Profile photo of Vloei

by

Kayalami Kronieke

Mei 28, 2013 in Uncategorized

In die hartjie van Zoeloeland is daar ‘n plaas en op die plaas is daar ‘n huis. Dis die huis op die plaas en plaas in Zoeloeland en die groen gras groei daarom. Maar nes die ou liedjie oor die boom in die gat, is hierdie die inleiding van ‘n storie wat se beginpunt moeilik is om te kry en se eindpunt maar net weer die beginpunt is van ‘n volgende verhaal. Amper soos ‘n hoop opgebondelde skeepstou.

My storie of storietjies speel af op ‘n groot ou wildsplaas iewers tussen Nongoma, Swart Mfolozi en Gluckstadt. My karakters is ‘n uiteenlopende spul;  van die klomp  nagraadse studente, Oom Karools, die reusagtige grondeienaar, die bure, die poachers (‘skuus…wildstropers) tot Frans die trekkerdrywer.

Daar gaan baie diere se voetspore in hierdie storie lê. Van olifante s’n  totdie klein blou apies en dan natuurlik die huisdiere nog. Lollipop, Chimey, Jabu, Blixem en Fifty die kat wat dink hy is ‘n hond.

En jy, my gewaardeerde leser, gaan my skryftrant help slyp met jou kommentaar. Ek sit hier op’n goudmyn van onontginde sketse wat wag om geskryf te word. Hoe suiwer die goud gaan wees, gaan bepaal word deur die hitte van die smeltkroes.

Eina, hier gaan ons………………

4 antwoorde op Kayalami Kronieke

  1. Bruggie het gesê op Mei 28, 2013

    Yippee !

  2. exionperfexi het gesê op Mei 28, 2013

    laat jou verhaal ontvou . en steur jou nie altyd intens aan die opmerkings van bloglesers nie . die litnetwordpressblog is miskien ‘n ruim oopplankantoor met vele tikkende sleutelborde en flikkerende skerms , maar dit is nie ‘n smeltkroes nie . ook nog glad nie naastenby ‘n beproefde publikasie plek vir ontluikende skryfkuns nie . . .

  3. ek-myself het gesê op Mei 29, 2013

    Nou toe, ek sien uit om meer te lees! Hoop ons kry nou en dan ‘n foto ook!

  4. AQS het gesê op Julie 25, 2013

    Ken daardie huisdiertjies reeds goed. Verlang sommer nou na hulle.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.