Profile photo of Vloei

by

Kayalami Kronieke: Oom Karools

Mei 29, 2013 in Uncategorized

Om die Kayalami Kronieke in perspektief te stel, is dit nodig vir die leser om Oom Karools so goed as moontlik te verstaan. In voorkoms is Oom GROOT. By ‘n gewone deur moet hy buk om nie sy kop te stamp nie. So ses voet agt in die ou taal. Hy’s nou nader aan die sewentigs as die sestigs en sy ylerige grys hare is gewoonlik borselkop gesny. Hy loop maar swaar, so half stywe knieg. Met ons eerste ontmoeting het hy my sterk aan Shrek herhinder (om die waarheid te sê, daar is nogal baie ooreenkomste tussen hom en díe strokieskarakter, nou dat ek daaraan dink!)

Oom Karools het afgestig. Van die samelewing, die kerk en sy tweede vrou. Op sy plaas bly hy stoksiel alleen. In die pollitieke spektrum sal jy hom waarskynlik regs van die regse groepering plaas maar selfs daar wil hy nie so lekker inpas nie. Hy laat homself nie so maklik in ‘n boksie (boks) plaas nie.

Gedurende die ou bedeling het die NP regering sy plase twee keer onteien (darem teen vergoeding) vir die ontwikkeling van sy tuisdlandbeleid. Hy het sy saaiplase verkoop en hom hier kom vestig in Zoeloeland om bees te boer (so dertig jaar gelede). Maar Oom Karools se beeste wou nie op sy eie grond bly nie. Gedurig het sy vee hulle pad gevind na die een of ander kraal (waarvan daar baie was/is) in die onherbersaamheid van Zoeloeland.

Na baie baklei en die sluit van die SAP se spesialiseenhede (waarvan die veediefstaleenheid een was) het Oom besluit om met wild te boer. Dis per slot van rekening nie so maklik om ‘n klomp koedoes, rooibokke en ‘n paar olifante aan te jaag en te kraal nie! Nou was jag die bron van inkomste en die jagters het gekom……die betalendes en die nie-betalendes. En so het die konflik maar voortgeduur.

Met die toenemende grondeise en die boere wat net nie meer hulle weg oopgesien het om aan te gaan nie, het Oom Karools stroom-op geroei. Waar baie boere besluit het om te verkoop het Oom hakke in gekap. Prokureurs en die grondeisehof het hom goed leer ken en sy saak teen die staat het hy suksevol verdedig. Meer as een keer. Maar daar was ander hofsake ook. Teen sy buurman byvoorbeeld, oor die steel van wild,aanranding en poging tot moord! Oom Karools lewe op konflik en dis bevestig deur een van sy seuns wat ‘n paar jaar saam met hom probeer boer het.

In 2009 is dit met die einte Oom Karools op wie se stoep ek gesit het en onderhandel het om die navorsingsprojek op sy grond te huisves. Natuurlik sonder bogenoemde insig. Voor my het die plaas uitgestrek gelê en langs my het Judith, ‘n aanvallige Switzertjie gesit en aan Oom verduidelik nou wat presies ons eindelik wou kom maak hier op die plaas. Eers later sou ek besef dat sy ‘n sleutelrol gespeel het in die verkryging van die ou korrelkop se goedkeuring vir die projek. Maar in 2009 was my kop vol planne en drome, genadiglik uitgespaar van die beproewinge wat nog sou voorgelê.

Tot ‘n volgende keer, liewe leser.

5 antwoorde op Kayalami Kronieke: Oom Karools

  1. ek-myself het gesê op Mei 30, 2013

    Shrek… ok ek kry die prentjie…! 😉

  2. lora2me het gesê op Mei 30, 2013

    Interessante storie en interessante oom Karools.

  3. exionperfexi het gesê op Mei 30, 2013

    met oom Karools kan ek identifiseer . hy klink soos ‘n prototipe .
    ( goedbedoelde waarskuwing : hier is grootoogspelfoutsoekers wat blogggers en lesers is wat gril as hulle veronderstelde ‘foute’ raaklees. ekkeself spel te power om uit te wys en ek dink en tik ook baie meer foneties as die gemiddelde 🙂 )

  4. anita het gesê op Julie 25, 2013

    Jou pen vloei lekker. Sal aanhou lees.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.