Profile photo of bierman

by

Wie Waar en Wanneer

Augustus 15, 2012 in Sonder kategorie

Ek het vandag besluit om al my ou blogs te verwyder en ‘n nuwe begin te maak. Sommige blogs is nie meer van toepassing nie en ander was sommer net goor.

Steve House het my onlangs genader om saam met hom betrokke te raak by sy eiendoms agentskap Ek kan nie verkoop nie en sal net as ‘n sleeping partner betrokke wees Intussen leer ek egter baie van verkoop en baie van Walkerville . Ek bly so 15 -20 km vanaf Walkerville maar het dit nooit regtig geken nie Ek leer van plotte en ek leer van die Farmers Market . Ek leer daar is ‘n “Wynplaas” in Gauteng. Ek leer van uitsigte wat ek nie gedink het is moontlik hier in Gaueteng nie. Ek ontmoet self ons Munisipale Bestuurder en burgermeester. Wie het geweet hier is ‘n Oval baan en ‘n kuns Meander . Alles binne 15km van Meyerton en net 30 minute uit Johannesburg.

Ek het dus besluit om te probeer fotos neem van al die goed en alles wat ek leer en uitvind hier neer te stip.

So hier gaan ek . Ek hoop julle geniet dit soos ek dit geniet.

Hier is ‘n nuwe sentrum (met Steve se motor) wat onlangs in Walkerville geopen het.

13 antwoorde op Wie Waar en Wanneer

  1. Hoe ver is van der Bijl se staalwerke ?

  2. bierman het gesê op Augustus 15, 2012

    Hi Bruggie Ek is nie seker nie maar seker nie verder as 30 km nie miskien 40

  3. TS het gesê op Augustus 16, 2012

    ‘n Nuwe begin is soms goed

  4. bierman het gesê op Augustus 16, 2012

    Ek was nooit baie aktief nie en beplan ook nie om dit nou te wees nie Miskien 1x per week maar wil graag wat vir my ‘n groot ondekking was met ander deel. Walkerville is so ‘n klein plekkie maar met ‘n hart van goud

  5. TS het gesê op Augustus 16, 2012

    Klein plekkies is goed en gaaf maar daar is nie werk nie… ?

  6. zephur het gesê op Augustus 16, 2012

    My wêreld daai…het skool gegaan in Meyerton

  7. ~
    Omgewing wat ek gladnie ken nie

  8. lora2me het gesê op Augustus 16, 2012

    Ek het baie jare gelede altyd daar naby gaan kleivoorraad en ander pottebakkerygoed by ‘n verskaffer gekoop en ek het al in Meyerton skoolgehou … by die skool vir kinders met leerprobleme EN twee spoedkaartjies daar gekry! Is daardie Vere-plek van die Coetzee’s nog daar?

  9. bierman het gesê op Augustus 16, 2012

    dis juis die lekker Ek het laasweek binne 30 minute tot in Sandton gery. Almal hier werk in die stad Omdat dit so mooi omgewing is is hier baie direkteure van mpye maar ook baie gewone mense Voorwaar die platteland langs die stad

  10. bierman het gesê op Augustus 16, 2012

    Dit is meer Meyerton se kant toe Sover ek weet is die Coetzees nog hier maar Vere bestaan nie meer nie . Meyerton was jare lank bekend vir besighede met klei Hier was ‘n kleipyp fabriek en ‘n teel fabriek Hulle is egter altwee jare lank al toe Vaal Potteries wat baddens wasbakke toilette ens maak is steeds hier asook een of twee klein klei fabrieke.

  11. bierman het gesê op Augustus 16, 2012

    Ek bly my lewe lank al hier maar het Walkerville nou eers “ondek” Nooit geweet daar gaan soveel aan nie

  12. bierman het gesê op Augustus 16, 2012

    Die “koppies” hier in Walkerville is die naaste aan wat ons aan die kaap se berge kom. Tog is hier mooi uitsigte en heerlike dag klimaat. Oggende kan lekker koud wees in die winter Natuurlik het ons ook nie die see of Tafelberg nie.

  13. Klink na ‘n onontdekte skat!Jy maak my nou regtig nuuskierig.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.