You are browsing the archive for 2012 October.

Prentjies as stories (nee, nie Playboy nie: rotskuns)

October 31, 2012 in Geen Kategorie

Adage se opmerking oor my Playboy-inskrywing gister (“woorde met prentjies”) het my laat glimlag.

Hier’s ‘n ander een, op dieselfde trant. Vandag s’n handel oor of prentjies woorde IS …

Daar was anderdag ‘n resensie op LitNet oor The Cambridge History of South African Literature en een van die resensente het gewonder of SA letterkunde al so ver terug beskou kan word as rotskuns. Kan rotskuns ingesluit word by Suid-Afrikaanse letterkunde?

Nou heers ‘n gesprek hieroor. Waldemar Gouws het gesê nee, hy het vir Hennie van Coller by diie gesprek betrek en nou reageer hy weer. Lees Waldemar Gouws se volgende repliek (daar’s skakels  in die stuk self ingebou as julle die hele storie wil volg soos hy op LitNet ontvou het).

Rotskuns as vertelling?

Groete :)

(Is ‘n emosie-prentjie dus ook ‘n woord? Is internetgesprek nou deesdae ‘n samevoeging van woord en prent? Alles tog maar simbole?)

Naomi M

Kan dié Haas-bedas regtig die intelligente leser se speelmaat wees?

October 30, 2012 in Geen Kategorie

Ek kan nie weerstaan om tog hierdie kort-kort heupvuur-onderhoud met julle te deel nie.

Ek het pas ‘n interessante gesprek met die redakteur van Playboy SA gevoer.

Ek bevraagteken nie wat hy hier sê nie. Maar sal julle iemand glo wat sê hy koop Playboy vir die stories? (Dalk is dit bietjie soos die Son, as koerant: ten minste kry dit miljoene aan die lees?)

Lees dié onderhoud op LitNet.

Haas Das-groete,

Naomi M

 

Lady Gaga en Die Antwoord

October 29, 2012 in Geen Kategorie

Lady Gaga is kwaad vir hulle. Wat beteken sy neem notisie. En soos ons weet, is Lady Gaga ‘n paar miljoen werd, indien nie biljoen nie. So dit beteken seker Die Antwoord is nou beslis bekend. Hoewel hulle hul nie noodwendig gewild maak onder die hele bevolking wêreldwyd nie. Ek sien Wikipedia vertel dat Die Antwoord se doelwit is om te skok.

Verlede week het Réney Warrington en Henry Cloete, onafhanklik van mekaar maar gelyktydig, besluit om op LitNet oor Gaga en Die Antwoord te skryf. Kyk bietjie wat het hulle te sê:

Henry Cloete: http://www.litnet.co.za/Article/die-antwoord-versus-gaga-verby-gesigwaarde

Réney Warrington: http://litnet.co.za/Article/lady-gaga-and-die-antwoord-what-have-they-done-for-humanity

Dink jy kuns moet skok, of ‘n heftige reaksie uitlok, ten einde kuns te wees? Is dit ooit waaroor dit hier gaan? Dit klink vir my die hele gesprek handel oor Die Antwoord. So wat was die vraag nou weer?

Groete, Naomi M

 

 

Voorlopige hulp en wenke

October 25, 2012 in Geen Kategorie

Hallo bloggers

Ek hoor al julle praktiese navrae oor die blogs hard en duidelik. Ek wil so gou moontlik antwoorde bied, maar hoop julle sal my vergewe as ek ‘n tydelike reëling tref om te kan help. Dit is voorwaardelike hulp … julle sal nou-nou verstaan.

LitNet se WordPress-blogs is ingenestel tussen 24.com se ander blogwerwe. Daarom is daar baie raakpunte tussen die voorkoms van sê maar Food24, Women24 en LitNet se blogwerf. Die hart en siel van elke plek is natuurlik verskillend (ons is die lekkerste plek om te wees :)).

24.com se mense het gou vir my skakels gestuur wat by Food24 as hulpmateriaal aangebied word. Ek beklemtoon dat LitNet se blogwerf verskil van Food24 se blogruimte. Daarom sal hier verskille wees tussen hulle uiteensettings van hoe dinge werk en hoe dit by LitNet se blogruimte werk.

Die navrae is so baie vanoggend (is dit al middag?) dat ek egter weet ek gaan nie by almal s’n individueel uitkom nie. En daarom voorsien ek julle solank van Food24 se hulpskakels, dat julle ‘n idee kan kry van hoe WordPress op ‘n ander blogruimte werk.

Hier’s die voorwaarde: Moet nou nie almal gaan staan en blog by die kosruimte nie …

LitNet werk aan ons eie hulpwenke en sal julle nog hiervan voorsien.

In die tussentyd, vir almal wat kopkrap en nie in staat is om optimaal te blog nie, kyk solank hierna (met dank aan Food24):

Algemene hulp aan al die kosbloggers

Vrae wat dikwels deur kosbloggers gevra word

Groete, Naomi M

Hoekom blog jy? En hoekom blog jy by LitNet?

