Voorlopige hulp en wenke

October 25, 2012 in Geen Kategorie

Hallo bloggers

Ek hoor al julle praktiese navrae oor die blogs hard en duidelik. Ek wil so gou moontlik antwoorde bied, maar hoop julle sal my vergewe as ek ‘n tydelike reëling tref om te kan help. Dit is voorwaardelike hulp … julle sal nou-nou verstaan.

LitNet se WordPress-blogs is ingenestel tussen 24.com se ander blogwerwe. Daarom is daar baie raakpunte tussen die voorkoms van sê maar Food24, Women24 en LitNet se blogwerf. Die hart en siel van elke plek is natuurlik verskillend (ons is die lekkerste plek om te wees :)).

24.com se mense het gou vir my skakels gestuur wat by Food24 as hulpmateriaal aangebied word. Ek beklemtoon dat LitNet se blogwerf verskil van Food24 se blogruimte. Daarom sal hier verskille wees tussen hulle uiteensettings van hoe dinge werk en hoe dit by LitNet se blogruimte werk.

Die navrae is so baie vanoggend (is dit al middag?) dat ek egter weet ek gaan nie by almal s’n individueel uitkom nie. En daarom voorsien ek julle solank van Food24 se hulpskakels, dat julle ‘n idee kan kry van hoe WordPress op ‘n ander blogruimte werk.

Hier’s die voorwaarde: Moet nou nie almal gaan staan en blog by die kosruimte nie …

LitNet werk aan ons eie hulpwenke en sal julle nog hiervan voorsien.

In die tussentyd, vir almal wat kopkrap en nie in staat is om optimaal te blog nie, kyk solank hierna (met dank aan Food24):

Algemene hulp aan al die kosbloggers

Vrae wat dikwels deur kosbloggers gevra word

Groete, Naomi M

7 responses to Voorlopige hulp en wenke

  1. dankie . aaaaah , FOOD , my favourite dish !

  2. Hi Naomi 😀
    Ek irriteer jou seker al…….
    Ek het vir Zep gevra om ‘n blog te doen waar almal hulle “versoeke” kan opsit, en dan kan hy dit “compile” en vir jou aanstuur (siende hy die Hoofseun is 😉 )
    Hy sal dit eers more oggend kan doen.

    Dankie vir die skakels, dit help baie, maar wat ons tog mis is die volgende:
    1. ‘n Tipe van “litnet blogs tuis” knoppie wat van enige bladsy af bekombaar is.
    2. E-pos kennisgewings vir wanneer iemand oop jou kommentaar antwoord – op die gewone WP blogs verskyn daar ‘n “tick box” onder aan die kommentaar blokkie – Notify me of follow-up comments via email
    3. ‘n Opsie om in te skryf op blogs per e-pos
    4. ‘n “Follow” opsie wat dan in mens se “dashboard” verskyn in die “reader”.

    Ek besef hierdie is nog ‘n work in progress en ek is jammer ons irriteer jou so met al die vrae. Ons wil net regtig nie he die Litnet platvorm moet verdwyn nie. Soveel van die ou Litnetters het direk WordPress toe geskuif as gevolg van die “great functionalities” van die platvorm.

    Dankie!

  3. Hello. Dankie dat ek nou weer by my blogs kan inkom. Die spammer blok is af. Baie bly daaroor. My blogs se argiewe is nog deurmekaar. Dit gaan net tot by Augustus en al die inskrywings vir September en Oktober lê deurmekaar by een blog. Kan julle dit fix, asseblief?

Leave a Reply