You are browsing the archive for 2014 June.

LitNet-blogs op die radio

June 19, 2014 in Geen Kategorie

Hallo bloggers

Vanoggend – op hierdie oomblik – is daar ‘n gesprek op RSG aan die gang wat handel oor blogs. Die gesprekvoerders het nou al gesels oor waarom mense blog (die algemene gevoel is dis ‘n openbare dagboek-van-ouds), hoe om te blog (kies ‘n genre, was hulle raad … wat sou julle reken beteken dit vir die LitNet-bloggers?) en ook is die LitNet-blogruimte pas genoem as een van die plekke waar mense gratis kan blog en waar ander Afrikaanse mense die blogs kan lees.

“Hier,” kondig een van die gesprekvoerders aan, “is mense wat ook erotiese bloginskrywings skryf. Dit was vir my nogal … ontblotend om dit die eerste keer te lees.” (Wie se blogs dink julle is die blogs waarvan sy praat, sommer uit pure nuuskierigheid?)

Ek weet hierdie is ‘n vraag waaroor julle wonder, so toe hulle vra “hoe bemark mens jou blog?”, het ek my ore gespits.

Wenke: Dink aan die woorde wat jy self die meeste Google. Gebruik daardie woorde dalk in jou blog se naam, of in jou opskrif. Voorbeelde wat hulle hier noem is “easy” en “cooking”.

Hoe belangrik is dit om mooi suiwer te skryf? Jy kan skryf soos jy praat. Dis jou eie platform.

Hoe dryf jy verkeer na jou blog toe? Gebruik die sosiale media. Nooi mense vanaf Twitter of Facebook. Maar Google sĂȘ: “Content is king.” So jou blog moet so geskryf wees dat mense wil terugkom.

Jou blog se uitleg moet maklik leesbaar wees. En moenie te lank blog nie. En daarom sluit ek nou af!

Groete, Naomi M