Stemdag (vir LitNet-bloggers)

October 30, 2013 in Geen Kategorie

Hallo LitNet-bloggers

Wat vang mense alles op die internet aan?

‘n Ruk gelede was daar ‘n meisie wat haar werk bedank het deur vir haar werkgewer op YouTube ‘n video te maak:

Wat op aarde gaan nou gebeur? Het mense by my eie werk, wat die video gesien het, gewonder. Nou het sy haar toekoms vernietig. Haar werkgewer sal seker woedend wees. Maar kyk wat maak hy toe:

Verrassend.

Gepraat van verrassings, hier is nog ‘n video met ‘n konsertpianis wat glo verras was omdat die orkes die verkeerde stuk musiek begin speel het. Maar sy het die situasie goed hanteer.

‘n Laaste YouTube-video, oor nog ‘n situasie wat verfrissend omgedraai is, is dié een:

Dis vir my duidelik dat mense op die internet doen wat ander mense ráák. Van Facebook hoef ek nie eens te begin praat nie. Hier is ‘n magdom voorbeelde, want hier is mense se ego’s gekoppel aan elke inskrywing.

Die afgelope tyd is dit vir my sigbaar dat hier mense is wat ongelukkig is met hoe sekere bloggers teenoor hulle optree. Veral twee bloggers gesels al ‘n geruime tyd agter die skerms met my oor mekaar.

LitNet se blogs het WordPress toe geskuif sodat elke blogger groter seggenskap kan kry oor sy eie blogruimte. Geen kommentaar wat gelewer word, hoef sigbaar gemerk te word tensy jy dit self kies nie. Maar dit klink vir my daar is ongelukkigheid dat daar steeds deur middel van privaat-e-posse vir mekaar boodskappe gestuur kan word, soms van beledigende aard. Een oplossing van my kant af sou wees dat ek as blog-administrateur die moontlikheid om privaat-boodskappe onderling te stuur, toemaak. Dis moontlik om dit te doen. Dan bly slegs die funksie van kommentare oor en daardie kommentare kan elk dan kies om lewendig te merk of nie.

Sal julle dus vir my kan laat weet wat julle verkies? As julle wil hê alles moet bly soos dit is, hoef ek niks te hoor nie. As julle verkies dat iets moet verander en julle het selfs voorstelle van wat julle verander wil hê om die blogruimte beter te laat verloop vir almal wat hier doenig is, stuur asseblief vir my ‘n privaatboodskap. Na hierdie adres: naomimeyer@litnet.co.za.

Laat ons mekaar se lewens verryk, mag ons ook situasies verrassend omkeer as dit nodig is, net soos wat sommige van die mense hierbo deur middel van hul YouTube-video’s gedoen het.

Groete, Naomi M

14 responses to Stemdag (vir LitNet-bloggers)

  1. Baie dankie vir die geleentheid.
    Ek wil graag voorstel dat ons van WP se ‘like’ funksie sou gebruik maak – dit beteken dat die blogger jou wel gelees het maar nie eintlik kommentaar wil lewer nie.
    Ook ‘n direkte skakel na FB sou lekker wees.
    ‘n Ster evaluering sou ook regtig lekker wees.
    Om te vra vir nog temas maak seker die lysie heeltemal te lank?

    Baie dankie by voorbaat.

  2. @litnet-editor

    Aangesien daar geen adres by is nie, antwoord ek hier. Dit wil voorkom asof jy nie die probleem volkome verstaan nie. Ek en verskeie ander vroulike bloggers, waarvan ek bewyse het, word al jare deur Exionperfexi (wat onder verskeie skuilname geblog het en steeds blog), geteister. Keur jy teistering en rassistiese uitlatings goed? Jy gaan moet bontstaan om te verduidelik hoekom jy niks aan die klagtes oor hom gedoen het nie. Hy maak hom skuldig aan krimineel vervolgbare gedrag en ‘n klagte is reeds by die SAHRC ingedien.
    Persoonlik het ek nog geen boodskappe of kommentaar aan hom gestuur nie. Al wat ek wou hê is dat hy sy teistering staak. Geen verdere kommentare of beledigings omdat ek sy agterlike, smerige kommentaar op my blog, al meer as ‘n jaar gelede! geblok het nie. Dit is my reg as vrou en mens om lastige, vernederende kommentaar en boodskappe van bekruipers te blok.

    Om ander bloggers se reeds beperkte voordele nog verder in te wil perk, is bloot stiksienig en onregverdig. Ek is baie teleurgesteld in jou hantering van hierdie probleem, asof dit sommer ‘n nietigheid is. Dit is ‘n baie ernstige aangeleentheid.

