Rots, ballon en liriek

February 13, 2014 in Geen Kategorie

Sommige van julle het gedink ek het verdwyn, klink dit my.

Hier is ek:

Dit lyk ligsinnig om die verdwyning so letterlik te interpreteer. Jammer daaroor. Ek sien baie van julle het ook verdwyn en weer verskyn. Waarom sekere avatars die kuberruim in vertrek het sonder om te groet, weet ek nou nog nie. Mens raak geheg aan die goed. Hulle is soos portrette teen mure. Daarsonder voel ‘n plek klinies, soos ‘n teatersaal. Hang maar weer op, asseblief.

Figuurlik gesproke, waar ek was?

Ek pleit versagtende omstandighede. Hierdie was waarmee ek besig was die afgelope tyd, ‘n visuele voorstelling:

Voel elkeen van julle daar is genoeg ure in elke dag? Die jaar raak nou eers aan Valentynsdag, maar kyk hoe het die e-posse in die inboks handuit geruk, kyk wat verwag die kinders se onderwysers alles. Ek het elke versoek gehoor. Maar soms om ‘n draai. Soms hoor ek net ‘n verwyt en dan moet ek erken dat ek voel of ek net in ‘n dowwe spieël kyk. Of buite die kring staan. Soms voel ek bespreek en nie of mense met my praat nie.

Ek het wel ook baie privaat-e-posse ontvang en dit ook agter die skerms hanteer. Ek was soms moedeloos, moet ek erken, omdat hier soveel genot en vreugde en lekkerte op hierdie ruimte gebeur. Maar omdat daar mense hier is wat met mekaar baklei sonder dat ek altyd weet waar die rusie ontstaan het. Ek weet hier is rusies wat jare en jare lank al voortduur, soos in ‘n langtermyn huwelik, die slegte soort. Dis vir my jammer dat daar net een of twee individue is wat hierdie diepliggende probleme met mekaar het en dan op die blogruimte verkondig dat die ruimte hulle nie aanstaan nie, terwyl dit handel oor ander ysberge wat onder die water se oppervlak, buite almal se sig is. My boodskap is en bly dat almal welkom is op LitNet se blogruimte. As jy egter voel hier is ‘n negatiwiteit te bespeur van een of twee individue spesifiek, wil ek graag vra of julle dit asseblief privaat kan uitsorteer. Of net van mekaar se terrein wegbly.

Ek het al bloginskrywings hier gelees en gedink dat hierdie ruimte die onmoontlike kan vermag. Nog ‘n visuele voorstelling, erkenning aan Pixar en dié fliek:

Ek weet daar is dinge wat hinder. 24.com het die afgelope tyd aan al hul blogruimtes gewerk en ek het eers daarvan verneem die dag toe ons die eerste keer so gesukkel het met van-lyn-af-wees. Ek kon nie waarsku nie.

Ek het nou vanuit alle oorde verneem dat die tuisblad en die webwerfwye aktiwiteit wat nou aangedui word in plaas van nuwe bloginskrywings, erg hinder. Ek het vir 24.com gevra om asseblief die tuisblad te verander soos dit was. Ek self kan dit ongelukkig nie doen nie, omdat ek net oor gedeeltelike toegangsregte agter die skerms van die blad beskik. Ek belowe ek sal julle laat wanneer ek terugvoer gekry het.

Ondertussen is dit in almal van ons se hande hoe ons bou aan wat ons het. Elke inskrywing, elke menseverhouding. Ons almal, elkeen agter elke sigbare of onsigbare avatar, is mense. Sal mens vandag iets positiefs skep? En, voor die opbeurende lied uit die tagtigs wat ek graag as vandag se temalied wil voorstel, wil ek versoek om my asseblief met direkte versoeke te nader. As ek ‘n emosie hoor (“ek is ongelukkig”) kan ek ‘n vertroostende oor aanbied. Maar ek kan nie ‘n probleem help oplos nie. Vertel my wat pla, ek sal kyk of ek kan verander aan my kant. As ek nie kan nie, vra ek 24.com. Maar ‘n verwyt bring niemand êrens nie en dit verander niks van die verlede of die toekoms nie.

Op daardie noot, en sommer in die lig van die kommersiële dag wat môre is, hef aan:

And we can build this thing together, stand this storm forever …

Groete, Naomi M

14 responses to Rots, ballon en liriek

  1. Die bloggers het Litnet as blog werf lief, die dat hulle so driftig raak.
    Wat die res aanbetref, ek het my mond gehou vir weke. Exi het egter aangehou en aangehou. Dit is bloot menslik om keelvol te raak. Vra maar vir Maryna, Twaksak, Annesu de Vos ens….
    Snaaks hoedat daar ‘n handvol aan die een kant van die lyn staan, en ‘n ‘lone ranger’ aan die ander, of hoe?
    Ons wil net blog, sonder die selfopgelegde moraliteits polisie wat ongevraag mense links en regs veroordeel. Gaan maak gerus ‘n draai by Twaksak se blog..ek is al ‘n paar choice goed toegesnou deur die jare, maar as iemand dit vir my sou sê dan sou ek weet dat die persoon besig is om die plot byster te raak 🙁

    • @litnet-editor : daar is net ‘n klein groepie bloggers hier wat in ‘n spotterkring op ‘n leedvermakerige wyse saam sit en konkel en valse getuienis teenoor sekere van hul naaste medebloggers mag spreek .

      Dankie vir die teugvoer. Dit maak sin. Maar ek is ook een wat graag die ou formaat voorblad wil terughe^ as ons mag .

      Ek sou ook graag 25 uur Bar One dae wou gehad het, maar ek weet nou al reeds ek sal steeds nie alles daarin afhandel kry wat my daagliks op gele^ word nie 🙂

  2. Baie dankie vir die terugvoer.Ons het regtig begin voel of ons in die duisternis rondtas.Ons wag geduldig op die herstel van die blogshoofblad en die avatar-kwessie.

  3. Baie dankie Ek het vanoggend gedink ons moet ‘n soekgeselskap op die been bring want jy het dalk in die blogduisternis verdwaal!

  4. Dankie, dat ons darem so iets wyser geword het. Het so gesukkel met die Avatar en daar het hy hom sowaar, dwars gaan plak, maar iemand sal seker kan help.

  5. Dankie. Sela. En amen.

  6. Die gewone ou voorblad het verdwyn…tenminste is jy gekry.

  7. Hei, Naomi, baie bly om te hoor dat die ou hoofblad dalk herstel kan word – ek sukkel om by verandering aan te pas en die ou formaat was vir my gerieflik, want mens kon met ‘n oogopslag sien of jy verder wil lees. Soms skrik ek oor hoe belangrik Litnet se blogs en die mense daar vir my is!

  8. ek is al ‘n rukkie tus hierso en heel happy, ignorer die klein jakkalsies en doe so voort

Leave a Reply