Profile photo of Vloei

by

Khiza

Desember 18, 2013 in Uncategorized

Khiza is die Zoeloewoord vit motreen en die laaste paar weke het dit gekhiza. Die drukkende hitte is weg, die son is weg en die misvlae het rondom Mpakana gehang en die rivier gevolg. Die dorgebrande haakdoringbosse het oornag vergroen en die doodsreuk van ‘n rukkie terug se dooie nyalakarkasse het plek gemaak vir die soet van die Acacia bloeisels. Laasweek Woensdag het ons ‘n wolkbreuk gehad. Ek het ‘n haelkorrel in my mond gedruk en gevoel hoe die yswater in my keel afloop. In die Swart Mfolozi vallei hael dit nie maklik nie. Oom Karools het my gese dit die afgelope 25 jaar laas gehael.

 

Die rivier het bruin afgekom en ek het onrustig die riete en opdrifsels dopgehou naby die oewer waar Bliksem en Lolliepop halflyf in die water gestaan en drink het. Hier was nog nooit ‘n krokkedil nie maar mens weet nie wat die rivier met haar saam kan bring nie….. Vanoggend het ek olifantspore duskant die donga gekry. Ek het dit ‘n ent gevolg en onwillekerig aan PJ Schoeman se boek “Op die Grootspore” gedink. Die verhaal speel af in die einste omgewing, net amper ‘n honderd jaar vroeer! Met ‘n swaar hart het ek gewonder oor die toekoms van die ou bul, die familie trop en die laaste paar renosters.

 

Wietz het gister nog opgemerk dat ons verleer het om rerig te sien wat rondom ons aangaan. Ons het te haastig geword. Ons kyk maar ons sien nie. Alles is aanmekaar geheg. Alles is deel van ‘n groter geheel. Maar dit vat tyd om die patroon raak te sien.

Ek wou nog bietjie meer skryf maar ek het nie tyd nie. Ek moet nou eers gaan.

 

 

 

 

13 antwoorde op Khiza

  1. Ai ek het nou so lekker gelees ek gee jou sommer ‘n klomp sterre **************************

  2. Vloei het gesê op Desember 18, 2013

    Dankie 🙂

  3. Jammer jy moes gaan en het nie nog ‘n bietjie meer vertel nie …

  4. Ag hoe laat jy my nou verlang na Umfolozi! (Weet nooit watter spelling om te gebruk nie. iMfolozi, Umfolozi, en nou sien ek jy gebruik Mfolozi.) Het twee jaar gelede daar aan ‘n weeklange staptog deelgeneem en ‘n hele ent letterlik in die harde modderspore van die Grotes geloop. Ongelooflike ervaring.

    • Vloei het gesê op Desember 19, 2013

      Hier op Swart Mfolozi spel die padbordjie dit so. In die reservaat word dit weer Umfolozi gespel…..lyk my hulle is self nie te seker oor die spelling nie!
      bly jy kan identifiseer!

  5. tina10 het gesê op Desember 18, 2013

    Hoop jy skryf nog … mens lees lekker hier

  6. Jy was lanklaas hier.Lekker gelees! 🙂

  7. Vloei het gesê op Desember 19, 2013

    Gaan gou nog een skryf. Skuld julle ‘n beter verduideliking!

  8. Khiza het ek as kind leer ken waar ons in Tzaneen gebly het. Daar is Venda en Noord Sotho die meer algemene tale – my kennis van Afrika tale (trouens enige taal) is redelik beperk, maar sien dat hulle dikwels dieselfde woorde gebruik

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.