As jy steeds sukkel om jou blog op te spoor …

October 24, 2012 in Geen Kategorie

Goeiemôre!

As jy steeds sukkel om jou blog op te spoor, probeer om jou blognaam (dis nou die naam van jou blog se werf OF die naam waaronder jy geblog het) in die soekblokkie op hierdie bladsy in te tik. http://blogs.litnet.co.za/blogs/

Vele sukses!

Groete,

Naomi M

22 responses to As jy steeds sukkel om jou blog op te spoor …

  1. Hoe kan mens terugvoer kry van jou kommentaar by ander bloggers? As mens nie die hele pad terug gaan weet mens nie of hulle jou geantwoord het nie.
    Dankie

  2. Ag help tog – ek kry nie my blog nie – en ek het gesoek en knoppies gedraai en links gepost ! Help !

    mail my tog met die dope ! langpadbiker@gmail.com

  3. Ai tog, as iets nie stukkend is nie, moenie karring nie. Maar seker maar ons as mens se eienaardigheid, ons MOET verander. Nou is al my vriende weg, alle posts wat ek wou bêre missing!
    Voel soos ‘n populêre bedryfstelsel.

  4. Naomi, nog ‘n dom vragie, wat is die verskil tussen gunsteling en vriend?

  5. My hele vorige blog het ook verdwyn. En die nuwe blog is onvriendelik, gebruikersonvriendelik en ek mis die ou formaat. En ek het soveel van my lewe geblog, soveel goed geskryf en nou is dit weg. En maak nie saak hoeveel emails ek stuur, hoeveel soektogte ek in die kuberruim stuur nie, my ou blog is weg. 🙁

  6. Dis nog moeilik om te navigeer. Is dit dalk moontlik om die Tuis-knoppie so te laat verstel (deur wie ook al die ghoeroes is) dat dit ‘n mens terug na die hoofblad toe neem? Ek dink so tussen al die lekker elemente deur raak ‘n mens maklik verdwaal.

  7. Daarmee bedoel ek die tuis-knoppie wanneer ‘n mens op iemand anders se blad is. Soms vat dit jou terug hoofblad toe, ander kere bly dit op die persoon se inskrywings.

Leave a Reply