Jy blaai in die argief vir 2012 Augustus.

Profile photo of bierman

by bierman

Citroen in Walkerville

Augustus 20, 2012 in Sonder kategorie

Toe ek so ‘n tjokker was van 9 of 10 het my pa sy droom motor gekoop. ‘n Citroen soos die een hier bo. Hy moes hom later toe hy ‘n eie besigheid begin het verkoop omdat ‘n bakkie meer noodsaaklik was. Hy het egter altyd oor die motor gedroom . Vandag onthou ek baie dinge en of dit alles waar is weet ek nie maar hier is dit

Die citroen kon hom glo self “opjack” as jy n wiel moes ruil

Die citroen was glo so goed gebalenseer dat hy op 3 wiele (2voor en een agter) kon ry

Sy Radio kon Voice of America en BBC opvang en sommer al die ander stasies dwars oor die wereld . Ek onthou hoe ek sondae middae na die res van die wereld geluister het.

Die motor kon meer as 120 myl per uur ry (190km/h) en my pa is teen daai spoed Bloemfontein toe en trug in ‘n dag.

Hoekom vertel ek dit alles?

Ek het vandag gehoor in Walkerville is ‘n Citroen Museum . Ek weet nog nie waar nie en ek weet nie of dit oop is vir die publiek nie maar ek gaan uitvind . Miskien is daar een net soos ons gehad het.

Later jare het my pa vir hom ‘n baba citroen gekoop (‘n GS) maar dit was nooit die grote nie . Dit is tog jammer Citroen het nie meer die status van weleer nie Maar iewers in Walkerville is daar ‘n persoon met net soveel liefde as my pa vir sy citoen.

Profile photo of bierman

by bierman

Die farmers market

Augustus 17, 2012 in Sonder kategorie

Walkerville is ‘n klein gemeenskap net suid van Johannesburg. Vir my is van die lekkerste lekker hoe die mense mekaar almal ken en almal saam kuier. Die farmersmarket is so n kuier plek. Dit is nie ‘n groot mark nie maar het ‘n baie lekker kuier atmosfeer Ons het ook ‘n stalletjie daar en ja ek is dikwels daar. Waarskynlik besig om saam met iemand te kuier . 

As jy van die gasvryheid wil ervaar kom kuier. Drink en eet ‘n ietsie . Miskien besluit jy om deur die gebied te ry en te kyk na ons mooi uitsigte

Gaan kyk gerus na die farmers market website:wfmarket.co.za/wfmweb

Groete

Bierman

Profile photo of bierman

by bierman

Wie Waar en Wanneer

Augustus 15, 2012 in Sonder kategorie

Ek het vandag besluit om al my ou blogs te verwyder en ‘n nuwe begin te maak. Sommige blogs is nie meer van toepassing nie en ander was sommer net goor.

Steve House het my onlangs genader om saam met hom betrokke te raak by sy eiendoms agentskap Ek kan nie verkoop nie en sal net as ‘n sleeping partner betrokke wees Intussen leer ek egter baie van verkoop en baie van Walkerville . Ek bly so 15 -20 km vanaf Walkerville maar het dit nooit regtig geken nie Ek leer van plotte en ek leer van die Farmers Market . Ek leer daar is ‘n “Wynplaas” in Gauteng. Ek leer van uitsigte wat ek nie gedink het is moontlik hier in Gaueteng nie. Ek ontmoet self ons Munisipale Bestuurder en burgermeester. Wie het geweet hier is ‘n Oval baan en ‘n kuns Meander . Alles binne 15km van Meyerton en net 30 minute uit Johannesburg.

Ek het dus besluit om te probeer fotos neem van al die goed en alles wat ek leer en uitvind hier neer te stip.

So hier gaan ek . Ek hoop julle geniet dit soos ek dit geniet.

Hier is ‘n nuwe sentrum (met Steve se motor) wat onlangs in Walkerville geopen het.