die battery meestal pap. Ek is net te oud en te ongeduldig om te sukkel met nuwe tegnologie se tweaks, lyk dit my. So dis nie Litnet se skuld nie, dis ekke.
    Maar jou inskrywing en die kommentaar hier gaan my nou ‘n langer kommentaar laat komponeer as wat jou blog is, so laat ek gaan kyk of ek – buddy of te nie – iets daar op my bladsy geskryf kan kry. Oor holy grails en oor dinge wat verbygaan en mense wat oudword…

  9. Ek was ook vir ongeveer nege maande weg en is verbaas oor hoe stil dit hier is. Ek het weer ‘n stukkie geskryf en wou iemand laat weet en die link per e-pos gestuur. Toe ek dit toets, sou ek agterkom dat dit nie werk nie. Iets te doen met die website se security licence. Nou hoe lok mens dan mense na jou blog?

Leave a Reply