Jy blaai in die argief vir 2013 Januarie.

Profile photo of bierman

by bierman

FNB sê ja baas

Januarie 27, 2013 in Uncategorized

Bierman verstom hom oor die reaksie op wat fnb gedoen het. Om dan nou ‘n advertensie veldtog terug te trek wat die regering kritiseer is dan nou so ‘n groot sonde. Natuurlik praat geld en kan hulle nie bekostig om een van hul grootste kliente te verloor nie. My vraag is: Het die advertensie in sy doel geslaag? Wat wou die Bank bereik?

Die ANC / Regering het duidelik kennis geneem van die publiek en die bank se standpunt. Ek is seker in die binnekringe word dit deurtrap en word gevra hoe hulle hul beeld kan verbeter.

Die publiek se uitbarsting sê ook hulle het kennis geneem dat die Anc maar swak vaar in die oe van die kinders.

Hierdie advertensie glo ek was presies bedoel om die ANC weer na hom self te laat kyk en glad nie om FNB te bevorder nie. Ek glo selfs FNB het op so ‘n reaksie gehoop want dit dwing die ANC om weer na homself te kyk. Hulle het kopiee van die videos en ek is seker hulle kyk dit oor en oor.

Ek wil net vir FNB dankie sê dat hulle die moed gehad het om die veldtog aan te pak. Ek glo hulle het bereik wat hulle wou. (en hulle klient behou)

 

Profile photo of bierman

by bierman

Lance se erkenning

Januarie 20, 2013 in Uncategorized

Walkerville rus so bietjie tot ek die upload van fotos beter bemeester . Intussen wil ek so bietjie kommentaar lewer op Lance Armstrong se erkenning dat hy “flaud” is.

 

Almal weet lankal dat hy ‘hulpmiddels” gebruik , net die bewyse het gekort . Nou dat hy dit erken is hy skielik ‘n skurk. Kyk ek keer nie goed wat hy gedoen het nie maar wonder tog of enige van ons kan klippe gooi. Ek hoor iemand sê hy is nou jammer omdat hy uitgevang is anders is dit mos maar reg. Kom ek noem 2 voorbeelde waar ons almal net so skuldig is.

1 Ek werk as belastingkonsultant/rekenmeester en moet gereeld aan mense verduidelik dat ek nie belasting wette maak nie en nie kan besluit of dit regverdig is of nie nie. Al wat ek weet is dat die wet van transvaal geld nog steeds. Tog is dit vir meeste mense heel aanvaarbaar om belasting te kook solank hulle net nie gevang word nie.

2 Hoeveel keer ry ons GOU iewers heen . Net so bietjie vinniger as wat die spoedgrens toelaat . Solank ek nie gevang word nie is alles mos reg Dan is ek onskuldig. Ditto vir veiligheidsgordels , praat op selfoon terwyl ek bestuur , ry onder die invloed ens ens

Ek hoop almal wat hom so veroordeel besef ons is net so skuldig en doen ook dinge wat onwettig/oneerlik is en probeer daarmee wegkom..

Ek dink dit is tyd dat die reels hersien word en dat ‘ons wegbeweeg van ‘wat vir my al meer na ‘n heksejag lyk en dat ons almal meer verdraagsaam raak teen mense wat alles in die stryd werp om die hoogste sport te bereik.

Lance bly steeds ‘vir my ‘n held al stem ek nie met sy metodes saam nie .

Ek hoop net die wat sonder sonde is gooi klippe