Profile photo of vega

by

Jongmense van vandag

Junie 20, 2012 in Sonder kategorie

se wereld is soveel groter as wat ons s’n was. Hulle het eintlik die wereld op die punte van hulle vingers. Die vraag is wat maak hulle daarmee?

Daar is soveel teenstrydighede. Ek sien elke dag jongmense wat te lui is (of net nooit geleer is) om hulle hande uit te steek en fisiese werk te doen. Hulle maniere laat veel te wense oor. Ek het nou die dag ‘n paar seuns gevra om my te help om twee banke in die klas in te dra. Hulle het gemaak of hulle my nie hoor nie. Toe ek hulle weer vra toe sê een sy hande is vol. Ek het my so vererg, my eie sak met boeke op die grong neergesit en dit self ingedra. Een van die meisies in die klas het my toe gehelp.   

En tog kan die jongmense van vandag al op ‘n rekenaar werk van 3 jaar oud af. Die talent is ongelooflik as mens kyk na Idols, danskompetisies, Eisteddfodd, op sportgebied (soos bv die junior bokke en my broer se seun wat op 16 nou weer vir die 0/19’s span Japan toe is vir gholf) Dan is daar leerders van skole wat Wetenskap Expo’s en redenaarskompetisies wen, wat gemeenskapswerk doen en entrepeneurs is.  Daar is dinamiese leiers en presteerders.

Maar wie van hulle doen nog takies by die huis? Sny enige seun nog gras? Wie is bereid om met hulle hande te werk of iets vir ander te doen sonder betaling?  

Wat my hieraan laat dink het, is die FB status van ‘n vriendin.

Dis eintlik ‘n groot jammerte dat Bybelse beginsels nie meer in skole (of in huise for that matter) geleer word nie, want dan kon jongmense leer dat ons doel hier op aarde is om God se skepping te onderhou. (Gen 2:15)

Sodat jyself nie die middelpunt van jou bestaan sal wees nie. Sodat jy jou werk sal doen om jou lewensdoel uit te lewe en nie net vir onmiddelike bevredeging (instant gratification) van jou eie begeertes nie. ( 1 Kor 7:17,24, 1Kor 10:31)

Om ingestel te wees op ander se behoeftes nie net jou eie nie. Om ‘n dienaarsgesindheid te hê. (1 Pet 4:10)

Om te weet dat jy moet werk om te kan eet. (2 Thes 3:10)

Dat jy nie net die minimum sal doen om almal tevrede te stel nie, maar dat jy sal strewe na uitnemendheid (excellence), want dit is God se standaard. (Luk 16)

 

12 antwoorde op Jongmense van vandag

  1. eros01 het gesê op Junie 21, 2012

    Gaan hierdie uittreksel uitdruk en teen die yskas opplak!..”develop a backbone, not a wishbone.” Ek like! xR

  2. HeavyHenry het gesê op Junie 20, 2012

    Jy kan reg wees oor die siklusse…

  3. avega het gesê op Junie 20, 2012

    Henry ek dink daar is siklusse. Ons gaan deur ‘n baie slegte siklus, kinders is meer selfgesentreerd agv oordrewe menseregte. En voorheen was die Bybel darem ‘n morele kompas wat vervang is deur humanisme.

  4. avega het gesê op Junie 20, 2012

    Enige tyd, dit sê mos waar dit vandaan kom

  5. avega het gesê op Junie 20, 2012

    Charlene ek dink jy maak jou dogters met goeie waardes groot.

  6. anha…nou praat jy korrek…

  7. stenig die slegtes seg ek ook…

  8. Baie, baie reg. Mag ek daardie aanhaling steel en elders gebruik??

  9. HeavyHenry het gesê op Junie 20, 2012

    Dit was nog altyd elke geslag se klagt dat die kinders besig is om in hulle moer in te gaan, en tog het dit nooit gebeur nie – hoekom sou dit die keer?

    En ja die seuns wat staan en kyk hoe jy goed dra, kort ‘n klap!

  10. Vega, vir die eerste keer in die geskiedenis is die ondertiens meer tuis in die nuwe tegnology as hul ouers en hul oupa se geslag. Gelukkig nie altyd n totale ommekeer in gesagstruktuur nie.

  11. Nou kry elkeen kans om te vent. Jy hoef nie deur die groep aanvaar word nie. Of is ek verkeerd ?Ja n deelnemer kan verkleineer word.
    Al wat verander het, is dat jy nie meer
    fisies geboelie word nie.
    Daar kan nou gedink word oor n TERUGKLAP TWEET.

  12. TS het gesê op Junie 20, 2012

    Sjoe … ek wonder of dit anders sou wees as jy vir meisies gevra het. Wonder hoe dit in die huise gaan.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

Jy mag hierdie HTML-merkers en eienskappe gebruik: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>