Die farmers market
Augustus 17, 2012 in Sonder kategorie
Walkerville is ‘n klein gemeenskap net suid van Johannesburg. Vir my is van die lekkerste lekker hoe die mense mekaar almal ken en almal saam kuier. Die farmersmarket is so n kuier plek. Dit is nie ‘n groot mark nie maar het ‘n baie lekker kuier atmosfeer Ons het ook ‘n stalletjie daar en ja ek is dikwels daar. Waarskynlik besig om saam met iemand te kuier .
As jy van die gasvryheid wil ervaar kom kuier. Drink en eet ‘n ietsie . Miskien besluit jy om deur die gebied te ry en te kyk na ons mooi uitsigte
Gaan kyk gerus na die farmers market website:wfmarket.co.za/wfmweb
Groete
Bierman
HeavyHenry het gesê op Augustus 17, 2012
Hoe ver suid is “net suid” – ek het altyd gedink dis waar Alberton is.
bierman het gesê op Augustus 17, 2012
Suid is seker maar relatief As jy by Southgate is en die ou Johannesburg – Vereeniging pad neem(ek dink dit is die R82) omtrent 10km
HeavyHenry het gesê op Augustus 17, 2012
Ok so dit klink na wes van Alberton.
Thanks!
exionperfexi het gesê op Augustus 17, 2012
Bietjie verder van my af as die Boeremark van Langenhovenpark in Bloemfontein , maar daai klink so lekker dat mens eendag verder tot daar kan toer.
rosiemetdorings het gesê op Augustus 18, 2012
Jy maak mens nuuskierig oor die plek
bierman het gesê op Augustus 20, 2012
Ek was Saterdag weer daar en het die lekkerste koeksisters daar gekoop My vrou sê in die 25 jaar wat ons getroud is was dit die eerste keer wat ek koeksisters huis toe bring om te eet. Hulle proestukkies was so lekker ek kon nie nee sê nie
Madhatter het gesê op Augustus 31, 2012
Ek het jare terug daar op De Deur gebly. Lekkerste tyd van my lewe. Nou het alles so verander.
Perdebytjie het gesê op Oktober 13, 2012
Klink nie te ver van ons af nie.Gaan beslis ‘n draai daar maak op ‘n Saterdag.