LitNet se blogruimte

October 31, 2013 in Geen Kategorie

Hallo bloggers

Ek het baie reaksie en privaat-e-posse ontvang weens die bloginskrywing wat ek gister geskryf het. Dis vir my duidelik dat die blogruimte vir 99.9% van mense wat hier blog, ‘n lekker plek is. Hier gebeur kreatiewe dinge. Mense se woorde laat mekaar dink of saampraat. Openlike kommunikasie is vir julle belangrik. Julle wil ook graag die funksie behou om vir mekaar privaatboodskappe te stuur. Daar was ook ander voorstelle om die blogervaring by LitNet te verbeter. Ek sal dit alles ondersoek en mettertyd terugvoer gee.

Prakties, vir die handvol mense wat voel dat hier ‘n blogger of twee is wat mekaar slegsê: As hier openlik op LitNet se blogforum lasterlike bloginskrywings plaasvind, sal ek dit baie waardeer as enigiemand wat dit lees, vir my ‘n boodskap sal stuur met ‘n skakel na die betrokke bloginskrywing. Jy kan ‘n boodskap stuur na naomimeyer@litnet.co.za. ‘n Blogger wat ‘n ander blogger op LitNet se blogruimte beledig of laster of wat ‘n ander blogger hier se naam swartsmeer, is nie welkom nie. Daardie blogger en sy of haar bloginskrywings sal permanent verwyder word. As daar ‘n geveg agter die skerms plaasvind wat niemand anders kan sien nie, behalwe julle twee, versoek ek julle asseblief om dit privaat te hanteer. Dink aan ‘n geveg op ‘n speelgrond by ‘n skool vs ‘n geveg buite die skoolgronde. Ons by LitNet kan slegs verantwoordelikheid aanvaar vir materiaal wat op ons blogruimte geplaas word. As daardie materiaal egter lasterlik is, sal die betrokke blogger of bloggers nooit weer by LitNet mag blog nie. Want hierdie blogruimte is soos daardie ou sitcom van jare en jare gelede, “where everybody knows your name (and they’re always glad you came)”.

Klink dit te gemoedelik? Vriende kan mekaar ook soms aanvat. Rusies is normaal. Menseverhoudinge is morsig. Maar voortslepende onaangenaamheid waarby onskuldige partye betrek word wat niks daarmee te doen het nie, gaan nie geduld word nie. Laat my weet wat ek nie raaksien nie, asseblief, sodat ek kan optree.

Dankie vir elke kreatiewe bloginskrywing, vir die uitdagings wat hier voortgaan, vir mense wat met hul woorde na mekaar uitreik en mekaar se lewens verryk.

Groete, Naomi M

21 responses to LitNet se blogruimte

  1. Ek is gister ‘n “kinderagtige stuk gemors wat moeilikheid stook” op Litnet blogs genoem omdat ek as vrou, durf opstaan teen teistering:

    http://blogs.litnet.co.za/skeletor

    Gaan jy iets daaraan doen? Ons is bekende, professionele mense wat baie boeklesings bywoon, en dit is onaanvaarbaar. Ek het die situasie aan die blogger, wat ek van geen kant af ken nie, verduidelik, en hom ‘n rede vir hierdie uitlating gevra, wat hy net gebruik het om my verder te verneder.

    Gaan jy iets daaraan doen? @litnet-editor

  2. HAT 1979 : las’ ter s.nw. Eerskennis, onware kwaadsprekery; belediging van iemand sonder om bewys van die waarheid te lewer en teen beterwete in . ww. Beledig, hoon / iemand se eer, goeie naam skend; in stryd met die waarheid kwaadspreek.

    Baie dankie Naomi vir hierdie pragtige en effektiewe inisiatief . Dankie dat ons bloggers met jou via jou e-pos kan gesels sou sulke ongeruimthede weer hier opduik.

    Ek vertrou en wil graag glo dat jou INBOX nie te gou sal volraak met sulke aanmeldings nie .

    Ons kan waarskynlik ook haatspraak by die rede vir aanmelding en skorsing voeg ?

    Sal die oortreder, voor finale blokkering om ooit weer op litnetblogs as blogger plasings te doen, darem ‘n waarskuwing en duidelike verduideliking ontvang, voordat die elektroniese stoel waarin hy/sy sitgemaak gaan word geaktiveer word ? 🙂

    Ek wil net graag hier ook voorstel dat die funksie, wat ‘n ontvanger van ‘n kommentaar in staat stel om sulke kommentaar te redigeer in ‘n modereringsproses soos dit tans die geval is, uitgeprogrammeer word in hierdie WordPress program . Heel ander woorde en bedoelings kan so’ in enige kommentator se mond gele^ word , met vanselfsprekende katastrofiese gevolge !

    Ai, dit voel nou so lekker om te weet dat ons die LitNetBlogWebWerf uiteindelik so sal kan gebruik om maar net ons heerlike kreatiwiteit hier te mag uitleef .

    Mwah ! 🙂

    • @exionperfexi, ek sal vir die een wat aangekla word van laster laat weet wat die omstandighede is. Ek is bevrees ek kan nie iets aan die modereringsfunksie doen nie. As iemand vrees dat sy of haar woorde deur ‘n ander blogger modereer of omvorm gaan word, moet dan liefs nie daar kommentaar lewer nie. Groete!

  3. Baie dankie! Nou wag ons net vir jou om ‘n diep letterkundige blog te skryf vir die uitdaging … (as jy nie weet nie – dis HOUT die week) Of jy kan ‘n resensie skryf van @lora2me se pragtige skrywe!

  4. Dis goed dat die bloggers nou weer rustiger kan wees. Die forum moet steeds vry bly – dis die belangrikste.

  5. Naomi ek sien net dat verskeie bloggers kla oor die funksie waar jy kliek op foto’s om dit te vergroot.My rekenaar word so dof en hang dan heeltemal op.Klarissabet en Danie Coetsee het dieselfde probleem.Doen ons iets verkeerd?

Leave a Reply