Profile photo of bierman

by

FNB sê ja baas

Januarie 27, 2013 in Uncategorized

Bierman verstom hom oor die reaksie op wat fnb gedoen het. Om dan nou ‘n advertensie veldtog terug te trek wat die regering kritiseer is dan nou so ‘n groot sonde. Natuurlik praat geld en kan hulle nie bekostig om een van hul grootste kliente te verloor nie. My vraag is: Het die advertensie in sy doel geslaag? Wat wou die Bank bereik?

Die ANC / Regering het duidelik kennis geneem van die publiek en die bank se standpunt. Ek is seker in die binnekringe word dit deurtrap en word gevra hoe hulle hul beeld kan verbeter.

Die publiek se uitbarsting sê ook hulle het kennis geneem dat die Anc maar swak vaar in die oe van die kinders.

Hierdie advertensie glo ek was presies bedoel om die ANC weer na hom self te laat kyk en glad nie om FNB te bevorder nie. Ek glo selfs FNB het op so ‘n reaksie gehoop want dit dwing die ANC om weer na homself te kyk. Hulle het kopiee van die videos en ek is seker hulle kyk dit oor en oor.

Ek wil net vir FNB dankie sê dat hulle die moed gehad het om die veldtog aan te pak. Ek glo hulle het bereik wat hulle wou. (en hulle klient behou)

 

8 antwoorde op FNB sê ja baas

  1. Ek hoop ook van harte dat ander hulle voorbeeld sal volg. Dit was ‘n baie dapper ding om te doen.

  2. Elkeen van ons behoort op sy eie soortgelyke videos te pos. FNB is ‘n geisoleerde teiken, maar die ANC kan nooit duidende mense wat apart werk aanvat nie. FNB sover dit my aangaan is inelkgeval verraaiers van die mense wat hulle ondersteun.

  3. Die hele affêre voel soos déjavu!Waar’s die dae toe Koedoe Eksteen deur PW uit die SAUK gepos is en vanZylSlabbert-hulle geboelie is oor hulle met die ANC in gesprek getree het?
    Niks is ooit nuut onder die son nie.Die magsugtiges boelie die onderdane wat hulle salarisse betaal!

  4. vega het gesê op Januarie 27, 2013

    Die ANC se reaksie is tipies soos diktators optree. No tolerance vir enige kritiek. Niemand mag ‘n skewe woord oor die regering of die president kwytraak nie.

  5. tina10 het gesê op Januarie 27, 2013

    Dalk is die ANC te besig om die oorwinning te vier, dat hulle nie eers agter kom nie.

  6. hulle mag dit terugtrek en om verskoning vra, die boodskap kan egter nie ongesê gemaak word nie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.