Om gestremd te wees of nie
September 29, 2018 in Uncategorized
So paar jaar terug land ek in die hospitaal Toetse en toetse en niemand weet wat makeer ek nie . Die dokter gee die siekte n naam en ek gaan huistoe Ek is nou glo n parapleeg.
Nou ek hou nie daarvan om van ander afhanklik te wees nie en siende dat die dokter aanbeveel ek sien ‘n fisio begin ek saammet een werk Later ook ,n Biokenetikus
Ek vorder, die rystoel word geruil vir my trollie en die weer vir kurke
Ek loop later op my eie Ek dra net n stut
My voete en hande is maar lomp maar ek kom reg Vroulief gee hand waar ek nie kan nie.
Ek begin selfs bestuur maar stamp ‘n vrou wat oor die pad loop en ry in n hek vas
Die voete is lomp ,die hande ook en ek sien net halfpad met een oog.
Ek stop die fisio en biokenetikus want die medies betaal nie hiervoor nie en ek werk nie
Die voete word steeds beter en is min geswel maar steeds lomp en half lam
Stadig maar seker word ek die nuwe lomp ek gewoond
En dan val ek. Die sypaaadjie was nie gelyk nie en ek het nie gekonsentreer
nie. Dan gebeur dit 2 weke later weer. Ek kyk ‘n trappie ‘mis en moet deur die karwag gehelp word
Dan val ek in die kamer My voet het aan ‘n mat vasgehak.
Wat doen ek nou?
Ek weet ek loop min en word sleg
Ek kry myselfnie sover om by die gym aan te sluit nie
Ek gaan dit nie oorleef om weer bedlêend te wees of net met ‘nrolstoel oor die weg te kan kom nie
Laat 'n Antwoord