Profile photo of Vloei

by

Kayalami Kronieke: Kayalami

Mei 28, 2013 in Uncategorized

Díe Zoeloe woord beteken “my huis” in Afrikaans en dis wat ons die groot ou plaashuis gedoop het wat as navorsingsbasis dien. Die studieveld van genoemde navorsing is etnologie of dieregedrag studies en die universiteite van Zurich, Neuchatel en St. Andrews is hierby betrokke.

Kayalami huisves so tussen 8 tot 18 studente en vrywilligers wat almal ‘n gedeelte van hulle lewe daaraan wy om agter blou apies aan te loop om te sien wat maak hulle. Hulle skryf dan ‘n skripsie daaroor wat aan hulle ‘n meesters of doktorsgraad besorg en word dan later ‘n proffesor wat met groot gesag kan praat oor die verskil van sosiale en nie-sosiale inteligensie op ‘n kongres in Tokio.

Kayalami huisves ook die armsalige drommel wat moet keer dat die olifante nie op die studente trap nie ,die studente nie op die mambas trap nie en in die proses self op ‘n paar tone trap. Hy het die imposante titel van ‘’site manager’’wat beteken dat hy drywer, tuinier, asbooi, biegvader en sieketrooster moet speel en dan ook moet optree as vrederegter.

In Kayalami wissel die ouderdomme tussen die twintigs, ‘n groot gaping en dan middel veertigs. Soms kom kyk die proffies wat aangaan op die projek en dan styg die ouderdom se boonste skaal na die sestigs toe (tot verligting van die’s in die veertig!). Die geslagsverhouding is gewoonlik 90% vroulik en 10 % manlik. Dan is daar nog drie honde, een kat, ‘n swerm vlermuise in die plafon en so nou en dan ‘n mosambiekse spoegkobra om dinge op te vrolik.

Hiermee dan, liewe leser, ‘n deel van die agtergrond waarteen toekomstige kort sketse gaan afspeel

 

7 antwoorde op Kayalami Kronieke: Kayalami

  1. Bruggie het gesê op Mei 28, 2013

    Dit gaan feestelik wees en die litnet blogs laat herlewe.

  2. Nice!

    Laat wiel!

  3. ek-myself het gesê op Mei 29, 2013

    Klink of hier ‘n paar oulike stories kan volg… dankie vir die agtergrond, sit my nou net gou in die prentjie, dit klink of jy dan die “armsalige drommel ” is… lol! Of is jy Student? Prof? Vrywilleger?

  4. vega het gesê op Mei 29, 2013

    Sien uit.

  5. perdebytjie het gesê op Mei 29, 2013

    Ek kan nie wag vir al die lekker stories nie.Toe ek Kayalami sien,wou ek eers nie lees nie..gedink dis iemand wat nou weer reisieskarbedot is!Hehe!

  6. exionperfexi het gesê op Mei 29, 2013

    welkome hertoetrede tot die blogs : ek voorspel ook dat vele fabelagtige lewenswaarhede in die verhale sal uitspeel … om na uit te sien.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.