Profile photo of bierman

by

Art in Walkerville

Oktober 13, 2012 in Sonder kategorie

Elke 2e Saterdag van die maand gee die besighede in Walkerville kunstenaars die geleentheid om uit te stal Hulle doen dit by 2 sentrums nl die nuwe 84 on Main en die Thyme Square. So toe ek vanoggend hier aankom en al die kunstenaars stal hier uit was ek aangenaam veras.

Walkerville is op die ou pad tussen Jhb en Vereeniging so plus minus 15 minute se ry Gaan kyk gerus

20 antwoorde op Art in Walkerville

  1. TS het gesê op Oktober 13, 2012

    Ek hou van sulke uitstallings

  2. Hoe groot is die plek?

    Laat my dink aan Brakpan so vyftig jaar terug.

  3. n Onverwagse uitstalplek. Aangenaam verras.

    From the sublime to the ridiculous. 65 jaar gelede het n weenseworsiemagnaat met die naam Piel almal laat glimlag met sy groot reklamebord in die geweste.

  4. pasella het gesê op Oktober 13, 2012

    Hehehe, ek onthou ou Piel, was ook so geflêr op sy lorries.

  5. As ek nader was, sou ek!

  6. sulke blootstelling is handig vir kunstenaars

  7. Lekker inligting,dankie!

  8. bierman het gesê op Oktober 14, 2012

    Ek het dit ook geniet. Ongelukkig was daar gister minder mense as gewoonlik

  9. bierman het gesê op Oktober 14, 2012

    Baie klein gemeenskap Maar naby die stad. Uitsonderlike mooi omgewing met hoofsaaklik landbouhoewes

  10. bierman het gesê op Oktober 14, 2012

    By laas maand se uitstalling het hulle blykbaar uitstekend gedoen Ek sal seker die week hoor hoe het dit die week gegaan

  11. Hoe groot is die plotte?

  12. Carol460 het gesê op Oktober 14, 2012

    Walkerville is ‘n mooi plekkie.

  13. bierman het gesê op Oktober 15, 2012

    Ek bly my lewelank in Meyerton en het eers onlangs ondek hoe mooi die omgewing slegs enkele kms weg is.

  14. Carol460 het gesê op Oktober 15, 2012

    Henley is net so mooi !

  15. bierman het gesê op Oktober 15, 2012

    Ek is nie seker nie Ek weet sekere woonbuurte is die plotte klein en daar is ook plase. In Blue Saddle Ranches mag jy perde en skape aanhou maar nie varke nie. Grootte sal ek by my vriend Steve uitvind.

  16. bierman het gesê op Oktober 15, 2012

    Henley is ook mooi maar anders. Dit is baie n “engelse village”. Die eienaars sit brookie lace op pad borde en taxi staanplekke Die rivier area is boomryk met groot huise. Walkervile is die baie koppies en die vêr uitsigte. Daar is ook ‘n spesiale gevoel in Walkerville wat ek nie in Henley voel nie.

  17. bierman het gesê op Oktober 15, 2012

    Ek reis baie My vrou was byvoorbeeld gaande oor Greyton in die Overberg toe ons laas maand daar was . Walkerville het my egter gebyt Ek is elke oomblik wat ek kan daar en deel graag die info.

  18. bierman het gesê op Oktober 15, 2012

    Miskien land jy eendag in die Vaal en kom ondek jy ook die weggesteekte plek

  19. zephur het gesê op Oktober 17, 2012

    Net gou ‘n info stukkie oor die blogs. Vandag en môre is al dae wat oor is voordat volgens hulle die groot skuif gaan plaas vind op die 19de Okt (so ons moet ‘n marathon blogsessie nou hou).

    So as jy die afgelope 6 maande nie iets geblog het nie…gaan post sommer gou iets. Of as jy van bloggers weet wat nie die afgelope tyd gepost het nie…laat hulle weet sodat hul ook op hoogte is van die blog situasie.

    Hier onder is die link na Dopper Naomi se post oor die gebeure ivm die blogs

    http://blogs.litnet.co.za/dopperjoris/baie-belangrik-gaan-jou-blog-saam-skuif-en-wat-kan-jy-verloor-16-Oct-2012

    Tot later

    Zeppie

  20. Thanks!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.