‘n Protea om dankie te sê

November 20, 2012 in Geen Kategorie

Wat kan alles in ‘n maand gebeur? Mens kan ‘n roman skryf, as mens NaNoWriMo glo.

(Maar is dit wáár? Komaan, was julle vuil wasgoed en hang dit hier aan die draad op vir almal om te sien. Het julle dit probeer? En is dit regtig moontlik om te gaan sit en ‘n roman te begin skryf op ‘n dag as mens jou oë oopmaak sonder dat jy vooraf ‘n idee gehad wat gebroei het? En dan, binne ‘n maand, is jy klaar? Wie het dit al probeer?)

‘n Land kan ‘n mens moedeloos maak. Mense kan so gefrustreerd en kwaad raak oor niks deur die loop van generasies verander het nie, dat hulle groot ekonomiese skade aanrig. Wag ‘n bietjie, dit kan binne ‘n kwessie van ‘n week gebeur …

Wat kan binne ‘n maand gebeur? Kersversierings kan in die winkels verskyn. Sneeuvlokkies in die dak met die somerson daarbuite. Verhoudings kan sneuwel. Of opvlam!

LitNet se blogs word nou al ‘n maand lank op WordPress gehuisves. Die afgelope maand het ek klomp stories hier gelees en betrokke geraak by die gemeenskap.

Daar is baie dinge om nog uit te sorteer. Dit lyk my daar is ‘n beperking op spasie (100 megabytes per blog), maar geen beperking op die hoeveelheid blogs per blogger nie. As jou blog ooit vol raak, open net ‘n nuwe een. Ons probeer nog vasstel wat dit ons sal kos om die spasie te vergroot.

Laat my weet wat julle die meeste pla; ek antwoord die navrae so gou ek kan.

Baie dankie aan almal wat raad gegee en almal gehelp touwys maak het. In die besonder wil ek vir Zeppie uitsonder. Agter die skerms het baie mense na hom verwys as ‘n blogger wat groot moeite doen om handige wenke beskikbaar te stel. Ek het al (darem met sy toestemming) van sy blogs gesteel en met almal gedeel.

Toe ek Vrydag ‘n stapel kinderboeke van Protea ontvang om op die blogruimte weg te gee, het ek sommer impulsief gesê kom ons gee dit vir hom om dankie te sê. Dalk is daar kinders in sy lewe.

Hierdie is die boeke (elkeen van die boekomslae skakel deur na Kalahari.com vir nog besonderhede oor die boeke) en ‘n groot dankie aan Protea wat dit aan ons geskenk het om vir ons lesers weg te gee:

En toe laat weet Zeppie my eintlik sal hy dit eerder wil skenk aan ‘n plek wat dit regtig nodig het: hartieshaven.org

Zeppie het ‘n bloggroep vir hulle gestig.

Vriende van Harties Haven.

Kan julle demokraties laat weet of LitNet maar hierdie lekker boeke vir hulle kan skenk?

Ek stem daarvoor dat Harties Haven die boeke moet kry (ek beklemtoon dat ek nie namens LitNet praat nie, sommer in persoonlike hoedanigheid).

Dalk is ek ook beïnvloed deur ‘n YouTube-video wat ek vanoggend gesien het. Miskien het die stakings van die plaaswerkers dit alles gesneller. Om die onderwys te takel, kan ‘n goeie plek wees.

Miskien het ons nie eens ‘n maand nodig om ‘n verskil te maak nie. Al is dit net ‘n klein verskil, hoe klink ‘n oogwenk? Groete, Naomi

16 responses to ‘n Protea om dankie te sê

  1. Wonderlike idee. Ek het ‘n sagte hart waar kinders betrokke is en boeke is my obsessiewe lekkerkry. Niemand mag die genot van boeke ontneem word nie. Nou moet ons net iemand kry om dit vir die kinders wat te klein is, voor te lees … op ‘n moederlike of vaderlike skoot. Zeppie vir president – dit klink mos asof hy die enigste Z is wat dit goed sal kan doen en altruisties is!!

  2. @litnet-editor : mens kan seker die konsep van ‘n roman uitdink in ‘n sekonde, maar ek dink nie dit sal binne ‘n maand geskryf kan word nie.

    Ek sekondeer die kinderleesboekgekenkpak aan ZEPPIE wat dit aan Harties Haven wil oorgee . Hy verdien dit ….en meer , PLUS hy verjaar vandag .

    Sluit die 100MB per Blog ook die kommentare onder die inskrywings in , wonder ek ??? – dan sal ek sweerlik ook maar ‘n hele paar b(L)oggers van nou af moet BLOK om by my hul menings te laat !

    en ek sal voorts net een ou Haikoekie per maand as blogplasing laat deurgaan, om lank onder my huidige avatar te kan aanhou blog ?

  3. Hier is al heelwat gepraat van harties haven op die litnet blog. dink nie hy kon ‘n beter keuse maak nie

  4. Zeppie verjaar vandag.
    Dis ‘n gawe idee om die boeke weg te gee, maar miskien moet ons tog ‘n plan maak om vir hom iets van tasbare waarde te gee, want sonder hom sou die werf nie oorleef het nie

  5. Zeppie is ‘n man met ‘n (goeie)plan.
    Ek hou al meer van die nuwe blogspasie, en een van die grootste redes, is die aktiewe betrokkenheid van die redaksie – spesifiek jou ‘nuwe’-tipe lekkergeskryfde bydraes. Dit gee die ruimte ‘hart’ dit stel soortvan ‘n standaard. Dankie!

  6. Stem in ‘n oogwink

  7. @litnet-editor : interessante stats. wat in die video gereflekteer word ~ maar waar gaan die geld vir plakkerskampe soos Nkandla vandaan kom as dit gebruik word om die basiese infrastruktuur vir gelyke gehalte onderwys te standaardiseer ?

  8. Ek dink dit is ‘n uitstekende idee. Zepp
    ie is die beste, besigste blogger hier.

  9. Stem vir Zeppie se voorstel.

  10. Maar natuurlik vanselfsprekend – ‘n pragtige gebaar

  11. Ek stem ook vir @zephur se voorstel! :-)

  12. Ek dink dit is ‘n eenparige besluit … Ek sal kontak maak met Hartie’s Haven en julle op hoogte hou. Groete, Naomi M

  13. @litnet-editor

    Is daar nuus oor die boeke vir Harties Haven

Leave a Reply