Weet jy hoe om as LitNet-blogger te registreer? En hoe om ‘n nuwe blog te skep?

November 13, 2012 in Geen Kategorie

Hulle sê mos skryf waarvan jy weet en skryf outentiek wat jy voel, dit mag maar ‘n emosionele outobiografie wees. Maar moenie te naby aan jou teks staan nie.

Ek en baie ander LitNet-bloggers blog nou al ‘n geruime tyd lustig voort en hier ontvang ek vandag uit die bloute ‘n e-pos: hoe registreer ek as nuwe LitNet-blogger?

Gaan na hierdie blad en klik op die blokkie wat ek (slordig) in geel omkring het.

Wanneer jy wil wegval en ‘n blog skryf, klik op die woord “inskrywing”, wat ek op op hierdie bladsy omkring het.

Groete, Naomi M

9 responses to Weet jy hoe om as LitNet-blogger te registreer? En hoe om ‘n nuwe blog te skep?

  1. Ek dink die ding van WordPress is dat jy is baie oorweldig met al die opsies wat jy nou het. En van die goed is te goed weggesteek om dit maklik te kan kry.
    Maar as jy dit eers gewoont is dan is dit nogals ‘n goeie blogging platform. Mens moet net vasbyt.

  2. As ek dit kon regkry, behoort almal dit te kan doen.

  3. Hi Ek het ‘n probleem Dit lyk of my blog vol is? Ek het nou al seker 300 foto’s delete en ‘n hele maand se blogs maar dit wys dat dit nog 100,7% vol is. Wat moet ek nou doen? Help asseblief.

  4. Ek kan nog niks laai nie … ek gaan nie nog blogs delete as dit niks help nie. Kan iemand my asseblief tog help?

    • @ts, ek sien pas jy het ‘n bloginskrywing gemaak. Kom jy reg? Groete, Naomi M

      • @litnet-editor Nee ek kan glad nie ‘n foto laai nie Ek het 300 foto’s delete en dit maak geen verskil nie. Ek kan glad nie sonder prentjies blog nie. Ek het ook probeer om ‘n nuwe blog te skep maar die boodskap was dat die e-posadres reeds gebruik word.? HELP ASSEBLIEF

        • @ts, @rewaco het met dieselfde ding gesukkel. Dis nie die inboks wat te vol is nie. Ek vermoed jy moet dalk Firefox as program gebruik om jou te help foto’s laai. Ek sal by die tegniese mense hoor wat hulle dink. Laat weet of jy regkom, asseblief, NM

          • @litnet-editor Ek gebruik al vir jare firefox Ek het al begin blog by Letterdash toe hulle die blogs oopgemaak het. Later kon ek nie meer daar inkom en het in 2010 weer een oopgemaak. Toe het ek gesien dat die foto’s van die vorige blog behoue gebly het. Die het ek toe al delete. Skuus maar dis net nie vir my logies dat as mens iets delete daar nie plek oop kom nie. Ek het ander browsers ook gebruik en dit maak nie ‘n verskil nie.

Leave a Reply