    Maryna

  3. Stunning inskrywing Naomi !

  4. om die privaat boodskappe te stop sal geen doel dien nie, die mense het mekaar se pvt e-pos adresse.
    Waarom twee mense so onvolwasse optree, gaan my verstand te bowe en versuur die hele blog (die bietjie wat oorgebly het).
    Hoekom die een opsluit ook sy onwelkome eier op die ander se blog wil lê, verstaan ek nie. Die beledigings is egter besig om hand uit te ruk en ek is net dankbaar ek is nie in jou skoene om te besluit hoe om die saak te hanteer nie.
    Omkeer? Hoop van harte jy kry dit reg
    Die stelsel wou nie die epos adres erken nie, en ek kan seker maar net sowel hier my opinie lug

  5. Hallo almal, baie dankie vir die oorweldigend baie reaksies, ook privaat. Ek sal niks doen om ‘n onaangename situasie vir al die bloggers te skep en kommunikasie te smoor as niemand dit so verkies nie. Om te laster is natuurlik ‘n baie ernstige aangeleentheid en as daar in ‘n bloginskrywing iets opduik wat nodig is om onder my aandag te bring, laat my asseblief privaat weet – by naomimeyer@litnet.co.za. Ek sal daardie persoon aankla en hy of sy sal nie verder hier blog nie. Dankie vir elke kreatiewe bydrae. Groete, Naomi M

  6. @litnet-editor

    Naomi, ek sal maar eerder jou privaat op jou vermelde e-pos ook moet betrek ivm die kwetsende onuithoubare situasie wat in hierdie speelvertrek ontwikkel het , want ek het ook tot op hede nagelaat om so privaat met jou te praat oor die aangeleentheid .

    Hier op die openbare kennisgewingbord wil ek net ook my wens uitspreek dat die wat via die blogs met mekaar in gesprekke wil tree dmv privaatboodskappe hulle steeds die kommunikasiekanaal moet kan gebruik . As daar diegene is wat via SKYPE en watter ander wyse ookal met mekaar wil gesels moet hulle ook vry en vrymoedig wees om dit te doen. En die wat wil MOB , laat hulle georganiseerde kuiers reel na gelang die behoefte dalk daarvoor ontstaan.

    Daar is ‘n sterk mootlikheid dat Maryna en haar man van ander ( ‘n ) rolspeler(s) smerige privaat boodskappe ontvang , want DIT IS NIE EK WAT DIT AANSTUUR NIE . Ek het nog nooit en sal ook nie enige private boodskappe aan haar versend nie . Ek het sedert ek geblok is om kommentaar op haar plasings te lewer soms op my eie blog sekere van my eie standpunte met verwysing na haar plasings uitgelig. EK IS NIE BEWUS DAT EK SMERIGE KOMMENTARE ENIGE PLEK GELAAT HET NIE.

    Ek weet ek is vir seker verwar met ene @asem ( aan my wind ) asof sy ek is wat onder ‘n haar logo blog .

    Oor die nuutste kwessie dat ek kwansuis ‘n rassis is : dit staan jou en die litnetbestuur vry om al my plasings in die argiewe en my kommentare wat wel ook op die aktiwiteitsblad al hier verskyn het na te gaan en my daaroor te repudieer as julle dit nodig ag , of wat ook al .

    Ja, ek is ook nie aldag dik van die lag oor die politieke situasie in hierdie Anzania nie en ek gee dit soms sonder om doeke om te draai dan ook so te kenne , maar RASSISTIES IS EK NIE .

    Ek, stuur jou more dan weer ten einde laas ‘n privaat kort en kragtiger boodskap …

    groetevrinnelik,

    @exionperfexi

  7. Aaaah! Ek het daai Pires video nou SO geniet! Heel toevallig, het ek haar net laasweek “ontdek”…ek het op Deezer sit en luister na klomp verskillende opnames van ‘n spesifieke klavierkonsert waaroor ek ‘n “ding” het… ek het na ‘n iets besonder in die vertolking gesoek, gebaseer op die “gevoel” wat ek gekry het toe ek dit die eerste keer gehoor het (baie subjektief (-;) wat ek toe na omtrent vyf verskillende luisters, uiteiendelik in haar vertolking gekry het. Maar ek het nie regtig op Youtube gaan kyk hoe lyk die pianis nie. Nou weet ek ook (-;

  8. Een van die probleme met privaatheidskending mag dalk die feit wees dat bloggers se e-posadresse by hul kommentaar op medebloggers se bydraes verskyn (in die “comments” deel waarop ‘n blogger kommentaar aanvaar of verwerp) . Dit maak dit baie maklik om die persoon op te spoor en dalk te teister.

  9. En na ek nou eers die video gedeel het met die ontluikende pianis in hierdie huis, en sy my gevra het “Huil Ma nou?” toe ek ek die Landfill ene kyk…het ek onvermydelik net ook nodig om my “kreatiewe bydrae” te lewer…sal dit op my blog sit want ek wil prentjies teken…

  10. Privaat boodskappe moet bly. Dis soms handig. Ek sekondeer @tina10 se lysie, en vraa ook ‘n blok funksie wat werk – sodat as ek jou geblok het, jy nie eers my inskrywings kan lees, en niks na my kan stuur nie.

    So iets sou die moeilikheid tussen exi en maryna heeltemal verhoed het.

  11. Ek voel skoon uit die loep. Ek is vandag diep hartseer. Ek wil nie meer op die aarde bly nie. Mense wat mekaar so seer maak asof dit niks is nie. Dat iets wat lekker moet wees so gekompliseer word dat jy eers ‘n graad moet gaan kry by UNISA. Ek sukkel om nog al die nuwe dinge hier te leer ken en dan praat julle van weer goed verander.

    Mense verstaan ek gaan nie altyd saam stem nie. Ek is groot geword met die leuse. As jy nie iets goed van iemand kan sê nie bly eerder stil.

  12. Dit nog altyd my reg om kommentare ‘af te keur’ . . .ek leer nog al die dinge, maar daai ding die ken ek reeds goed! Dankie dat daar iemand is wat na die bekommernisse luister!

Leave a Reply