Het julle gesien hoeveel bloggers hier is?

October 23, 2012 in Geen Kategorie

Kyk bietjie hier: http://blogs.litnet.co.za/blogs/

Heel bo is ‘n blogteller-blokkie. Hier kan jy sien hoeveel bloggers is by LitNet. Onthou: dis net ons almal wat oorgedra is. Nou moet jy weet hoe ‘n groot werf hierdie is! En hoe meer siele, hoe meer vreugde. Nooi jou vriende.

Groete,

Naomi M

15 responses to Het julle gesien hoeveel bloggers hier is?

  1. hi naomi ek sukkel biki en die flippin ding wil my ni insign ni – help

  2. Op die ou werf kon mens sien hoeveel mense jou kom besoek het, waar of kan mens dit hier ook sien?

  3. Voel maar of ‘n mens in ‘n vakuum verkeer en in totale isolasie jou ding doen. Mis die stergraderings, lesersgetalle, ens. Weet nog nie hoe kry ek die naam van my blog bo by die agtergrond nie. Weet ook nie hoe maak ek die font van my teks groter nie. Verstaan geen snars van die tegniese verduidelikings in hoogdrawende Ingels nie. Kan iemand nie ‘n bevatlike Afrikaanse handleiding vir ons opstel en ons stap vir stap, aan ons handjies, die onbekende help inlei nie?

  4. Nou net kry dat al daai blogs kan inteken en aktief raak…

  5. Bloggers wat inteken moet hulle gebruikersname sonder die @24.com probeer. As jou naam dus pietie@24.com was, teken is as pietie (sonder die @24.com) en gebruik dan die wagwoord waarmee jy normaalweg ingeteken het.

  6. Kan iemand adviseer oor die registrasiekwessie, asseblief. Is ek in die buitenste duisternis as ek nie geregistreer is nie? Wat is die voordele van registrasie? Belangrikste: HOE registreer ek?

  7. Wel, jy is die eerste een wat dit vir my se. As dit inderdaad die geval is, kan ek rustig raak. Het net gewonder, omdat my naam nie op zeppie se lys verskyn nie.

  8. THX that’s a great aneswr!

Leave a Reply