October 24, 2012 in Geen Kategorie

LitNet-bloggers

Die internet is ‘n raserige plek. Dis erger as Birdstraat se Pick & Pay in Stellenbosch half elf op ‘n Saterdagoggend, as die kleintjies sit en nies op die trollies se handvatsels met die slagspreuk: “Pick up something new today.”

Ons blogruimte hier by LitNet gons. Julle het seker gesien? Ons getal bloggers raak amper aan 500. En dis net dié wat die wegraping oorleef het. Daar was ander wat in die slag gebly het. Maar hulle het nou die geleentheid om weer te registreer, aan boord te klim en vars en nuut te begin.

Maar hoekom? In die besige ruimte, tussen die skare? Hoekom met jou klein-klein megafoontjie staan en skree? Hoekom sit en wag dat iemand anders vinnig onderaan reageer?

Ek gaan klop aan by die internet self vir ‘n antwoord. Hoekom blog? En toe kry ek iets soos ‘n antwoord, al is dit eintlik nie regtig een nie. Die antwoord is: moenie blog slegs as jy iets het om te sê nie. So sê skrywers mos ook: moenie sit en wag vir inspirasie nie. Gaan sit. Boude op die stoel. En skryf. Dis beter as enige skryfkursus, of droom van al die kere wat jy droom van jou groot roman.

So hoekom blog? Ek weet nie, elkeen wat hier blog moet self besluit. Op LitNet, weet ek, is daar skrywers of mense wat hou van skryf en lees. En as mens die twee idees met mekaar versoen – die skrywer wat aanbeveel om te gaan sit en te skryf en die blogger wat staan en kopkrap oor hoekom hy blog – dan spreek dit vir my vanself. Jy is by LitNet. Jy skryf. Hier, by die blogruimte, is jy welkom.

Geniet dit.

Groete,

Naomi Meyer, LitNet: inhoudsbestuurder

As jy steeds sukkel om jou blog op te spoor …

October 24, 2012 in Geen Kategorie

Goeiemôre!

As jy steeds sukkel om jou blog op te spoor, probeer om jou blognaam (dis nou die naam van jou blog se werf OF die naam waaronder jy geblog het) in die soekblokkie op hierdie bladsy in te tik. http://blogs.litnet.co.za/blogs/

Vele sukses!

Groete,

Naomi M

Het julle gesien hoeveel bloggers hier is?

October 23, 2012 in Geen Kategorie

Kyk bietjie hier: http://blogs.litnet.co.za/blogs/

Heel bo is ‘n blogteller-blokkie. Hier kan jy sien hoeveel bloggers is by LitNet. Onthou: dis net ons almal wat oorgedra is. Nou moet jy weet hoe ‘n groot werf hierdie is! En hoe meer siele, hoe meer vreugde. Nooi jou vriende.

Groete,

Naomi M

Bou jou eie werf

October 23, 2012 in Geen Kategorie

Almal, ek kry baie navrae oor waar mens kan sien hoeveel bloggers lees jou blog, byvoorbeeld.

Hier waar ek nou my nuutste bloginskrywing skryf, sien ek aan die linkerkant allerlei wiggies op die paneelbord: media, skakels, blaaie, comments (lyk my die taal is nie so suiwer nie :), ensovoorts. Jy kan kyk by gebruikers en by appearance, tools, instellings en so aan om jou eie blogruimte aanmekaar te sit. Jy gaan sekere blokkies van die linkerkant af na die regterkant af kan trek, letterlik jou blogwerf aanmekaarsit.

Ek gaan sowaar probeer om binne die volgende paar weke vir julle ‘n wenkeboekie saam te stel om te help. Aanlyn beskikbaar, natuurlik :) Maar daar is baie van julle wat al erg touwys is hierso. Wil julle nie sommer hierso by my eie blog hierso kommentaar lewer wat julle al agtergekom het nie?

Ekskuus as ek nie almal se navrae beantwoord nie, ek probeer uitkom by soveel ek kan. LitNet, die werf, loop ook hier aan die ander kant op sy eie spoor, so dinge is besig. Maar lekker! Bly dat julle almal hier is.

Groete – en vertel wat julle al kon uitvind. Niemand sal onderskat voel, maar eerder bemagtig!

Naomi M

 

Voete vind en lewende wesens

October 23, 2012 in Geen Kategorie

Goeiemôre!

Het enigeen van julle al Ingrid Winterbach se Die aanspraak van lewende wesens gelees? Of dink julle nie almal vind haar boeke so toeganklik nie?

Ek het nou die aand die bekendstelling van die boek in Stellenbosch bygewoon en (probeer) foto’s neem.

http://www.litnet.co.za/Article/die-aanspraak-van-lewende-wesens-n-aangename-kennis-en-n-leegte

Terloops, het julle al julle voete hier op die blogruimte gevind? Voete-groete, NM

Almal kan registreer

October 22, 2012 in Geen Kategorie

Die probleme is uitgestryk en ek ontvang reeds kennisgewings van bloggers wat suksesvol geregistreer het. Enigeen en almal kan nou registreer en deel word van die LitNet-bloggemeenskap.

Groete,

Naomi M