As jy nie kan blog nie, stuur vir my ‘n e-pos

May 27, 2013 in Geen Kategorie

Soos ek ‘n ruk gelede laat weet het, het ek ter harte geneem hier is ‘n lastige situasie wat hom op die LitNet-blogs voordoen: hier’s spammers wat suksesvol registreer – en terselfdertyd legitieme bloggers wat dit nie kan regkry om te blog nie omdat die sisteem julle pad versper.

Hier’s my plan:

a) Ek verwyder die spammers. Daar’s reeds minder van hulle, hoop ek kan julle sien.
b) Ek moet vasstel hoeveel bloggers wat vantevore suksesvol geblog het, sukkel om nou te kan blog. Wil almal wat hiermee sukkel, nie asseblief vir my ‘n private e-pos stuur na my LitNet-adres sodat ek elke individuele blogger se saak afsonderlik kan uitsorteer nie? My adres is: naomimeyer@litnet.co.za.

Groete, Naomi M

11 responses to As jy nie kan blog nie, stuur vir my ‘n e-pos

  1. Reg het epos aangestuur vir die paar wat ek van weet

  2. Hi Naomi
    Ek het baie lanklaas geblog, en toe ek ‘n paar weer gelede wel weer wou, kon ek nie my blog opspoor nie. Vanaand vir iets anders gesoek, en voila! Daar’s dit toe al die tyd nog. Ek wil graag weer gereeld blog. Maar nou wys dit “geen aktiwiteit”, hoewel ek die blog kan lees. Hoe gemaak?
    Asseblief en dankie!
    Groete,
    ilse

    • @ilsesalzwedel, ek het jou blog getoets. Jy sal ‘n nuwe inskrywing kan maak deur jou blog te besoek: http://blogs.litnet.co.za/members/ilsesalzwedel/ en bo in die swart nutsbalk op die woord +Nuut te klik. Klik dan op “inskrywing”, wat die heel eerste woord is wat op die kieslys onder “+Nuut” oopvou. Jy is nou gereed om ‘n nuwe bloginskrywing by jou blog te voeg. Gaan kyk gou of dit werk en laat my weet? Groete, hoop om gou ‘n nuwe inskrywing van jou te lees! Naomi M

  3. 31 Mei 1961 Republiek dag.
    Vandag 52 jaar gelede.
    Wie herdenk vandag nog?

  4. Hi Naomi, ek het ‘n inskrywing geplaas, In ‘n Staat van Emeritaat, dit verskyn nie, maar in die balkie van my voorlaaste inskrywing verskyn die titel In ‘n staat….Ek kan ook nog steeds nie fotos plaas nie. help asb!

    • Hallo @pasella, ek het na jou bloginskrywing gaan kyk om te sien wat jy bedoel, maar sien nĂªrens die titel “in ‘n staat …” nie. Het jy die gewone roete gevolg: nuwe inskrywing > publiseer? Kyk gou eers of jy daarmee regkom. Om foto’s te plaas, moet jy boaan die blok waar jy jou bloginskrywing doen, klik op “upload/insert”. Laat my weet of jy sukses behaal, asseblief. Groete, Naomi M

Leave a Reply