Het jy ‘n navraag waarvan die LitNet-bestuur moet kennisneem?

November 8, 2013 in Geen Kategorie

Hallo bloggers

Ek sien hier verskyn nuwe bloginskrywings deur ‘n paar van julle omtrent navrae wat die LitNet-blogadministrateur nie beantwoord nie. Ek sal graag enige navraag beantwoord as ek daarvan weet, so mag ek versoek dat as daar iets dringends is, julle vir my ‘n direkte e-pos stuur na naomimeyer@litnet.co.za? Ek sal graag help. Die ruimte LitNet bestaan wel uit baie kamers, so soms is ek dalk besig om aandag te gee aan ‘n kwessie elders, soos dit mos maar by mens se werk gaan.

Ek is ook besig om stelselmatig te kyk na al die versoeke oor hoe om die ruimte te verbeter en sal julle laat weet wat nog hier gedoen kan word (soos die Facebook-like-funksie, of die moontlikheid om in te teken op mekaar se blogs). Ek hou julle op hoogte.

Groete, Naomi Meyer

9 responses to Het jy ‘n navraag waarvan die LitNet-bestuur moet kennisneem?

  1. Ooooo nou voel ek baie skuldig want ek het sommer gevra met kommentaar by die ‘Stem blog’. Jy moet my maar verskoon, maar jy is die enigste belangrike persoon wie se naam ek ken wat ek sommer hier kan rondgooi. 😆

    Ons weet jy het baie ander werk en het die hele verlede week aan ons afgestaan – ons sal probeer om geduldig te wag.
    Lekker naweek

  2. Ek het ‘n bondige besigheidsplan voorgestel daar op my binnekamer se deurmekaar lessenaar, wat deur die medebloggers wat daar kommentaar gelewer het afgemaak is as ‘n lagwekkende verbeeldingsvlug . 🙂

    Om kortpad te vat , deur by enige blogplasing dit ook as @litnet-editor te merk, bring blykbaar nie die skrywe onder jou en julle as bestuur se aandag nie ?

    Meelewende bloggroete,

    exionperfexi.

    ns. ek stuur en ontvang meesal uit beginsel nie sommer enige privaatboodskappe op hierdie werf via ondergrondse kanale nie . 🙂

  3. So ook die rating (sterretjie) funksie

    Ek het gaan lees op die wordpress support blad en die ‘like’ en ‘rating’ funksies is widget wat gelaai word, maar sienende ons nie met volle WP platvorm sit nie kan onsself dit nie doen nie en support in die agtergrond moet die widgets laai vir ons gebruik

  4. Ja, ek het ‘n pos uitgewerk met links (meetal na youtube), maar ek kry dit nie gepos met links nie. Met ander woorde ek kry dit nie so dat iemand daarop kliek en dan na link gaan nie. As ek dit vir jou stuur kan jy dit doen?

  5. My Avatar het verander en ek kry dit nie terugverander na die avatar wat ek voorheen gehad het nie. Ek wil nie my eie foto ophe. Gee asseblief raad?

  6. Naomi

    Die veranderings aangebring aan die blogs gister het die frontpage waar ons kan sien watter blogs is nuut of watter nuwe post is geplaas heeltemal deurmekaar nou.

    Dit gee RSS read van elke aktiwiteit…webwye. dit is eintlik die aktiwiteitsblad se goed wat daar display word.

    So tussen deur alles moet ‘n mens nou probeer soek na nuwe post

    Kan julle net weer die tuisblad verander na standard en nie RSS view nie

    Byvoorbaat dankie

Leave a Reply