by

Waar’s jy die 15de?

Junie 2, 2011 in Sonder kategorie

Waar gaan jy wees op die aand van die 15de Junie? As niks onvoorsiens gaan gebeur nie sal julle my kry met my verkyker en ‘n fles polisiekoffie iewers tussen Mawana en Mphakana. Hopelik gaan dit ‘n wolklose aand wees want sien…….dis ‘n volle maansverduistering. Dis die moeite werd om dit te beleef. Selfs in die stad sal dit ‘n ervaring wees. Hoop julle kan dit ook maak.

4 antwoorde op Waar’s jy die 15de?

  1. Maankind2 het gesê op Junie 2, 2011

    By die huis. Want ek verjaar. En my naam is Maan. En ek het nou net gekyk vir die Son.

  2. aa3cher het gesê op Junie 3, 2011

    Daar is party mense wat nie glo in toeval nie!Jy moet dit dophou daardie aand want dis iets wat jy nie sommer sal vergeet nie…

  3. zephur het gesê op Junie 3, 2011

    Jip ek hoop ook op ‘n wolklose nag…

    Gaan saam in die donker nag instaar en kyk hoe knipoog die maan

  4. my kop kan nie so lank vooruit onthou nie – hoop ek onthou tog

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.