Wil jy in kennis gestel word as iemand kommentaar lewer? En hoe voeg mens ‘n intekenblokkie op jou blog by?

November 1, 2012 in Geen Kategorie

1. Ek het ‘n spul navrae ontvang van mense wat kennisgewings wil ontvang as iemand kommentaar lewer op ‘n blog of dan weer reageer op ‘n kommentaar.

Volg hierdie roete en laat weet of dit help.

Gaan na jou persoonlike webwerwe se paneelbord. Klik op Instellings. Gaan na “Discussion”.

Kyk onder “Email me whenever …”

Die opsies bestaan uit die feit dat jy ‘n e-pos kan ontvang as iemand kommentaar lewer of as iemand se kommentaar wag om deur jou gemodereer te word.

Help dit al?

2. Om ‘n inteken- (subscriber) blokkie by te voeg, gaan na blaaie in jou paneelbord. Klik op Skep nuwe.

Maak die opskrif “inteken”.

Klik op die geel S2-blokkie.

Gaan na die heel onderste Subscribe2-blokkie

Klik op Settings

Jy verlaat die bladsy waarop jy is en rol op die bladsy waarheen jy geneem is, af tot by Enable Subscribe2 Widget. Merk Enable Subscribe2 Widget.

Klik op submit.

Gaan nou terug na jou paneelbord: na Appearance

Die subscribe2 Widget sal daar wees

Skuif (“drag”) daardie blokkie na die regterkant toe waar die ander hulptuigblokkies is (hulle name is: Soek, onlangse inskrywings, onlangse kommentare …).

Plak jou subscribe2 Widget-blokkie daar en vul die kategorieƫ in.

Noem hom sommer “inteken”

Stoor daardie nuwe widget-blokkie

Teken uit. Teken weer in.

Siedaar!

Kyk gou na my blog om te sien: ek het pas self vir my ‘n intekenblokkie gekies.

Laat weet of julle regkom!

Groete, Naomi M

 

 

 

16 responses to Wil jy in kennis gestel word as iemand kommentaar lewer? En hoe voeg mens ‘n intekenblokkie op jou blog by?

  1. ek het ‘n paar widgets geaktiveer wat vir ‘n rukkie gewerk het en toe nie meer nie.
    Hulle wys wel steeds dat hulle geaktiveer is. het hulle al ‘n slag afgehaal en teruggeplaas – gee geluk!
    hoop maar op ‘n kol gaan alles werk soos dit veronderstel is om te doen

  2. dit werk net vir kommentare op kommentare op ‘n mens se eie blog en nie vir kommentare op mens se kommentare op ‘n ander se blog nie.

  3. Dankie Naomi, ek gaan dit sommer vandag nog probeer!

  4. YAY oor die inskryf blokkie.
    DANKIE!!!!!!!!!!!!!!!!

    Aaaaaaaargh oor die kommentaar een.
    Dit is vir kommentaar op jou eie blog, nie vir kommentaar op iemand anders se blog nie.
    Ons soek die opsie dat jy nie hoef te “ping” om die persoon in kennis te stel dat daar ‘n antwoord op sy kommentaar is nie.

    MAAR, baie dankie vir die subscribe ding. Daai is SUPER COOL.

  5. Ek wil ook bysit – dankie vir die “tuis” knoppie links bo – so kom ons nou baie maklik weer by die “home screen”/”landing page”.
    Very much cool :D

  6. Nog ‘n vraag – hoe het dit nou gebeur dat ek nie ‘n captcha hoef in te sit vir kommentaar hier nie????

  7. Ek sien daar is ‘n ‘Litnet Blogs’ button op die nutsbar(swart)
    Ek hoop so want ek het ‘n paar verstellings gedoen wat nie so lekker saam werk nie

    As ek nie die enigste is wat dit sien nie…baie dankie vir die verandering, sal navigasie makliker nou maak

Leave a Reply