Profile photo of bierman

by

Citroen in Walkerville

Augustus 20, 2012 in Sonder kategorie

Toe ek so ‘n tjokker was van 9 of 10 het my pa sy droom motor gekoop. ‘n Citroen soos die een hier bo. Hy moes hom later toe hy ‘n eie besigheid begin het verkoop omdat ‘n bakkie meer noodsaaklik was. Hy het egter altyd oor die motor gedroom . Vandag onthou ek baie dinge en of dit alles waar is weet ek nie maar hier is dit

Die citroen kon hom glo self “opjack” as jy n wiel moes ruil

Die citroen was glo so goed gebalenseer dat hy op 3 wiele (2voor en een agter) kon ry

Sy Radio kon Voice of America en BBC opvang en sommer al die ander stasies dwars oor die wereld . Ek onthou hoe ek sondae middae na die res van die wereld geluister het.

Die motor kon meer as 120 myl per uur ry (190km/h) en my pa is teen daai spoed Bloemfontein toe en trug in ‘n dag.

Hoekom vertel ek dit alles?

Ek het vandag gehoor in Walkerville is ‘n Citroen Museum . Ek weet nog nie waar nie en ek weet nie of dit oop is vir die publiek nie maar ek gaan uitvind . Miskien is daar een net soos ons gehad het.

Later jare het my pa vir hom ‘n baba citroen gekoop (‘n GS) maar dit was nooit die grote nie . Dit is tog jammer Citroen het nie meer die status van weleer nie Maar iewers in Walkerville is daar ‘n persoon met net soveel liefde as my pa vir sy citoen.

19 antwoorde op Citroen in Walkerville

  1. eros01 het gesê op Augustus 20, 2012

    Laat weet as jy dit kry,ons is ook Citroen mense. xR

  2. bierman het gesê op Augustus 20, 2012

    doen so Ek sal seker teen die naweek weet

  3. citroencarclub.co.za

  4. onthou hulle kon so in die lug opstyg – weetie regtig waarvoor dit was nie

  5. TS het gesê op Augustus 21, 2012

    net ryk mense het sulke karre gehad

  6. Neander het gesê op Augustus 21, 2012

    Ja die goeie C was gevorderd vir sy jare.

  7. Party motorkarre se lyne staan mos maar klassiek bo die ander tydgenote uit . Die’ Citroen is een. Die VW Kewer ‘n ander , ook die VW Carmangia en die Jaguar E-Type . My Pa was op ‘n kol ‘n Borgward man en my een oom ‘n ou Volvo fanatikus.

  8. Fantastiese suspensies en heerlike rit!!

  9. onthou hulle kon so in die lug opstyg – weetie regtig waarvoor dit was nie

  10. Daai ding was sy tyd vooruit!

  11. bierman het gesê op Augustus 21, 2012

    baie dankie Ek gaan hulle beslis kontak

  12. bierman het gesê op Augustus 21, 2012

    Ek dink dit was om die wiele te ruil en as jy op slegte paaie ry kon jy hoog ry

  13. bierman het gesê op Augustus 21, 2012

    Hier was ‘n dokter op ons dorp wat elke 2 jaar ‘n nuwe een gekoop het Ons sn was een wat hy verkoop het. Ek dink nie ons was ryk nie inteendeel ek dink ons was op die onderpunt van die “middelklas” lys.

  14. bierman het gesê op Augustus 21, 2012

    Ek dink min karre ry vandag so lekker Of onthou ek net dinge beter as wat dit was

  15. bierman het gesê op Augustus 21, 2012

    beslis

  16. Ek onthou dit ook so, my pa het nooit een gehad nie. Wel my vriend se pa.

  17. Daai citroens het regtig eers opgerys,voordat mens kon ry.By my skoonma se aftree-oord staan so ‘n verwaarloosde een onder ‘n afdak.Ons het dit die strykystermodel genoem.

  18. Bruggie het gesê op Januarie 20, 2013

    Met die gepomp van hidoliese olie is die meeste ou Citroens morsig.
    Nog n nadeel is dat as die enjin nie loop nie (stukkend) kry jy die kar moeilik gestoot of getow want die bakwerk sit op die wiele.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.