Profile photo of Vloei

by

Ek bou huis

Augustus 2, 2012 in Sonder kategorie

Ek bou my huis al is dit laat. Ek bou my huis al is ek nie ‘n bouer nie. Ek bou my huis op ‘n ander man se grond. Ek breek die grond oop, ek saag die bome af en skuif klippe rond.  Ek korrel en meet en stamp vas. Partykeer vat en los ek, anderkeer vat ek vas. Partykeer twyfel ek, anderkeer  beur ek voorentoe. Maar ek bou my huis! Wanneer Augustus se winde klaar gewaai het, moet my huis se dak op wees. Dan sal daar ‘n groot vuur van dankbaarheid aangeslaan word en ek sal die ruimte wat ek geskep het vul met wat saak maak vir my.

 

Maar tot dan bou ek nog my huis.

3 antwoorde op Ek bou huis

  1. Retha73 het gesê op Augustus 2, 2012

    Mooi gestel!

  2. Hoop daardie ander man is jou goedgesind!
    Klink na harde werk, wat wat warm vreugde gaan bring!
    Sterkte
    Blessings

  3. TS het gesê op Augustus 3, 2012

    MMMMmmm klink goed.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.