Profile photo of bierman

by

Lance se erkenning

Januarie 20, 2013 in Uncategorized

Walkerville rus so bietjie tot ek die upload van fotos beter bemeester . Intussen wil ek so bietjie kommentaar lewer op Lance Armstrong se erkenning dat hy “flaud” is.

 

Almal weet lankal dat hy ‘hulpmiddels” gebruik , net die bewyse het gekort . Nou dat hy dit erken is hy skielik ‘n skurk. Kyk ek keer nie goed wat hy gedoen het nie maar wonder tog of enige van ons kan klippe gooi. Ek hoor iemand sê hy is nou jammer omdat hy uitgevang is anders is dit mos maar reg. Kom ek noem 2 voorbeelde waar ons almal net so skuldig is.

1 Ek werk as belastingkonsultant/rekenmeester en moet gereeld aan mense verduidelik dat ek nie belasting wette maak nie en nie kan besluit of dit regverdig is of nie nie. Al wat ek weet is dat die wet van transvaal geld nog steeds. Tog is dit vir meeste mense heel aanvaarbaar om belasting te kook solank hulle net nie gevang word nie.

2 Hoeveel keer ry ons GOU iewers heen . Net so bietjie vinniger as wat die spoedgrens toelaat . Solank ek nie gevang word nie is alles mos reg Dan is ek onskuldig. Ditto vir veiligheidsgordels , praat op selfoon terwyl ek bestuur , ry onder die invloed ens ens

Ek hoop almal wat hom so veroordeel besef ons is net so skuldig en doen ook dinge wat onwettig/oneerlik is en probeer daarmee wegkom..

Ek dink dit is tyd dat die reels hersien word en dat ‘ons wegbeweeg van ‘wat vir my al meer na ‘n heksejag lyk en dat ons almal meer verdraagsaam raak teen mense wat alles in die stryd werp om die hoogste sport te bereik.

Lance bly steeds ‘vir my ‘n held al stem ek nie met sy metodes saam nie .

Ek hoop net die wat sonder sonde is gooi klippe

7 antwoorde op Lance se erkenning

  1. hoor-hoor !!! 🙂

  2. @bierman

    Lance bly ook steeds my hero. Sien my blog “Crazy Horse” waar ek iets kwytraak oor die affêre.

  3. tina10 het gesê op Januarie 20, 2013

    Die feit dat hy ander mense benadeel het toe hulle hom beskuldig het en hy beweer het dis nie waar nie is gewoon verkeerd.
    Ek dink as jy die spoedgrens oortree wen ek nie regtig iemand nie en niemand kry die eerste plek nie.
    As ek my met my belasting verneuk neem ek ook nie die prys uit die hande van ‘n ander persoon nie.

    My hero se voete wankel … ek is besig om respek te verloor.
    Verkeerd bly darem verkeerd

    • bierman het gesê op Januarie 20, 2013

      As ek te vinnig ry stel ek ander in gevaar en as ek met my belasting kul maak ek die las vir ander swaarder. Wen is nie alles nie maar ‘n tweede plek is die eerste van die verloorders. Dit gesê, erken ek leuens is nie die aanbevole manier nie maar ek dink ook nie ons kan klippe gooi nie. Hy het in my opinie veral hom self benadeel

  4. Wel, hy het gesê almal doen dit…

  5. vega het gesê op Januarie 20, 2013

    Ek stem, geen mens is perfek nie. Maar….daar is baie mense wat belasting betaal soos hulle moet, ry volgens die spoedreels, as hul iets verkeerd doen is dit per ongeluk of onbewustelik, want hul probeer met integriteit en met goeie morele waardes lewe. Lance se morele kompas is van koers af. Hy is ‘n wereldbekende sportman, ‘n rolmodel met die wereld se fokus op hom. Hy het ‘n boek geskryf oor sy eie lewe en stryd teen kanker. Ongelukkig het hy ‘n nog groter roeping as die gewone man om met integriteit te lewe. As sy gedrag afgemaak word as maar net nog ‘n menslike fout is ons in die moeilikheid want dan is alles net grys. Geen reg of verkeerd meer nie.

    • bierman het gesê op Januarie 21, 2013

      Jy is reg dat hy ‘n plig het om as voorbeeld te dien Ongelukkkig was wen sy enigste mikpunt Die kanker oorwinning en die boek (wat ek nie gelees het nie) maak hom meer spesiaal. Al wat ek probeer sê is dat mense wat nou klippe gooi in baie gevalle net so skuldig is . Ek hoor hoe mense vir kinders leer om uit te kyk vir verkeersmanne sodat hy betyds kan stadiger ry . Mense sê gereeld vir my hul betaal te veel belasting Is daar dan nou aanvaarbare oortredings en ander glad nie. As jou naam Piet is kan jy wegkom maar nie as dit ‘n bekende naam is nie . Alles moet nie grys wees nie. Ek glo die reels van die spel sal weer bekyk moet word

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.