Wil jy sien hoeveel mense lees jou bloginskrywings?

July 29, 2013 in Geen Kategorie

Hallo LitNet-bloggers

Hier was die afgelope tyd baie versoeke van bloggers wat wou sien hoeveel mense lees hulle inskrywings. Almal het gevra hoe kan hulle ‘n teller op hul blogs aanbring. By nadere ondersoek is dit nou duidelik wat die probleem was: dis nie moontlik vir individue om self die blogteller op te stel nie. Die blogplatform is nooit so opgestel nie. Dis wel moontlik vir my, as blogadministrateur, om die teller namens individuele bloggers op te stel. So lyk die tellertjie (dit lê onderaan my blog in die regterkantste kolom):

Diegene wat belangstel om ook so ‘n teller op hul blogs aangebring wil hê, kan vir my ‘n e-pos stuur dat ek dit op die individuele blogs aanbring.

Stuur vir my e-pos na naomimeyer@litnet.co.za. Ek sal aan elke e-pos aandag gee en die tellers aanbring so gou dit menslik moontlik is.

Baie dankie, groete, Naomi M

4 responses to Wil jy sien hoeveel mense lees jou bloginskrywings?

  1. Ek dink dit gaan baie minder wees as wat ek sou verkies..maar ek stuur die mail.

  2. @litnet-editor : 🙂 Ek dink nie ek sal van die vriendelike uitnodiging gebruik maak op die stadium nie . Baie dankie , Naomi .

    Ek glo ook nie dat ek enige skoppe daaruit sal kry om te weet hoeveel medebloggers my blogplasings lees nie .

    Miskien as die Teller kan aandui WIE die bloggers is wat op my blogplasings inslaan ( hit ?) – want dan kan ek mos ten minste versierde Kerskaartjies stuur aan al diegene wat my goeters lees, maar nooit daarop positiewe of negatiewe kommentaar lewer nie.

    Hoe akkuraat sou so teller wees ? Tel dit nie maar alle HITs wat plaasvind nie, ook die wat jyself dalk op jou eie blog moet doen om meer as een keer plasings te redigeer en ook om ander se kommentare te modereer ?

  3. Die Blog Traffic is dit almal se stats of is dit net joune?

  4. nee wat, die anc het die meeste votes en kyk watse kak jag hulle aan – less is more!

Leave a Reply