Ons geskiedenis

February 18, 2014 in Geen Kategorie

Bloggers, sommige van die ander mense by die kantoor meen hierdie is visueel oordoen. Te veel inligting ingeprop in té ‘n kort rukkie. Ander vra: wie’s die “ons geskiedenis” wie se storie die kind probeer opsom? Want dis ‘n kind wat dié gemaak het, moet ek byvoeg. Natuurlik is daar ook die tema van evolusie wat, myns insiens in elk geval, in hierdie video met kreasionisme versoen word. Wat dink julle?

Maak vandag geskiedenis, almal!

Groete, Naomi M

15 responses to Ons geskiedenis

  1. Is daar ‘n kans dat ek vir Joe Bush kan ontmoet vir koffie, want dit sal ‘n ervaring wees………

  2. Ek dink dit is puik gedoen. (Hoekom dink en nou skielik aan A Clockwork Orange 😉 )
    Die boodskap d.m.v visuele impak oorgedra werk beslis.

  3. Sjoe . Dit was nou ‘n oogvol. Die Prediker se woorde, dat alles tot niks kom , het sweerlik onwillekeurig iewers op ‘n flikkerende grootskerm tussen-in verskyn. En ek is nou so lus vir ‘n glas Coke , ek is seker daar was ook skelm ‘n advertensieflits van die Coca Cola Company erens ingewerk ? 🙂

  4. Die musiek is stunning. Enige iemand kan ‘n klomp foto’s bymekaarsit.
    Ek gaan vandag geskiedenis maak, in my eie lewe; want ek gaan ophou blog. Daar is geen manier wat ek so kan aanhou sukkel nie, ek wil my hare uit my kop trek van frustrasie.

    • Hallo @vega, is die gesukkel hoofsaaklik omdat die tuisblad die kommentare en nuwe bloginskrywings alles deurmekaar weergee? Wat pla nog? Laat my weet, asseblief, Naomi M

      • Dis net eenvoudig te veel van ‘n gesukkel. Eerstens om ‘n lys van die blogs te vind. Dit kry ek nou reg deur op aktiwiteitsblad te kliek en dan ‘posts’. As ek eenkeer die lys gehad het verdwyn dit sodra ek een blog oopgemaak het. Dan wil dit nie weer die lys opsit nie al kliek ek op posts. Die min spasie vir foto’s, maak dat ek nie meer met foto’s blog nie, wat altyd vir my die lekkerste was. Dis net eenvoudig ongebruikersvriendelik. Ek het ‘n nuwe idee vir ‘n blog en gaan maar skuif, sien nie kans vir al die tyd wat ek mors om goed te soek nie.

      • Kom ek verduidelik vir jou Naomi! Dis nie meer moontlik om blogs.litnet oop te maak nie, daar verskyn ‘n warboel van feeds. Dan moet jy elke keer as jy inskakel na die aktiwiteitsbladsy toe gaan en in die blokkie kies presies wat jy wil sien. Bv as ek blogs / posts wil sien dan moet ek posts kies en weer my blog reload / refresh en AS EK GELUKKIG IS MAAR NET AS EK GELUKKIG IS M A W SLEGS SOMS dan sien ek die nuwe blogs. As ek die kommentare wil sien moet ek weer op die blokkie na comments / kommentare gaan, klik en refresh / reload en AS EK GELUKKIG IS MAAR NET AS EK GELUKKIG IS M A W SLEGS SOMS sien ek die kommentare wat op blogs gelos is. Kan jy jou voorstel hoeveel PT dit is?
        Maak ‘n paar sommetjies en kyk hoe lank dit neem. Dit neem die plesiesr uit die blogs uit. Baie van die blogs word nou misgekyk, wat help dit mense blog en net een of twee kom op hulle blog af?
        En hierdie gedurige oorskakeling werk ook nie altyd nie.
        Ek dink in klassieke literatuur sou dit as gemors bestemperl word.

      • Ek is ook al moedeloos soos @avega… ek het gister ‘n blog gehad met net 2 kommentare… Mense kry net nie ons blogs nie en as mens nie die skakel op FB plaas nie kom hulle net nie daar uit nie.

      • @litnet-editor Ek kan net namens myself praat – herstel tog groot asseblief die tuisblad sodat mens die nuwe inskrywings sien, van die nuutste af verderaan tot waar mens laas keer opgehou lees het, m.a.w. ek wil bitterlik graag die ou orde terughe, dit kan tog nie so ingewikkeld wees om te verstaan nie??

  5. Probeer julle die bloggers wegjaag met hierdie deurmekaarspul op julle webwerf? Indien so dink ek slaag julle!

  6. Ek dink dis ‘n baie goeie video,maar mens sal jou geskiedenis moet ken as jy dit wil verstaan.
    Naomi,ons sukkel nog steeds met die blogshoofblad,wat elke kommentaar ook gee.Dan moet mens lank rondspeel om die blogs uit te snuffel.

  7. Ons wil regtig nie die kommentare op die voorblad sien nie, asseblief! Die meeste van ons kom hier inloer wanneer ons ‘n tydjie het en as jy dan nog moet rondkrap soos ‘n hoender op soek na mieliepitte, draai jy maklik kort-om.Wie se idee was dit, of is dit net ‘n glipsie? Die IT-ouens is gewoonlik boffins, hoe sukkel hulle so? Dit sal so jammer wees as mense ophou blog omdat die ruimtetjie net onvriendeliker word.

  8. Hallo almal, ek hoor julle hard en duidelik. Almal wil graag die ou orde terughê: bloginskrywings aangedui sien, en nie kommentare nie. Ek gee weer die boodskap deur aan die mense wat dit kan verander. Ek gesels elke dag met hulle en hoop dinge kom gou reg. Groete, NM

    • More Naomi,

      dankie dat jy laat hoor van jou.

      Dit neem darem effe lank nê…? Hoe op aarde kan n paar bug fixes en verstellings dae indien nie weke neem nie..?

Leave a Reply