Sing ‘it uit volle bors die naweek (of maak maar net seker jy skryf)!

November 2, 2012 in Geen Kategorie

LitNet se liriekkompetisie, geborg deur Sanlam, staan kortweg bekend as Sing ‘it.

Die idee is dat jy lirieke skryf (in Afrikaans of in Engels) en dat ‘n gevestigde Suid-Afrikaanse kunstenaar of groep van jou liriek ‘n liedjie maak.

Lees nog oor dié kompetisie en stuur vir ons jou lirieke …

Klink dit nie soos lekker huiswerk oor die naweek nie?

Die ander moontlikheid is om hierdie naweek weg te spring met jou roman. Jy het reg gehoor.

Dis November en dit beteken dis National Novel Writing Month.

So, wat sal dit wees: ‘n liedjie of ‘n boek? En as jy dit nie nou doen nie, wanneer gaan jy dan?

Lekker naweek :)

Naomi M

2 responses to Sing ‘it uit volle bors die naweek (of maak maar net seker jy skryf)!

  1. Ag ok. Sal maar gou iets aanmekaar sit.

  2. Ek sien albei jou skakels wys na een plek. Ek kan egter geen inligting oor die ‘National Novel Writing Month’ kry op daardie skakel. Het ek uit die boom geval iewers ?

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>